RSS Feed

Glimlag!

Eish ek dink die Landgoed se leuse moet wees – WAG ‘N BIETJIE– of soos my huisie LANK GEWAG! Hulle is nou besig om ons agterdeure te vervang. Gister was dit ‘n getimmer en gesaag, terwyl die ysige wind inwaai. Ek weet niks van deure af nie, maar waarom hulle nie klaar-gemaakte-deure koop nie, gaan my klein verstandjie te bowe! Vir al die werkende mense sal dit nou ‘n nietigheidjie wees, maar ek was gistermiddag amper laat vir die Beheerliggaamvergadering en het vanoggend se teedrinkgeleentheid afgestel oor die dekselse deur.

Wag laat ek ophou kerm…  ek is seker jy het lanklaas geglimlag.

13921142_1104597579630692_6809350207673635110_n

13902565_608112779360625_850594219726026673_n

13882466_10153977571151374_3496193857760702561_n

13892292_515851585277786_6200877826099608020_n

Die was darem ‘n streep wat sy vriende getrek het… anders was dit te tragies vir woorde.

14021620_1095821153841780_2770103036036025727_n

13901465_1104641282959655_1313792128038842824_n

13710009_10154301242230070_1274184111959898157_n

13873033_515851641944447_6320909067796929118_n

 

62 responses

  1. Ik word telkens ik je blog bezoek heel vrolijk

  2. ja ik had een prachtige wandeling door mooie natuur , en langs een ex onderkomen van het koningshuis🙂

  3. LOL! those croc feet are hilarious

  4. Thanks for the breakfast smiles, Tina. Have a great Thursday.🙂

  5. Ughhhh! Daai laaitie se spelling! Dit gaan die domste, verveligste “date” wees. Hy soek ‘n snot-klap met ‘n woordeboek!

  6. Dis nou n lekker manier om die oggend te begin, dankie Tina! Sterkte met daardie deure!

  7. Hie-hie, dit is goed !

  8. Die sê-goed by fotos is te kostelik.

  9. Daai ou het nie spelling nodig vir die 2erkie wat hy wil doen nie! Krokkievoete! Mooi man!🙂

  10. Ek het nou jou prentjies so geniet,veral die maselvoete by die crocks!

  11. van de deur snap ik niets
    maar glimlachjes krijg je genoeg
    ja de natuurgebieden zijn deels omheind

  12. Hou van foto een en 2. Hulle hou lyk my van sukkel…. nou hoe sit hulle deure aan? Hoekom maak hulle dit self?

  13. Die schoenen ga ik nooit kopen ….
    Het lijkt wel voetmazelen en de waterpokken tezamen.

    Zonnige groet,

  14. Ek het nou 15 minute daaraan spandeer om die kolletjies op die voete te vergelyk met die gaatjies in die crocs. Ek het ‘n kopdokter nodig – dringend.

  15. vinksies?? gewulig?? Hell no!!

  16. Die dag wanneer klaargemaakte deure beskikbaar word koop ek waaragtig die eerste een. Daai Brakpan cheetah is oulik, ek dink ek gaan vir Frodo ook so verf😉

    • Ek kan regtig nie glo hulle maak kosyne sonder deure nie. Mens is wragtag nooit te oud om iets te leer nie

      • Dit is baie moeilik (selfs onmoontlik) om ‘n deurraam met deur en al in te bou, omdat die “wetworks” (bou, pleister en beton) spatsels die deur sal ruineer. Daarom word dit eers later ingesit

        • Jy het ‘n hele gedoente hier op die Landgoed veroorsaak. Elkeen het ‘n storie gehad om te vertel. Ons het nou besluit dat mens die basiese plank vir die deur by Builders koop en dan al die knippe en goed bysit. Alle versierings word dan op die perseel bygevoeg. … Sjoe ek kan nou al amper ook ‘n bouer word!

          • O gonnapiet!
            Ja, dis 100% reg. Dit wat normaalweg na verwys word as ‘n deur bestaan uit 3 komponente. 1. Die raam wat word normaalweg saam met die steenwerk opgerig en in die murr vasgemessel word. 2. Die deur (of plank soos jy dit noem). Daar is in die omgewing van 100-200 verskillende “standaard” patrone om van te kies. 3. Die beslagwerk, wat die slot, handvatsels, deurstoppers, en enige ander versierings insluit. Daarvan is daar letterlik duisende variasies beskikbaar, en dit word apart van die deur gekoop. Die deur word op die perseel gesny/geskaaf om perfek in die raam te pas, dan word die posisie van die slot vanaf die raam oorgedra na die deur toe en die beslagwerk word aan die deur vasgeheg voor die hele deur aan die raam geheg word met skarniere.

%d bloggers like this: