Soms duik daar in die week goedjies op waaroor ek graag jou mening wil hoor maar dit is te klein om ‘n hele blog oor te skryf en daarom gooi ek die klomp bymekaar.
- PnP se kaartjie promosie is verby en ek dink dit was nou regtig ‘n goeie idee. Die kaartjies en albums was interessant vir jonk en oud. Checkers het ook ‘n promosie gedoen, maar dit was meer vir kinders. Watter promosie was die beste wat jy nog ooit gesien het? (Onthou jy daardie slammers (sp?) in die skyfiepakkies)
- Onlangs het Edgars besluit om ‘n diensfooi by hulle rekening te voeg. Ek het bv. op 29 Julie iets vir R400 gekoop en die diensfooi was R3.25 vir die res van maande en R22 vir Augustus. Toe wip ek my en sluit die rekening . Die klerk in die winkel sê daar is baie mense wat hulle rekeninge sluit daaroor. Wat dink jy? Is so diensfooi regverdig of sommer net ‘n geldmaak foefie?
- Smaak verskil, maar ek kan nie verstaan as mense goed koop net om ander mense te beïndruk. Ek sal maklik as ek ‘n ekstra geldjie het ‘n skilderytjie koop omdat dit my aanspreek en nie omdat dit werklik ‘n groot kunswerk is nie. Wat van jou – koop jy dalk kaggelkakkies of kuns? Hoe lyk dit dan?
- Dis darem baie warm vir die einde van Augustus. Ek is maar bekommerd dat daar ‘n lang droë somer voorlê. Miskien moet ons die wintersklere wegpak?
- Dink jy dat vriendskappe/mense regtig (kan) verander?
- Het jy al geglimlag?
OOOoo vlokkies… daai boonste reier is te special! By the way… daai jong dametjie wat nuwe patrone ontwerp is glad nie sleg nie… dit laat hierrie ou toppie wonder hoe dit sal lyk van anner hoeke af!! Sorrrieeee… kannie help nie!! Vuil! By the way… ek sien daar’s ‘n stukkie geel smeersil daar iewers… was dit bedoel om daar te wees?? 😈
hehehehe ek bly doodstil
Miskien beter so! 😉
Terug pieng: Truth Coffee met ‘n rokende Benediction en ‘n toringende Omelet – Abrie dink hardop
Die poedel wat haar baas skeer is uniek. Ek dink al die honde voel so. Die ou Rand is so min werd geen wonder Edgars moet n ekstra inkomste kry om sy klere van Sjina af in te voer nie.
Dis waar … die mens is maar ook reg teen die natuur in!
ja nu ben ik een hippe en moderne 65 plusser :0
zal weinig gewandeld worden , maar camera gaat mee
Geniet dit!
zeker weten 🙂
🙂
Hiehie!! Vrek oulik. Ek het sommer begin geglimlag al met jou 1ste prent. Aardeland, dis eintlik skrikwekkend dat Edgars (en andere) sommer ‘n bedrag by jou rekening voeg soos hul wil? Eks bly ek is ‘n ou wat nie hou van rekenings nie.
Ek het darem daarvoor geteken maar nie opgelet en gelees nie Die vrou het ook nie verduidelik nie.
Nommer 1 laat my nou lekker lag – my man sê sy beentjies is deesdae so dun soos die Jood se kom-kuier-kieries. Watter Jood weet ek nie; dis duidelik een van daardie familiegesegdes wat oorgedra is en waarvan die oorsprong verlore geraak het.
Ja sulke spreekwoorde is juwele wat maklik verlore gaan
Wat fijn weer om dit te mogen bekijken
Lekker as jy kuier!
ze brachten allemaal een glimlach 🙂
bij jullie begint de lente , hier de herfst en die is zomers begonnen , heerlijk
Ja een van die dae is dit Somer !
Die eerste prentjie het ek net net kon uitmaak en my my ‘n ongemaklike deja vu gevoel. Wat dit res aanbetref sou ek graag kommentaar wou lrwet maar vir een of ander rede kry ek dit nie gelees nie…
Gee my ongemaklike
Ek verstaan
Hehehe swem dit voor jou oë?… Ait toggie!
Kaggelkakkies en sg shabby chic is prettig en vrolik en sonder pretensie.
Aha … ‘n man so na my hart! Ek stem saam!
Klink of Edgars krisis beleef as ek oor Edcon groep se finansiëlesake in Koerant raaklees. Ek gaan ook myne sluit, ek dink net dit raak moeilik vir mense wat groot uitstaande saldos het, dan word dit duur storie.
Ag dan is ek jammer ek kerm so, en die rekeninge is sekerlik ‘n groot las veral as mense nie betaal nie.
Daardie dierekaartjies was ‘n groot sukses. Ons het by my seun aan die Suidkus gekuier, en tot my man is ingetrek daardeur….. neem die fotos met sy foon af, en kan dan die dieregeluide daarop luister.
Dis ‘n gawe plan Dankie ek gaan ook so maak Ek kort net 2 kaartjies
Die 1ste foto is vrek snaaks.
Die foto met die “gekoekde” vrou is pragtig.
PnP se kaartjie promosie was vir my ook n oulike een, Checkers sin was te kort – toe is alles uitverkoop, ek was sommer vies.
Ek koop wat vir MY mooi is of dit nou by PEP is en of iets van carrol boyes is, as EK daarvan hou maak dit nie saak wat ander dink nie.
Ja ons het lente gemis en direk somer toe geskuif, ek sien hulle se die reen kom later in die maand, dink ook ons gaan n warm somer he. Dit sal seker nog n klein bietjie koud raak, vir oulaas.
Mooi dag vir jou daar op die landgoed.
Mense kan seker verand – ja man beslis, maar dan moet die WIL daar wees!
ooh ja – diensfooi is twak!
Daardie gekoekte vrou inspireer my – dink net ons kan formasies bou met die inwoners van die Landgoed Ons sal baie lag!
Ek wou nog ‘n boek koop want ek het baie spaar kaartjies maar dis alles uit. Ons gaan die kaartjies by die SPCA ingee dan kan jy ruil wat jy kort vir ‘n blikkie hondekos.