RSS Feed

5 Vrae

Mense is darem interessant. Hier tussen die ouer mense word ‘n mens baie duidelik bewus van die half vol en half leeg glas filosofie. Ek bewonder die personeel wat met eindelose geduld al die nukke en grille hanteer. Hier moet ‘n mens mooi dink voor jy iets persoonlik opneem. Ek het so idee dat mense maar hulle lewe lank moeilik/nie-moeilik  is en dat nie veel verander as jy oud is nie.

Baie dankie vir verlede week se deelname aan die 5 vrae. Dit het baie interessante insigte gebring.

  1. Hoeveel sakgeld is ‘n ideale bedrag vir ‘n tiener? (Hoeveel kry die tandemuis in die laaste tyd?)  Hoeveel bestee jy aan verjaarsdaggeskenke vir jou kinders? Wanneer moet ‘n kind begin spaar? (onthou jy die spaarkaarte van die poskantoor wat ons by die skole gedoen het?)
  2. Gaan jy stem op 3 Augustus?
  3. Op watter prestasie van ‘n geliefde is jy die trotste? Hoekom?
  4. Gunsteling dis/drankie?
  5. Waarom blog jy/ lees jy blogs?

10421393_10153189751755888_8102309265527882765_n

13095844_1069783426393869_1789930780127274197_n

13240575_1006437766118145_8133289153999372780_n

13434851_1717574955169006_8963285454338987467_n

13413020_1221601634525716_4621002973249739556_n

11

46 responses

  1. 1. Die tiener kry R400.00 per maand AS sy doen wat van haar verwag word. Daar is ‘n lysie op die yskas en vir elke huis taak wat sy nie doen nie, teken ek dit aan op die lysie en trek geld af – so kry sy ‘n bietjie skaam as haar maats dit sien. Dan kan sy weer haar sakgeld opmaak deur bv “babysitting” te doen vir die Laatlam as ons ‘n Sondagmiddagslapie wil vat – dit hang van haar af. Met die tandemuis glo ek in so R5.00 se muntstukke – kleintjies het nie ‘n benul van geld nie en ‘n geklingel van geld is vir hulle meer “amusing” as “boring”papiergeld. Kinders moet begin spaar sodra hulle iets wil he wat ‘n “luxury” is. Die Tiener wil haar hare laat “Brazillian Straight” – ek gee nie daai tipe geld op my eie hare uit nie so sy moet maar spaar daarvoor maar ek moet se sy begin van kleins af elke maand spaar vir vakansie-tye.
    2. Ja, beslis. Ek het geen reg om te “moan” as ek nie ten minste ‘n verskil probeer maak nie.
    3. Ek is trots op die Tiener dat sy so goed is in Wiskunde en soms onderskeidings daarin behaal want nie ek of haar bloed-pa is baie “bright” mense nie.
    4. Dis – Seekos of tamatiebredie. Drank – ‘n Lekker Carberne’tjie.
    5. Ek blog want dis ‘n uitlaatklep, Ek lees blogs want ander mense se opinies maak my oe soms oop en dis ‘n leerproses. Mens kan nie net in swart of wit lewe nie – soms moet jy die grys ook begryp.

    • 1. Baie interessant Dit klink of julle planne kan werk Net daai stomme tannmuis trek aan die kortste end. Mens kan op die aarde niks met R5 koop nie
      2 Ja, ek voel ook so!
      3. Ek glo niks van daai een Ek het jou blogs gelees en daar is niks fout met jou kop nie … Ja daai ewige Wiskunde
      4Klink lekker
      5. Ja ek stem Dis lekker om te sien wat ander dink

  2. 1. So min as moontlik om te mors, maar net genoeg om te spaar
    2. Miskien
    3. My drie boeke wat ek geskryf het ‘Tales from the Flow’, ‘Skaduland’ en ‘Asylum of Verse’
    4.My gunsteling dis is Piesang-en-mayo op brood en my gunsteling drankie is SOuthern Comfort en Coke
    5. Dis heelike terapie

    • 1. Slim
      3. Ooooooo baie geluk!. Ek weet hoe dit voel Ons het handboeke geskryf en daai eerste keer as jy die gedrukte boek in die hand het is onvergeetlik.
      4 Neeeeeee so lief is ek nie vir piesang
      5. Net so!

  3. 1. Hang af in watter huis daardie skoen met tand in lê. Kleinseun sê nou die dag hy sal sy tand bêre totdat hy by sy ryk oupa en ouma gaan kuier. Die tandemuis daar gee meer as honderd Rand.
    2. Wil graag.
    3. My dogter wat twee werke, n man en twee kinders het, en tussendeur swot vir onderwyseres om haar roeping te vervul.
    4. Voordat ek doodgaan wil ek graag ‘n hele bak Country Fresh se Blueberry cheesecake roomys opeet. Dit is vir my die lekkerste lekker!!!
    5. Vra myself dikwels dieselfde vraag. Op ‘n manier is dit ‘n joernaal. Miskien maar sommer omdat ek hou van stories vertel, en uitdagings. Ek hou van die kontak met mense wat ek andersins nooit sou ontmoet het nie.

  4. Fantastisch! Waar blijf je al die humor halen.

  5. ik heb een dalvrij abonnement , kost 42 euro per maand
    als ik voor 05:30 incheck reis ik gratis , check ik tussen 06:30 en 08:55 in betaal ik het volle pond , zelfde geld voor tussen de spits uren van de middag/ avond
    ik hoop het is duidelijk

  6. That diet in the first photo…it is so hot here, I think I might contemplate that!!! But of course first prize to the smiling kitty!!!

  7. Die foto’s isso kosbaar.
    Kinders moet klein-klein leer spaar, kleingeldjies in ‘n blikkie wat hille bank toe neem as hy vol is.
    Ek werk op tablet en kan nie die vrae sien nie.
    Ek gaan stem ja
    Al 3 my kinders se geleerdheid. Hul het hard gewerk.
    My gunsteling dis? EET!
    Die gesels, die skryf. Alles! Dat ek met mense werk wat iets tussen die ore het. Wel, sommiges!😉

    • 1. Ek hou ook van die spaarvarkie idee
      2. Goed so!
      3. Aha ek hou daarvan
      4. Ongelukkig myne ook!
      5. Hehehhe … ek weet verseker daar is nie veel in my kop nie maar my glimlag help ek hoop ek

  8. Hei, Tina!
    1. Daar was nie ‘n vasgestelde bedrag sakgeld vir die tieners in ons huis nie – ons het maar uitgedeel soos dit nodig was. Ek sou nou kon skuldig voel oor ‘n opvoedingsgeleentheid wat verbeur is, maar as ek die totaal verskillende maniere sien waarop die drie kinders uit daardie huishouding met geld werk, dan besef ek dis nou een bron van wroeging wat ek maar kan laat verbygaan.
    2. A ja a!!
    3. Die manier waarop ons drie kinders deur die lewe gaan – elkeen op ‘n eiesoortige, bewonderenswaardige manier.
    4. Boerekos en Engelse tee.
    5. Ons was vandag op dieselfde golflengte, soos jy sal sien aan my jongste inskrywing.

  9. 1 Dit hang af wat hy/sy met die geld moet doen R500,00 pm op 12 +R100 vir elke jaar daarna Ek verstaan van ander die tandemuis betaal deesdae R5,00 per tand
    2 R1000 Myne het op ses begin spaar en het R8000 bymekaar gehad of 16 (die kaarte waarvoor jy spaarseels moes koop het my gehelp om R5000 bymekaar te hê teen einde 1976
    3 Defnitief nie
    4 Vroulief wat al dertig jaar met my getroud is Dit vat baie moed en uithouvermoê
    5 kAASKOEK, Malt whisky
    6 Ek is gek na lees / Hou van die gesels

    • 1. Sjoe my asem slaan sommer weg. Dit wil half gedoen word. Ok my pa hyet nie genoeg verdien om so bedrag te betaal nie.
      Julle is darem baie snoep met die muis Hier in Limpopo moedig ons hulle aan om R20 te gee waarvan die kind R5 moet spaar.
      3 Nou wonder ek waarom nie?
      4. Ag nee ek glo jy het darem ook goeie kwaliteite?
      6. Ek sien altyd uit na jou inskrywings en geniet elke keer jou antwoorde op die “5 Vrae ” Jy skryf so interessant en dan kan mens dit bespreek Dankie daarvoor.

  10. That looks like a really healthy and non-fattening meal, TIna.🙂

  11. 1 Ja, ek onthou daai spaarkaarte, in my tyd het ons nog sjielings gespaar.
    2 Vir seker
    3 Op Vroukie, maar as ek se hoekom gaan dit klink of ek windgat is.
    4 Rooivleis en rooiwyn ( ‘n stukkie gebaaide steak en ‘n glasie Merlot)
    5 Dis vir my lekker om met woorde te speel en ander mense se bollie te lees, (He He Hester!)

    • 1. Jy kons selfs pennies spaar
      3. Ag nee nou het jy ons nuuskierig Ek het dit mos gevra. Sy het dit ten minste lank met jou uitgehou. Ek sal nooit daai tyd vergeet toe sy vir jou so kwaad was oor jy so effe te veel geparty het.
      4. mmmmm lekker!
      5. Ons lees ook graag jou bollie. Hehehe net jammer dit gebeur so min. Ly jy aan hardlywigheid… *koes*

  12. de plaatjes brachten een glimlach
    ik ga niet stemmen op 3 augustus
    en de rest is voor hen die er mee van doen hebben , en hopelijk nemen ze wijze besluiten🙂
    oja ik blog omdat ik het leuk vind

  13. 1. Ja, ek is oud genoeg om die spaarkaarte te onthou
    2. Yup
    3. My man wat ten spyte van al sy gesondheidsprobleme nog steeds sy lewensblyheid behou
    4. Mmm hmmm mmm … snoek dalk? Bokkoms? Ja, bokkoms. En druiwekonfyt.
    5. Omdat ek dit so verblydend eienaardig vind dat mense al die bollie wat ek skryf, lees en daaroor saamgesels ook.
    Die konka kole op die fiets😀

  14. Ek lees nie eintlik veel blogs nie as jy Wil weet maar ek het jou op FB gesien 😊. Mense en kulture verskil geweldig dus sal die antwoorde verskil van groep tot groep. Ongelukkig kan ek nie meer blog nie en ek mis party nogals. Miskien het wp my geblok.

  15. “Ek het so idee dat mense maar hulle lewe lank moeilik/nie-moeilik is en dat nie veel verander as jy oud is nie.”

    Néé! Ons word al hoe moeiliker! Hehe

%d bloggers like this: