RSS Feed

Sondag Kopies

Eish, ek kan nie die selfoonmaatskappye verstaan nie – hulle verkoop selfone links en regs maar lewer geen diens nie.  Selfone kom nie meer met instruksieboekies en hulle verduidelik glad nie aan die kopers hoe om dit te gebruik nie. Veral ouer mense wat gewoond is aan ‘n Nokia sukkel regtig.  Vanoggend kom ‘n dame amper in trane by my aan – sy het gister ‘n foon gekoop en dit gelaai en nou vanoggend is daar niks. Ek weet nie baie van fone af nie, maar sy moes hom net aangeskakel het. As daar ‘n boekie by was, sou sy dit uitgevind het… sug… maar nee die geld het mos klaar getjingel!

Hoop daar is ietsie vir jou op hierdie Vadersdag. Indien nie hoop ek darem op die weeklikse glimlaggie!  Hoop jy het ‘n lekker week.

13315496_1780830162131271_2147373080579914223_n

13310365_1008696892558899_3673260838556348676_n

13406974_1207128869311977_7907912290114868125_n

13319846_1781958908685063_1692234529285523835_n

13330920_1781550328725921_1817300640372225282_n

13051752_10204899287676556_6622449399865024186_n

27 responses

  1. Jy is mos tegnologier previously advantaged? Wat kla jy?

  2. Daai plakkies!🙂

  3. Aai die tegnologie, ons kan nie met dit nie, ook nie sonder dit nie ;-(

  4. De foto’s zijn leuk!
    De uitleg is inderdaad vaak bedroevend ….

    Regenachtige groet,

  5. Blykbaar dink selfoonvervaardigers,almal is tegnologiese boffins!Ek wil die plakkies hê.

  6. Daarom is ek so dankbaar vir skoonseun wat my deur dié nuwerwetse wêreld help!!
    Die koue is aan die kom ysigheid in wind vanoggend.

  7. Shame, loop ander mans ook deur oor hulle skeersels?😀

  8. ja er is veel mis met de handleidingen van nieuwe producten en dus ook de mobieltjes als ze er al zijn😦
    niets nodig deze zondag avond🙂

  9. I think I must buy a wine bra for my DiL.😀 Love the growing pencil, and would buy it if it grew another pencil or even a ballpoint.🙂

  10. My seun het vir sy pa ‘n nuwe selfoon gebring en nou leer hy om te whatsapp. Toggie tog! Ek soek daai plêstiek plakkies.

  11. Ja, Tina en as ons hulp gaan vra by die selfoonwinkel moet ons iets soos R200 betaal om die konneksie te laai. Nog meer geld. Soms help Google met instruksies. Dankie vir die prettige fotos.

%d bloggers like this: