RSS Feed

6 Vrae

Ek stel belang in jou mening … soms wonder ek oor dinge en om mense te vra wat lief is vir jou  se antwoorde is getint met ‘n rooskleurige Bril.

Dankie vir jou inloer en antwoorde. Jy moet ook nie vergeet om te glimlag nie.

14141651_10154035623886374_5002776317220826495_n

  1.  Is alles wat onwettig is sonde? (Ok as jy nou nie die sonde ding ondersteun, gebruik die woord ‘verkeerd’)
  2. Is dit altyd die beste kandidaat/deelnemer/aansoeker wat die werk kry/kompetisie wen?
  3. Doen jy soms/gewoonlik/altyd  dinge om ander te plesier? 14100453_650208091813774_6932696516093832634_n
  4. Wat irriteer die wit waks uit jou uit?13699945_282975812058480_8312781705392607310_n
  5. Watter flieks kan jy weer en weer kyk?

 

14040152_301951600160901_3527817682893472889_n

14192570_650895665078350_2248779848849840328_n

14211948_650441301790453_7645244973289089066_n

42 responses

  1. Ek stap huistoe! Of bel vir Uber, maar Uber werk nie hier nie!
    Ek verstaan die dogtertjies se probleem, ek sou ook my sokkies uittrek.
    Nee, dis nie noodwendig die beste een wat altyd wen nie.
    Nou kan ek nie die r3s onthou nie!

  2. 1. Hang af van die Land en die Geloofsoortuiging.
    2. Nie altyd nie. Die lewe is nie regverdig nie lol
    3. As dit moreel is ja
    4.Retoriese vrae, soos wanneer ek ‘n liedjie neurie wat in ‘n winkelsentrum speel en iemand vra my “Jy hou van musiek, ne?” Dom vraag.
    5. Returner (Japanese fliek), Labyrinth (Die een met David Bowie in), Chocolat (Die een met Johnny Depp) en Under The Turcan Sun (Die een met Sandra Oh in)

  3. No granny nightie for me, even though I’m a granny!🙂 Love the weighing scale one. I’m sure that socks or no socks does make a difference.😕

  4. 1. Nee nee nee, ooh NEE
    2. Nee
    3. Soms en dit iriteer vir my, hoor!
    4. Daar is n hele paar
    – Vuil toilette
    – Inmengerige mense
    – Iemand wat nie kan stil sit nie, die beentjies hop mos so op en af
    ag nee, ek wil nou nie kla nie, so ek hou sommer dadelik op
    5. Ek is nie mal daaroor om flieks oor en oor te kyk nie maksimum so 2 maal

  5. Die fototjies het my nou lekker laat smile, dankie Tina!

    1) Sover dit sonde aangaan, het ek een maatstaf: doen aan ander soos jy graag wil he hulle moet aan jou doen.
    2) Ons wens dit was, maar nee. n BESLISTE nee. Nie in Suid-Afrika nie, en ook nie in enige ander land op aarde nie.
    3) My Ma het my baie goed geleer om “Nee” te se. My skoonma laaik dit glad nie.
    4) Mense wat besluiteloos is en oor alles in hul lewe kla sonder om iets aan n saak te probeer verander.
    5) “Robin Hood, Men in Tights” en “Notting Hill”

  6. 4. Mense wat kliphard sit en praat tydens ‘n musiekuitvoering – grrrr! Moes myself nou-die-dag weer ernstig bedwing… O, en mense wat hulle lekkergoedpapiertjies so laat ritsel tydens ‘n opvoering of ‘n fliek – hoekom wil hulle alewig kou in ‘n teater?? Soja – nou voel ek beter…

  7. Ek het my as afgeskrik vir die ratelslang!
    Die laaste ene herhinner my aan die storie😉 http://www.goodhousekeeping.com/life/news/a40303/man-gets-balls-stuck-in-ikea-chair/

  8. 1. Nee
    2. Nie waar ek vandaan kom nie
    3. Soms
    4. Mense wat aahnvaar ek is onnosel of seniel net omdat ek oud is. Wel … ouerig.
    5. Alles wat handel oor vroue wat hulle vrou kan staan en dit met humor doen: Steel Magnolias, Driving Miss Daisy, Death becomes her, First Wives’ Club, Terms of Endearment EN alles, alles, alles waarin Robert Redford, Patrick Swayze of Jack Nicholson speel. Die eerste groep omdat ek hou van sterk vroue en die tweede groep omdat my hormone nie onnosel of seniel is nie.

  9. 1 Nee
    2 Nee
    3 Soms wel. Hier in my ouer jare is dit makliker om ” nee” te s^e.
    4 Onbeskofte mense.
    5 Enige film van Robin Williams.

  10. 1, Nee, as dit onwettig is om oor Jesus te praat, of en jy doen dit is dit definitief nie sonde nie.
    2. Ek dink nie so nie, daar is ander faktore wat ‘n rol speel.
    3. Soms
    4. As ‘n ding sy plek het en nie daar is wanneer ek dit wil gebruik nie… en ek moet daarvoor soek.
    5. Kyk nie sommer enige fliek nie, maar ‘n mooi skoon storie sonder seks en vloek kan ek ‘n paar keer kyk. The Gladiator is een so ‘n voorbeeld.

    • 1. Gelukkig is dit nie hier onwettig nie.
      2. Is dit regverdig?
      3. … Nah ek dink jy is meer ‘n ‘gewoonlik’mens?
      4. Gelukkig is net ek daarvoor verantwoordelik
      5 Ek het ook net ‘n paar!

  11. 1.Nee,want wette is ingestel om samelewings goed te laat funksioneer.Wat kan verkeerd wees om ‘n kennisgewing op ‘n paal te plak,behalwe dat dit teen die munisipale regulasies is?So kan mens baie voorbeelde noem.
    2.Nee,subjektiwiteit,nepotisme en verskil in smaak is meestal verantwoordelik vir keuses.
    3.Ek het toe ek jonk en dom was.Nou doen ek wat ek wil,sonder om ander aan te tas.
    4.Mense wat my sinne voltooi!
    5.A Beautiful Life,Keeping Mum,My cousin Winnie.

    • 1. hehehehe dit hang af van die woorde op die plakaat?
      2. Is dit regverdig?
      3. Ek stem!
      4. Oeps … praat jy stadig? Of vertel jy langdradig. Ek sal moet onthou vir die dag as ons gaan koffie drink
      5. Mmmmm ek ken net die eerste een…

  12. 1. Nee als wat onwettig is, is nie sonde nie.
    Een vb. Jy moet aan die linkerkant van die pad ry in SA. As dit sonde was om aan die regterkant te ry gaan die hele Amerika hel toe.
    2.Alles is relatief en kompetisies word dikwels baie subjektief beoordeel.
    Een vb. Die wenner van die 2015 SANLAM portretstusie skilderkompetisie se skildery is glad nie vir my die beste nie.
    3. Ek doen BAIE DIKWELS goed om ander te plesier. Dis vir my bevredigend as ek vir ander mense dinge kan doen. Tog het ek geleer om my grense duidelik te stel en doen ook goed net vir myself, want dis NB vir my eie fisiese, geestes- en emosionele gesondheid.
    4. Vebasend genoeg irriteer klein goedjies die wit waks uit my uit. Die groot goed kan ek niks aan doen nie.
    Een vb. Die feit dat ek die hele tyd moet boontoe scroll om die volgende vraag te sien. (Dis waarom ek nooit aan jou foto byskrifte deelneem op Sondae nie🙂 )
    5. Amelie. Life Is Beautiful. Notting Hill. Far and Away. Crouching Tiger Hidden Dragon. Breakfast Club. Three colours Blue. WATER, EARTH, Fire trilogy. What’s Eating Gilbert Grape, The Notebook aaaaggg, daars te veel!

    • !. *fluister* Dalk gaan ‘n hele paar hel toe?
      2. Ek stem , maar is dit nou regverdig?
      3. Ek stem ook vir balans
      4. hehehehe ek het nog nooit so daaraan gedink nie Jammer Ek sien party mense paste die vrae en antwoord dit dan Het eers die vrae bymekaar gehad en toe pas ‘n prentjie. Ek sal beslis hieroor dink !
      5. Jaaaaaaaa

  13. 1 Is alles wat onwettig is sonde? (Ok as jy nou nie die sonde ding ondersteun, gebruik die woord ‘verkeerd’)
    Nee defnitief nie
    2 Is dit altyd die beste kandidaat/deelnemer/aansoeker wat die werk kry/kompetisie wen?
    Nee daar is ander faktore wat die spesifieke dag se meting affekteer
    3 Doen jy soms/gewoonlik/altyd dinge om ander te plesier?
    Soms
    4 Wat irriteer die wit waks uit jou uit
    Mense wat my bel en vra wie praat
    5 Watter flieks kan jy weer en weer kyk?
    Forrest Gump The ten commandments (oorspongklike)

    SIEN NIE VRAAG SES NIE

  14. 1. Is alles wat onwettig is sonde? (Ok as jy nou nie die sonde ding ondersteun, gebruik die woord ‘verkeerd’) Nee. Om nie my seatbelt te dra nie gaan my wraggies nie hel toe laat gaan nie.
    2. Is dit altyd die beste kandidaat/deelnemer/aansoeker wat die werk kry/kompetisie wen? Dis die beste bullshitter wat gewoonlik die werk kry en die een wat se luck in is wat wen. Gewoonlik wen die assholes
    3. Doen jy soms/gewoonlik/altyd dinge om ander te plesier? Gewoonlik maar dit grens aan altyd
    4. Wat irriteer die wit waks uit jou uit? Selfsugtige, oneerlike pissgatte
    5. Watter flieks kan jy weer en weer kyk? Twister, Forrest Gump, Practical Magic, Star Wars, Lord of the Rings….ek kyk ‘n movie oor en oor en oor.

    • ! Ek stem!
      2. Ja jy is reg Selfs as die gehoor stem is dit opvallend verkeerd. SA got Talent is deur ‘n 3jarige gewen – dis so jammer vir die ander wat regtig talent gehad het.
      3. Benadeel jy dan nie jouself nie?
      4. hehehe… ek is so0nder antwoord.
      5 Daar by jou is ‘n paar groot gunstelinge

      Dankie vir die deelneem – dit was baie interessanr!

  15. Almal te goed om waar te wees!

%d bloggers like this: