RSS Feed

Vrydag Byskrifte

Vrydag Byskrifte

In my dorp is die meeste verkiesingsplakkate darem nou verwyder  – kan jy glo dat die goed meer as ‘n maand nog aan die pale geflenter het.  As mens dink aan die miljoene rande wat aan die verkiesing en plakkate bestee is, kan mens ook wonder of die geld goed bestee is. Hoeveel honger mense kon kos gekry het, of wat van die geld word aan universiteite gegee… sug… om te wonder sal sake seker nie verander nie.

Dankie vir die inloer/deelneem – jy kikker elke keer my naweek op. Ek hoop jy het ‘n heerlike naweek.

1

13177542_1709507775991412_6595924471866202134_n

2

13516234_1065943046808648_6357612671925724887_n

3

1ced24f5-94b3-447f-89ae-9af6cdf6870e

4

14202697_1751920315067803_640143384828358565_n

5

45ada38c-1781-4512-800d-573a144c2149

6

14184560_1487587974637166_2850357111172171716_n

Ek het eers gister besef toe Vega my daarop wys dat dit baie moeilik is om telkens terug te skuif om te kyk wat die volgende foto is.  Ek plaas dit dus ook in ‘n collage om te kyk of dit makliker werk?

1                                           2                                    3

page-22

4                                                      5                                                    6

 

31 responses

  1. Hei, Tina – hier kom agteros…
    1. So baie skuim en so min water
    2. Wat is dit met mense en bad!
    3. Ek hoop van harte dis ‘n winkelpop daai
    4. Hondeliefhebbershemel
    5. Nuwe beroep: lyfkapper
    6. Yin & Yang

  2. Onse Charlie sal met al die honde op die bus moeilikheid soek.

  3. Jy laat my regtig glimlag!🙂 Modderbad se moses!

  4. Die honde is heel soet ne!

  5. Ik vind het hier altijd leuk of je de foto’s nu apart zet of in een collage.

  6. ja en die plakaten hangen over de hele wereld
    dus nog meer geld verspilling😦

    1. lekker badderen

    2. kan jij mij zien

    3. als je laarzen maar goed zitten

    4. honden uitlaat service

    5. ja wat ik daar van zeggen moet

    6. dit is moeilijker dan het schuiven van de paar fototjes

    dank voor de welkom thuis groet
    en lief van je om te zeggen dat je me gemist hebt🙂

    wens je een fijn nazomer weekend

  7. Eeek! Some of your images are really bizarre, but I did smile at the jet-setting dogs.🙂 I think that the politicians have their priorities all wrong. They think it’s all about power and not about service.😦

  8. Die collage werk beter,dankie Tina.
    Al wat ek weet is dat nommer 5 ‘n dodelike “passion killer” is!Ugghhh!

  9. 1. Pirana vriendelik. 2. Dom Des loer .3. Trap klei 4. Feierabend vir Labbies 5. Borssnor kort mis.

  10. Die derde foto laat my nou dink aan ou Koos die Sondaar wat in die hel aangekom het en Ou Niek sê vir hom hy kan kies in watter afdeling hy kan woon. En hy sien hierdie klomp mense wat kniediep in die kakkies staan, maar elkeen het ‘n heerlike koppie tee en ‘n koekie in die hand. Oukei, sê Koos, dit lyk na ‘n goeie plek, alhoewel dit nie so lekker ruik nie. Hy gaan staan ook in die kakkes en drink sy tee, eet sy koekie … en ‘n paar minute later kyk Ou Niek op sy horlosie en sê: “Oukei, teetyd is om – op julle koppe!” Voordat iemand my stenig, onthou, dis net ‘n grappie!

  11. 1 Kaalbas tussen die borrels
    2 Here is Killroy!
    3 Boots ‘n all
    4 Off to dog town
    5 Harige tattoe
    6 Hier kom die son!

    Nie my beste poging nie, maar darem het ek probeer! Fijne weekend Tina!

%d bloggers like this: