RSS Feed

5 Vrae

Mens is nooit te oud om te leer nie.  Vanoggend hoor ek mens moet alle plastiek ware met gate in stukkend sny, sodat die lusse nie aan seediere kan vashak nie.  Selfs die ringetjies van die melkbottel en die handvatsels van plastieksakke.  Ons het al baie daaroor gepraat dat ons graag hier op die Landgoed dromme wil kry om te herwin … miskien moet ek uit my blokke kom en kyk waar ek moet aanklop daarvoor – weet jy dalk?

Dankie vir verlede week se antwoorde Dit het baie vreugde verskaf en was baie interessant.

  1. As jy of jou familie hospitaal toe moet gaan of ‘n spesialis moet sien, gaan jy groot stede toe of doen jy dit plaaslik.
  2. As jy 3 mense (dood of lewend) kon nooi vir ete, wie sou dit wees en as jy een vraag kon vra wat sou dit wees?
  3. Waar wil jy regtig nooit bly nie en waarom?
  4. Sonder watter gadget kan jy nie leef nie?
  5. Wat maak jou emosioneel?

13164467_540986262763035_881057980998955812_n

13221677_541559879372340_6820227368380846440_n

13254249_541412759387052_430756209469911827_n

13325696_1299636823397141_3382378928618173105_n

13316815_1009230722505516_4049961616733941467_o12919927_10153431354027111_2674292974073427689_n

59 responses

  1. My kids and I had a good laugh with these photos.

  2. 1. Ek bly in ‘n stad… ek het nie ‘n keuse nie
    2. Yoko Kanno (Japanese Komponis en sangeres), Edgar Allan Poe (Amerikaanse oorlede digter) en Hanneliese Bredell (My beste vriendin. EK sal Yoko vra om musiek te maak, Edgar om sy lieflike gedigte voor te dra en Hanneliese bederf met wyn, sy is goed vir my.
    3. Enige deel van Johannesburg. Die plek is gaga.
    4. My rekenaar
    5. Goeie dade wat mense pleeg sonder om te wil ontvang, my kat wanneer sy teer haa voetjie teen my wang streel sonder om naels te wys en my hond wanneer hy bly is om my te sien wanner ek by die huis aan kom. En die mooi van die natuur.

    • 1. Ja dis lekker om die bestes naby te hê maar jy is nog jonk , volgens die wet van gemiddeldes het jy nie so baie nodig nie
      2. Dit sou beslis ‘n interessante gesprek gewees het!
      3. Ek is ook maar versigtig
      4. Ek stem!
      5 Aaaaagggg ja!

  3. Jammer ek reageer nou eers, was afwesig.
    1) Plaaslik is daar baie goeie dokters, dit is 40 km van ons af, in ons dorp is daar net 2 dokters.
    2) Moeilike vraag. Ek weet ……, maar die vraag, weet ek nie.
    3) Ek wil nie weer ´n boer in SA wees nie, so sal nie weer daar op ´n plaas wou bly nie.
    4) Sonder Wifi en ´n rekenaar, kan ek seker nie meer nie.
    5) Emosioneel. Die afsterwe, skielik, van twee baie goeie vriende, die afgelope tyd, was baie swaar en natuurlik, my kinders en kleinkinders wat ek so min sien.

    • Dis lekker as jy reageer – hoop julle het lekker gekuier?
      1. Is die mediese behandeling wêreldklas of ook maar soos hier?
      2. Nou het jy my nuuskierig?
      3. Wens ek kon die teendeel bewys
      4. Hehehehe … klink bekend
      5. Jy moet maar weer kom kuier… dis tyd! Hoe lyk julle wisselkoers?

      • Dankie, kuier was lekker. Mediese behandeling, is heel goed. Ek het nieman nog hoor kla nie. Die beste dokters, werk ook in Staatshospitale. 2) Jy behoort te weet. Die plan is die volgende somer, weer ‘n draai re maak. Ons wisselkoers, is die afgelope paar jaar, redelik stabiel, nou weet mens natuurlik nie wat gaan gebeur met die Brexit ding nie.

  4. Ek kan nie sonder ‘n skottelgoedwasser nie!!!

  5. Ha ha, waentjie sonder wiele!

  6. Het daardie kleim kangeroe nie dalk bekuit in die bed ge-eet nie?

  7. Gelukkig zegt mijn GPS niet zulke gekke dingen.Der andere afbeeldingen zijn ook keitof.

  8. 1 Verkieslik plaaslik
    2 Isaac Asimov Why no belief? Leonard Cohen please perform Hallelujah Jan Smuts Hoe het jy die Nasionale party toegelaat om die regering te steel
    3 Klein dorpie of plaas / Ek hou NIKS van sukkel nie
    4 Slaap apnee masjien anders hou ek onnodig permanent op met asemhaalasemhaal
    5 Idiote

  9. Hei, Tina – mens skrik as jy sien watter herwinbare items jy alles weggooi!
    1. Hoe nader aan die huis, hoe beter, maar nouja, ons woon in die stad…
    2. Andre Huguenet (vertel ons van jou plattelandse toneelreise); Cobus Rossouw (vertel ons van jou gunstelingrol); Francois Swart (vertel ons van jou Afrikaanse Hamlet). O, en ek sou hulle vra om sommer vir Anna Neethling-Pohl, Kita Redelinghuys en Sandra Prinsloo ook saam te bring – hoe’s daai vir die omseiling van ‘n getallebeperking! Umm, kan Sandra maar vir Marius Weyers ook nooi?
    3. Die Karoo – as die wind ophou waai, begin die goggas rondvlieg.
    4. My skootrekenaar.
    5. Mooi woorde, mooi musiek.

    • 1. Die vraag is einlik meer vir mense van die platteland bedoel Ek het ‘n vriendin wie se ma altyd Pta toe gaan Dis so ongemaklik Die kinders woon altyd hier en dit kos baie geld om elke naweek te ry En dan lê sy daar alleen en mens moet vreemde mense vra om te gaan help

    • 2 Lekker Toe ek ‘n student was het ek die Breytenbach teater ontdek en alles was verlore. Lekker tye
      3. Oooo ja en alles is droog en smag na ‘n paar druppels water
      3. Ek stem!
      5 Beslis

      • Die lekkerste van die Breytenbach vir my was die ry enkelsitplekke langs die kant af – dan het ek nie nodig gehad om iemand saam te sleep nie. My woonstelletjie was twee blokke ver – ek het een aand sommer soontoe en terug gestap! Sou dit beslis nie nou waag nie…

  10. Ek sal bietjie ongemaklik voel in daai toilet! Jammer, kan nie lank gesels nie – ons is op batterykrag. Speel volgende keer weer saam.

  11. 1. Ons gaan plaaslik…maar plaaslik vir ons IS die groot rook
    2. My pa. Vir hom wil ek vra om vir my te verduidelik wat binne in sy gedagtes aangaan, want ek dink ons het baie meer in gemeen as wat ek wil herken…en ons het onafgehandelde gesprekke. Ons familie se stamvader (ek deel ‘n stamvader met die landros wat sy eie straatnaam daar in julle dorp het) Vir hom wil ek vra wat in hemelsnaam het hy gedink toe hy Europa vir Afrika verruil het.Ek dink nie daar is plek of tyd vir ‘n derde nie
    3. Enige plek waar jy soos ‘n voëltjie in ‘n kou moet leef, maw enige woonstel/kompleks. Die nabyheid van soveel mense maak my angstig
    4. Afstandbeheer. Ek sal alles met afstandbeheer doen as ek kon
    5. Om weg te wees van die huis af sonder die van Helsdingen, en onregverdigheid

    • 1. Ek dink dis meer ‘n ding wat op die platteland gebeur. Ons het bv. ‘n baie goeie onkoloog maar sommige mense ry Pretoria toe .
      2. Dietlof Siegfried Mare Ek sien hy het hier ‘n plaas gehad Dalk kan jy ‘n grondeis doen?
      Dis interessant hoe mense verskil. My pa het na die oorlog na SA gekom en ek verstaan vandag baie van die goed wat hy gedoen het soveel beter maar ek dink nie daar is ‘n nodigheid vir ‘n ernstige gesprek nie.
      3. Dink net as jou grondeis slaag kan jy begin boer?
      4. Aha so na my hart maar as dit breek is ek verlore
      5. Toemaar dis darem amper verby as ek jou reg lees. Hoop jy voel gou beter

      • Daar was ‘n ander plaas ook in die Belfast distrik wat aan my oupagroot behoort het (‘n neef van die Pietersburg Mare’s).Hy het verlam geraak nadat hy deur ‘n os geskop is en kon nie verder boer nie, so ‘n jonger boetie het oorgeneem. Was dit nie vir die ongeluk nie sou die plaas aan my oupa, en daarna my pa gegaan het (in elke geval die oudste seun)

  12. I couldn’t live without my hairdryer.🙂 I think I’d love to have dinner with Elvis, John Lennon and Frank Sinatra. It would be a very musical evening.

  13. ik leer elke dag
    en plastiek moet men bewaren en gescheiden inleveren bij het afval voor hergebruik
    veel maakt mij emotioneel , meer dan ik ooit dacht
    water gadget ? liep vandaag 15 km , bijna , 2 bidons water mee waren mijn gadgets , en ik liep langs over en onder water😉

  14. Ek het vir my vier groot dromme aangeskaf en herwin alles.Ons het ‘n oulike sentrum hier naby en ek gaan laai self af.Ek weet dit sal nou nie vir julle werk nie,maar ek is seker as jy die munisipaliteit bel,kan jy inligting kry.
    1.Plaaslik…hier aan die Oosrand is goeie hospitale en spesialiste.
    2.Jy en twee ander bloggers,Wolfie Simpson en Hanneliese Bredel.Ek sal sommer net julle geselskap geniet,want dis mense wat my aandag getrek het hier op die virtuele ruimte.Jy was die persoon wat my ingewy het in al die hoe,wat en waaroms van internet en my aangemoedig het om vas te byt met die tegnologie!(Tina10..daar op LitNet)
    3.Oorsee…ek is te lief vir my land en ek verstaan hoe dinge hier werk.
    4.My tandeborsel.
    5.Onreg van enige aard,mooi klassieke musiek.

    • heheheh… dis nou een plek wat nie al hulle koeitjies op hok het nie. Ons vullis lê die afgelope weke twee dae voor hulle dit kom haal – EN (skuus Lou) dis doeke en sulke goed van die sorgsentrum.
      1. Julle is gelukkig Ek was nog altyd tevrede maar daar is mense wat eenvoudig Pretoria toe ry.
      2. Jaaa hulle is interessante mense (hoewel hulle godsdiens siening meer met jou saamstem as myne) Ag baie dankie. Ek is egter nie baie interessant nie, maar ek sal graag al jou foto’s wil sien.
      3. Ek stem Afrika se chaos pas my persoonlikheid Toe ek teruggekom het van my besoek aan my Sus nin NZ was tot die taxi’s wat so voor my injaag soos ou bekendes.
      4. 100X ja! My rekenaar en foon staan darem ook in die ry!
      5. Dis omdat jy ‘n spesiale mens is!

  15. Ek het nou geglimlag vir die byskrif by die leeus🙂
    Hoe lyk dit my jy het ook die Ungame speletjie ontdek? Toeka se jare by ‘n kamp is ons opgedeel in groepe, saam wildvreemde mense wat mekaar glad nie ken nie. Elke groep het die kaartjies van”Ungame” gekry om te beantwoord. Die reels was eenvoudig… die antwoord op jou kaartjie moet kort en kragtig wees, en die ander in die groep mag glad nie tussenin praat of vrae vra nie. Dit was wonderlik; binne ‘n halfuur het ons baie van mekaar geken, en die ys was heeltemal gebreek. Ek het “Ungame” vir ons as huisgesin gekry, en saam met ons vriende en kinders gespeel. Wonderlike dinge wat daar uit gekom het.
    1. Tussen die mielielande het ons plaaslike dokters, en spesialiste gebruik. So wan en dan is ons na Pretoria toe verwys.
    2. Elvis; ek bly wonder of hy werklik kind van God was want volgens Billy Graham was hy soekend na God. Wil hom vra of hy Jesus as sy Saligmaker aangeneem het. Mark Twain; alhoewel ek bietjie sal bewe in sy geselskap; die vraag sal dieselfde wees. Met hierdie twee om een tafel, sien ek werklik nie nog kans vir ‘n derde persoon ook nie.🙂
    3. Aan die Noordpool. Hou nie van koue, en mistroostigheid nie!!
    4. My man is die ou vir gadgets ek nie. Moet net nie met die wifi peuter nie!!!! (ons deel unlimited access met skoonseun hulle, maar hulle kan die woonstel “by-pass”)
    5. Om ander se swaarkry te sien.

    • hehehehe … jy moet fyntrap hier op die Landgoed. Dinge sal eers nog inmekaar moet pas voor mens by die speletjies kom.
      1. So julle kies nie eers die stadsdr.’s nie?
      2. Hehehehe ek wonder of die twee met mekaar oor die weg sal kom?
      3. Sal jy die Noordpool wou besoek?
      4. In die kombuis? Wat van ‘n haardroeër?
      5. Ek kan sommer sien jy het ‘n sagte hart!

      • 1. Het 30 km vêr gery na naaste dorp om by beter dokters as die plaaslikes uit te kom. Maar is net groot stede toe as ons verwys was.
        2. Ek lag ook so in my enigheid vir die twee saam om ‘n tafel. Sou wat wou gee om Mark Twain se stuk te lees wat op hierdie ontmoeting sou volg.
        3. Ek dink Kanada is die verste wat ek Noorde toe wil gaan. Wil nie eers Groenland besoek nie.
        4. Jy het my werklik aan dink met hierdie gadgets van jou. Het al die normale dinge in die kombuis…. as ‘n mikrogolf as ‘n gadget tel is dit dit…. hoe anders gaan ek my boontjiesak warm maak🙂 Gebruik nie ‘n haardroër nie.

  16. 1. Die Neuroloog wat ek gaan sien is glo die beste in die land. hy is natuurlik in Johannesburg
    2.

%d bloggers like this: