Ek het lanklaas sommer net getjommel oor die Landgoed en wat hier gebeur. Dis nie dat ek min te vertelle het nie, maar sommige stories, hoewel vrek snaaks, tas so half mense se menswaardigheid aan. Mens word elke dag bewus van die feit dat jy self nie die skerpste potlood in die boks is en dat jy nie jou kan uitspreek oor ander se doen en late nie. Ek is seker hulle kan van my ook ‘n paar stories vertel.
Toe ek hier kom bly het, het ek met smaak vertel van die interessante mede-inwoners, maar oor die meer as 2 jaar het hulle gesondheid so agteruitgegaan dat ek nou met groot deernis aan hulle dink. Die stories wat mens vir die soveelste keer hoor vul met groot deernis. ‘n Mens maak soveel goeie vriende, maar besef elke dag meer van hoe broos die ouderdom mens maak.
Dinge vorder. Daar is al heelwat huise waar mense onafhanklik woon. Die Sorgsentrum is kant en wal vol. Die meeste van ons is nou so ingeburger dat jy met vrymoedigheid jou woonstel jou huis kan noem. Die gesprekke wat begin – voor ek hier kom bly het – word al minder. Nou is jy omring deur bekende goed en bekende mense. Die lewe is goed, want jy deel dit met mense wat omgee, daar is baie pret en interessante sinvolle gesprekke. *Fluister* al wat nog pla is die onderwyser in my wat nog soms wil uitspring en wil onderrig – vanmiddag kom Tannie E vir die soveelste keer met haat selfoon – “Ëk het dit gelaai en nou is dit so dood soos ‘n mossie” Ek rol my oë soos ‘n wafferse tiener en wys geduldig dat sy die ding moet aanskakel! Eish… die slimfone tog!
Genoeg hiervan Dankie vir die saamtjommel – het jy darem al vandag geglimlag?
Oh that doily!😂
🙂
Lekker as die nuwe omgewing begin huis word.
Dis waar, maar mens moet ook ‘n besluit neem om aan te pas Ek sien mense wat darem kan kerm en huil – dis vir my regtig half ondankbaar!
welke aflevering is tijdelijk ?
ik doe nog kranten op donderdag wegbregen t/m 18 augustus
dan allen nog reclame folders op maandag
Dankie, ek het nou geglimlag 😉
🙂
that crochet wheel cover is hysterical
🙂 Lovely when you visit!
Heel vaak moeten lachen bij het bekijken van de foto’s en lezen van de bijschriften
Lekker lag is goed!
ik geniet elke dag , en wel van de kleinste dingen 🙂
Dis ‘n goeie ding
🙂
Dis lekker as jy bietjie tjommel.Wens ek kon sien hoe die onderwyseres haar oë rol!
Lag my slap vir daardie spaarwieldoillie😂😂
Hehehe die matrone het vandag vir my ‘n halfdag pos aangebied en behalwe dat ek nie lus het om so vroeg op te staan, sal dit gewoon nie deug want ek sal alles wil organiseer soos ek dink dit behoort te wees. Ek sal gewoon nie myself kan inhou nie!
As ek jou raad kan gee,bly liewer daar uit!
Ja ek het dadelik nee dankie gesê *fluister* dit was darem ‘n kompliment vir my!
Dankie… ek het gelag saam met jou getjommel! 😉
Mens moet dit baie versigtig doen want wat in die kuberruimte is kan mens nooit weer terugtrek nie
Darem is jy gesond en vol lewe en KAN jy n slimfoon uitsorteer. 🙂
eeeemmmmmm as jy so sê
Ons het vandag so ‘n mooi dag, ek dink ek moet die bissnes class huur vir ‘n besadigde rit deur die nat landskap. Lekker glimlagdag vir jou ook.
Ek het net gewonder hoe jy in jou sitplek kom. Hoop jy het lekker verjaar?
Ja dankie, ons het sonskyn gehad (nog ‘n bietjie koud) en die oord se kok het vir my ‘n lemon meringue tert gebak wat my laat sonde pleeg het.
Klink lekker …
Hoe kan mens dan nou nie glimlag as jy die ou haasbekkie sien nie!?
Ja sy is te pragtig!
Dis so lekker om te weet dat mens iets beteken vir die weerlose ouer mense. Daar word so maklik afgeskeep.
Jong die plek het ‘n heel ander siening. Hulle staan sterk op die feit dat dit ‘n aftreeoord is en nie ‘n outehuis nie. Dis mense wat ‘n nuwe life stile begin
Hoekom is dit dan so baie heeltemaal ouer mense wat daar kom woon?
Mens kan hier woon van 45 af. Selfstandigheid binne ‘n veilige omgewing is die ideaal en daar is sorg naby indien nodig.
Ek sien. 🙂
🙂
Thanks so much for the smiles, Tina. Love the snails the most. 🙂
🙂
ja spreekwoord zegt het ook al
ouderdom komt met gebreken
maar ondanks dat krijg je een mooie glimlach 🙂
hehehehe jy sal moet kom kyk hoe dit hier lyk!
kijken naar de gebreken van het ouder worden 🙂
zie ik rond om mij ook wel hoor
Ja dit ontsien niemand nie
zelf kom ik er nog goed van af , maar ja ik ben nog maar een jongeman van 66
Spring Chicken
hahaha
Mei dunk dai damme watt nie kin slapp ore dut vvat virkeert gespelt wort …. gaan binnekort die tydelike met ewige verwissel; gaan nie lank in sorgsentrum vertoef nie. Dit is bepaald ‘n fatale obsessiewe kompulsie.
Ek is onder die indruk dat ek kan spel maar kan nie tik nie, Dit wat op die skerm verskyn en dit wat ek dink resoneer nie noodwendig nie. Baie woorde in die eerste sin hierbo was reggetik al het ek dit verkeerd probeer spel – moes dit eers weer gaan verkeerd maak!
hehehehe … dis regtig waar en soms kom ek dit so agter as ek ander se kommentaar lees. Ek kry so skaam want ek moet weet van beter
En dan het mens self ook foute wat gereeld deurglip!
Net so!
Dankie Tina vir die verskeidenheid grinnik beelde. Ek hou veral van die hondekomplot, die kwaai dogtertjie en die ouma tyre doilie.
Sug… ek mis jou blogs!
Ja oud word is nie vir slap gatte nie, maar dit kan tog heerlik wees. Slaan self die laaste helfte van die 70s volgende maand en moet skaam skaam erken ek voel altyd
soos ‘n blerrie tiender jarige.
O dis presies soos jy daar sê!
Jip ‘n nuwe woonplek vat aanpassing en tyd, maar tog die moeite werd.
Dis waar maar ek het van die begin af geweet dit my doodgaanplek!