RSS Feed

Koop, koper, koopste!

As mens weer sien is dit al Augustus. In die Bosveld het ons heerlike sonskyn dae. Ek het geen enkele probleem … eeemmm … behalwe die jong duifie wat in my huis ingevlieg het en nou nie verstaan dat hy (dit moet ‘n hy wees) moet afvlieg en op as hy wil uitkom nie.

13886425_987523468035069_454803076771328935_n

Ek het ‘n paar goed op die hart en as jy nou tussen in sal glimlag, maak jy my erg gelukkig!

  1. Die plaaslike Mall het Vrydag vir ons ‘n bussie gestuur en dit was ‘n lekker uitstappie. Ons het al te lekker geshop en die feit dat mens nie parkeerplek moes soek, was ‘n pluspunt.  Ek wonder net oor die klerewinkels se krimpende nagklere afdelings. Dalk bly ek agter, maar wat dra mense in die bed? Wat dra jy in die bed? EN (Skuus Lou) die nagklere is hondduur!   13776048_1746791532256625_4073992496723075758_n
  2. Ek is ‘n ywerige inkleurder en het nou by vriendinne met kinders gesien dat die kinders ‘grootmens’ boeke of prente verkies… dis vir my interessant en ek wonder of ons nie al die jare kinders onderskat het. Miskien is dit omdat hulle nou die voorbeeld van volwassenes volg. Wat dink jy?  13700175_118424268597002_742923496065649940_n
  3. ‘n Mens moet darem goeie diens waardeer wanneer jy dit ondervind want dis skaars. Maandagoggende in tydskrifdag.  Ons gaan na ‘n spesifieke PnP in die dorp omdat hulle tydskrifte vroeg reeds uitgepak is. Maandag was ‘n besige dag weens die begin van die maand.  Die winkel het 10 betaalpunte en al tien is oop en elk het ‘n pakker. Leë rakke word fluks gevul en hulle voorafvervaardige kos is die heel beste in die dorp.  13754386_984152485038834_8463518101831397857_n
  4. Terwyl ek nou by die winkels is, ek is ‘n groot versamelaar en goed in pakkies en sakkies maak my grensloos nuuskierig. Dis dus nie vreemd dat ek elke keer vir verkoopsfoefies val nie. Ek was vas van plan om die dierekaartjies vir my vriendin se kleinkinders te gee, maar nadat ek die album gekoop het, plak ek fluks op my eie en gaan begin kaartjies uitruil!. Ai dit maak my kinderlik gelukkig. 13680694_986837938103622_2775153606330667184_n
  5. Ek was vanoggend by die winter kunsmark – in die skoolsaal by die skool waar ek begin skoolhou het. Elke jaar as ek by die verweerde trappies van die verhoog op sukkel, onthou ek daardie tye. Ek het in 1977 met ‘n stukkende hart en gesonde liggaam Pietersburg(Polokwane) toe gekom. Sug … nou is my hart heel, maar die liggaam nie meer so sterk! Grinnik… op daardie verhoog het ek vir die eerste keer toneel gespeel.  Moes die man met ‘n eier gooi en toe gooi ek mis… AmpieAs ons twee eers getroud is … ai dit was lekker tye. Tog is ek bly waar ek nou in my lewe is en is seker ek gaan regtig een jaar daai hout trappies stukkend trap.

13620882_1231557470190847_4133488698670516623_n

Hoop jy trek more jou kruisie op die regte plek!  Om te gaan stem is die regte ding om te doen. Lekker dag!

52 responses

  1. Lekker gelees. Ek is maar oudtyds, dra nog pjs maar vind dit is baie duur.

  2. Pret!
    Een ernstige ding – miskien kry kinders deesdae nie genoeg geleentheid om kinders te wees nie?

  3. Echt een hele leuke post

  4. Ek het nou lekker geglimlag. Waar krap jy al die snaakse goed uit!

  5. wat is een flukste mans🙂

  6. Lekker geglimlag! Slaapgewaad? Flenter flennies.

  7. Jy ook!!!! My man maak die dierekaartjies bymekaar op sy foon…. vandaar luister hy dan die dieregeluide. Nie geweet jy is so ‘n gevestigde Pietersburger nie.

    • Ek is nog nie so vaardig nie.
      Grinnik … die lewe loop vreemde draaie Ek en Victor Matflied se ouers het met dieselfde lorry uit Heidelberg hierheen getrek. Ons het ook saam geswot. Baie het gebeur maar ek was baie gelukkig … skoolhou was vir my altyd lekker. Ek is hier om te bly!

  8. Jy’t my n hele paar keer laat saam glimlag en kop knik, Tina, maar die stukkie wysheid wat ek die meeste van hou is die visvang vs pokemon prentjie. Ek is duidelik heeltemal outyds, maar die pokemon storie, en die feit dat groot mense hulle ook daarmee op hou, gaan my verstand te bowe!

  9. Die pokemon prentjie is uitstekend! Jy is duidellik op hoogte. Oor slaapklere sê ek maar eerder niks – het jou mos al gesê jy is te wild vir my. Oor die stemmery, stem vir Vuurklip se party:
    https://vuurklip.wordpress.com/2016/08/02/n-nuwe-politieke-party/

  10. Voëltjies in huise. Ai toggie.
    Dit was die enigste manier om die boot op te laai, man!
    En ek dra pajamas. Ja dis duur.

  11. Ek geniet altyd jou blogs…dis so onvoorspelbaar!
    Kostelike prentjies…ek hou van die skippie…alles loop reg,altyd reg,Toyotaaaaaa!

  12. Lekker gelees hier by jou. Lekker baie vreugdes!

  13. As kind was ek mal oor fyn inkleurwerk, was baie bly toe ek sien grootmense mag ook nou inkleur en dis alles sulke fyn werk, dink dis hoekom die kinders daarvan hou.
    Die vertelling oor Doopsondag is kostelik!

  14. Daai kaartjies! My dogter het my buurvrou belowe om al ons kaartjies vir haar te gee, vir haar kleinkinders. Verlede week toe ons vinnig by haar ‘n draai gemaak het, het sy heerlik gesit en speel. Ek was baie vies, nie vir buurvrou nie, want ek verstaan die lus vir speel, maar vir my dogter wat my kanse vir pret weg-belowe het.

  15. Tinatjie ek moet bieg, my lakens is te duur en te sag, ek slaap in my geboortepakkie – anders kan ek dit nie regtig waardeer nie. Woolies het een jaar naby my verjaarsdag vir my ‘n koepon gesms dat ek vir ‘n verjaarsdaggeskenk 10% afslag op aankope kan kry toe splurge ek so bietjie op ‘n donssagte babablou kamerjappon vir as ek uit die bed moet klim. Elke pennie werd!

    DIe kinders en die inkleurprente. My gevoel is dat snippies altyd wil hê wat mamma het en wil doen wat mamma doen. Ek weet nie of dit regtig hulle voorkeur is nie en ook nie of ouers regtig ondersoek wat hulle kinders kan en nie kan doen nie – baie laat dit aan die arme onnies oor en die het 40 – 50 lewendige bloedjies bymekaar.

    Goeie diens is speciel – oorweeg tog om vir PnP hoofkantoor ‘n e-possie af te gooi en die plaaslike tak se lof te besing.

    Lekker om te hoor jou hart is heel en dat jy mooi memories gemaak het. Lekker om te lees en te lag. Dankie.

    • Hehehehe jy sien jy is nog jonk maar as mens oud is en jy moet snags opstaan is daar nie tyd om die blou jassie te gryp nie en om soos Eva badkamertoe te dartel is net nie deel van die plan nie.
      Ek dink die afgelope tyd dat ons nog al die jare gruwelooslik onderskat.
      Ja dis nogal ‘n gawe plan Ek sal die webwerf opsoek.
      Sug … ja daar was ‘n tyd wat mens emosioneel oor die hart gedink het … gelukkig word mens rateltaai. Nou moet mens net die lyf ook by die hart kry!
      Lekker as jy op die blog kuier. Dankie!

  16. een glimlach zeg je , wat dacht je van een schaterlach🙂
    plaatje van de vloer heb ik ff geleend🙂

  17. Lekker gelees en baie geglimlag,. Dankie, Tina.

  18. Stem vroeg, stem reg en stem dikwels🙂

%d bloggers like this: