RSS Feed

Maroela Lodge

Hier by die Landgoed is daar die gebruik dat as jy nie gesteur wil word nie, is die kant –  gordyn toegetrek is en die skuif deur gesluit, dan word jy nie gepla nie. (Behalwe as dit dringend is) So kan jy soggens in jou nagklere rondslenter soos jy lus het.  Ek is dus nie gewoond om vroeg uit te gaan nie, maar Sondag was die uitsondering op die reël toe ‘n vriendin my nooi vir ontbyt by Maroela Lodge. (30km buit Polokwane)

Wat ‘n besondere ondervinding was dit nie. So heerlike ontbyt het ek lanklaas gehad. Twee tafels wat kreun onder heerlikste geregte. Die  4 verskillende soorte brood gee vir jou ‘n idee van die verskeidenheid. Ek kon amper nie kies nie, maar het toe besluit op so geel rosyntjie broodjie… mmmmm ek kry sommer weer lus.

Oor diere in gevangenisskap gaan nog lank gepraat word.  Ek weet nie regtig hoe ek daaroor voel nie, maar hierdie leeus is baie goed versorg. Die volwasse leeus word Sondagoggende gevoer. Ek wys graag ‘n paar foto’s en jy moet maar vir jouself besluit.

Baie dankie aan Lizelle en Karel wat my saamgenooi het

DSCN9642 (2)

DSCN9623

DSC_0150

DSC_0174DSCN9683

Daar is ‘n kapel (vir jou troue) en kampplek Dis ook ‘n wildsplaas wat aktiwiteite aanbied – jy moet regtig eendag daar uitkom en vir jouself gaan kyk – Lekker naweek.

DSCN9620

38 responses

  1. Mooie beelden maar mij krijg je niet bij die leeuw of andere grote katten

  2. Dit lyk pragtig daar. Dit laat my nou dink aan my vakansie die afgelope week waar ek gelek was deur ‘n tier en toe ‘n leeu. Ek moet spring en fotos daarvan opsit!!!!

    Puik insetsel hoor!

  3. Wow, hulle is mooier as mooi. ‘n Bosveld troue is baie spesiaal, mens voel so na aan die natuur en wat so ‘n “union” regtig beteken.

  4. As ‘n mens in jou pajamas mag rondslenter in die oggende sal ek ook daar kan bly🙂 Sug, van my goeie voornemens om vroeg op te staan en my dadelik ordentlik te maak is “wishful thinking”. Wanneer ek weer vir my sus se dogter in Polokwane gaan kuier sal ek bietjie vra of ons Maroela Lodge kan besoek.🙂

  5. Die leeus en jou foto’s is stunning, Tina!

  6. Dit klink of jy die baie geniet het. Die leeus is maar n tamaletjie as dit by ouer diere kom. Die inteel is natuurlik ook nie ideaal nie. Die diere word darem nog goed versorg dus daar is hoop vir hulle. Jy moet tog eendag bietjie na die jagluiperd rehabilitasie senter naby Hoedspruit/Phalaborwa gaan. Dis regtig wonderlike werk wat hul daar verrig. Selfs die Wildteelsentrum by Potties is die moeite werd. Mooi fotos, hul is asof hul bietjie baie sonskyn gekry het- seker maar omdat hul so wit is.

  7. Majestic and stunningly beautiful animals. I’m happy to know that they are kept in safety there. We don’t need any more ‘Cecil the Lion’ hunters/

  8. Ons span se werksfunksie was verlede jaar op die Wynlandgoed Vredenheim (ook waar ek getrou het). Daar word ook verskeie katte aangehou en dit herinner my nou dat ek ‘n foto van ‘n mooi tier geneem het. Hulle word hoenders gevoer, is goed versorg en die mense in die span het nogal na my gekyk toe dit by vraetyd kom, maar ek het lekker geeet by die tuinrestaurant Hudson’s en was nie lus om gidse in ‘n ongemaklike posisie te plaas nie. Probleem is ek weet ook nie hoe ek daaroor voel nie. Van die hoenders was glad nie geeet nie, toe het ek maar wel vir vir die gidse gevra of die hoender by Hudsons bedien word as die katte dit nie opeet nie…

    • Ek wonder ook oor die stomme donkie wat die oggend hulle kos was. My kop werk om en om en ek weet nie hoe ek moet voel nie Mens wonder oor war gebeur as hulle oud word…

  9. de dieren zien er goed en gezond uit
    krijgen net als jij zeker een goed ontbijt🙂
    ik genoot weer een fijne wandeling

  10. Die leeus is pragtig en jou foto’s ook,Tina!Ek het gemengde gevoelens oor die teel van sulke diere,want wat is die motief daaragter?Is dit vir geldmaak,om die mens se ego te streel of om miskien geld terug te ploeg in die bewaring van hierdie konings van die bos?Ek glo nie mense moet speel met welpies nie,dis onnatuurlik en gans onnodig.Daarvoor het ons katte en honde om te “cuddle”😊

    • Ek stem saam Ek wonder ook baie daaroor Tog het ek al baie kinders dieretuin toe geneem en al voerkrale besoek … ek wonder ook oor die stomme donkie wat hulle as kos gekry het Nee my kop werk om en om Dit was egter die lekkerste ontbyt in jare .

  11. monicahaddad01

    Diere gevangenis gee my die horries, maar in die wit leeus se geval is dit hulle enigste kans op oorlewing. Dit doen my hart goed om sulke mooi opgepasde wit leeus te sien.

    • Ja ek weet nie hoe om daaroor te voel nie Hier is nog ‘n plaas waar leeus aangehou word en beseerde leeus word hier behandel maar ‘n groep van hulle verlaat ook nooit weer die plek nie. Ten minste word hulle nie gejag nie.

    • Dit voel nie heeltemal soos regte leeus nie. Hoe voel julle oor leeus wat so geteel word. Hulle sal nooit in die natuur kan regkom want hulle leer nie om te jag nie?

      • Onthou jy vir Elsa van Born Free?

      • Dit is so Tina, en baie van die gehokte leeus is so ingeteel dat hulle ook so te se geen siektewerstand het nie. Ek is veral ook lugtig oor wat dalk met die leeus gebeur wanneer hulle te groot is om te vertroetel of te oud is om te teel – die “geblikte” jagstorie is maar altyd in my agterkop en ek wil nie onwetend so n euwel ondersteun nie. Ek se nie dis by hierdie oord die geval nie!

  12. ‘n Troufoto met so ‘n wit leeuwelpie sal darem baie mooi wees!

    • Sy vertel juis dat hierdie twee oor ‘n maand ter groot en sterk gaan wees. Hulle gaan jou doodbyt as hulle jou op die grond gooi. Sy sê hulle laat die heel kleintjies tussen die gaste rondloop Daarna gaan hulle in die kamp waar sy elke dag met hulle speel en daarna seker na die kamp waar die groot leeus is.

%d bloggers like this: