RSS Feed

Vrydag Byskrifte

Ai toggie, hulle is te oulik. Ek was vanoggend by ‘n plaaslike laerskool se junior konsert en het elke oomblik geniet, maar sug behaaglik by die gedagte aan die harde werk en tandekners wat ek nooit weer hoef te doen nie.

Ek hoop jy het ‘n lekker naweek. Dankie vir die deelneem/inloer.

1

14100446_1745757609017407_9025985605148033311_n

2

13932939_1354006454626844_3953621815646659778_n

3

14055061_1373408096020013_6180450811093028575_n

4

14089288_673811039443307_1992934724888879914_n

5

14100374_1461761693839332_8913893013971559035_n

6

14067624_10154508694689700_2187602063079886407_n

23 responses

  1. Skoolkonserte was nog altyd vir my die heerlikste vermaak en die juffrouens verdien medaljes!
    1. “Kom, Vrou!”
    2. Shades of Marilyn Monroe
    3. “Hoe ver is dit nog?”
    4. Worshond kwadraat
    5. Bietjie opper…nee affer… bietjie regs…aaa, daar’s hy, net daarso…
    6. Urrghgh!

  2. 1. Donnerse lui man.
    3. AS dit maar so eenvoudig was.
    4. Mens gebruik ook n ander slurpie in daai kleinhuisie….
    Was n lekker naweek dankie Tina.

  3. 1.”Die ou bliksem”,brom sy onderlangs.
    Die res is almal kostelik,veral die olifant!

  4. Baie dankie Tina partymaal is daar momente wat ‘n absolute impak op jou menswees het en jouself en die mense om jou beter te verstaan. Die lees van hierdie post was so ‘n moment – ek weet nou waar babas vandaan kom…

  5. Kan jy jou indink hoe groot jy gaan skrik as jy in die middel van die nag ablusieblok toe gaan en so deur die slaap is al wat jy sien daai hengse olifant!?

  6. Weet jy hoe die verse altyd agter ons aanloop, en dit oor my hond!

  7. Such funny images, Tina. I so agree with you about the school concert. It’s a great relief to not have to do that anymore.🙂

  8. Dinge verander darem vinnig, babatjies kom nou sommer al groot hier aan…. een van die dae kom hulle met skooldrag .

  9. My advise to the woman in the first photo: make a good switch with those branches and tan his hide!!!! Love the dog and cows…xo Johanna

  10. Die laaste foto laat my nou dink aan Die Dieper Dors van Elize Muller. Man, ek het darem nou al dwarsoor die internet gesoek vir haar bundel kortverhale “Vrou op die Skuit”. Daar was een op BidorBuy en nog voor ek my mond oopgehad het, het iemand dit gekoop vir R20. R20? Skande. Hoekom is dit nie beskikbaar as e-boeke nie? Ennieway. So laat ‘n olifant ‘n mens nadink.

%d bloggers like this: