RSS Feed

5 Vrae – 3

Julle het vir my weereens soveel plesier verskaf met julle antwoorde dat ek die vrymoedigheid het om dit weer aan te pak.  Dankie vir die deelneem ons leer die interessantste goed en lees menings waaraan ek nog nooit gedink het.

Dankie vir die inloer en as jy nie in die vrae belangstel, hoop ek dat jy ten minste sal glimlag vir die Afrika wyshede.

  1. Wat hou jou snags in die winter warm?
  2. Ek het nou die dag die fliek “Fifty shades of grey”halfpad gekyk en toe maar opgehou. Nie oor die erotiese inhoud nie, maar omdat ek ‘n probleem met oorheersing het. Het jy die boek gelees of die fliek gekyk? Wat is jou mening ? Wat van die erotiese inhoud van enige fliek?13177457_1008957862493127_4540111389039445282_n
  3. Hoe lank dink jy kan/moet ‘n kind in sy eie ouerhuis woon?
  4. Kyk jy iets op die nuwe TV kanaal Via? Wat en waarom?
  5. Wat spaar jy?

12472608_1711557352447447_8906295655242821808_n

13226986_10154865178349097_7838946114156306586_n

13263841_1720761168192995_2764080329280516895_n

13221503_1721398288130020_168330161193294218_n

13244666_541033446091650_7191671981471542918_n

13102883_10154806395142678_3772217215937350762_n

55 responses

  1. Doordenkertjes en lachertjes geven me een ontspannend gevoel

  2. 1. Voorheen; warmwaterbottels, en boontjiesakke in die bed. Nie net in die bed nie…. ek sit nou hier op die relaxer met my boontjiesak en vlieskombers oor my bene. Twee dae gelede het my man vir ons ‘n elektriese kombers gekoop; hoop hy doen die ding. My man se warm lyf help ook🙂
    2. Stel glad nie belang nie!!!!!! Hou niks van flieks wat verder gaan as die soen nie. My kinders sensor flieke, kom vertel dan mamma kan so en so kyk…. geen seks…. geen vloek…. geen godslastering. PUNT
    3. Totdat hulle klaar studeer, en ‘n werk gekry het. Kom dan op jou eie voete.
    4. Het paar jaar nou al nie tv nie. Was lief om die Travel kanaal te kyk.
    5. Is oor algemeen ‘n baie spaarsamige mens. Tot die laaste krummel gaan vir die voëls.

    • 1. dis my eerste jaar sonder ‘n elektrise kombers
      2. Ek moet amper met jou saamstem … en seks in Afrikaans is ‘n onding
      3. Ek hou daarvan
      4. Dis baie dapper.
      5. Dis baie goed wens almal kon so leef

  3. Ek wil nog eendag gaan walvisse kyk in “HER ANUS”
    😀

  4. Erotika verskil van fliek to fliek soos wat geweld, politiek, humor ens ens.
    Nietemin.
    Die probleem met 50 shades is dat dit eerstens nie die ware “lifestyle” weergee nie.
    Ek het kenisse wat dit “leef” en eerstens is die “glamour” van 50 shades ‘n klug.
    Die oorheerser is ‘n dominant en die ander een is soms ‘n “submissive”. Dit het niks met onder andere seksisme of rerig selfs net met pyn of “oorheersing””te doen nie. Die verhouding is altyd “mutual” met baie streng reels en respek vorm die basis. Soos alles in die lewe is daar meer aan dit as wat flieks uitbeeld. Dis komplekse verhoudings wat nie sommer verstaan word nie.Nie my koppie tee nie… maar as jy met the “real people” gesels wys dit net weer dat Hollywood alles van seks tot geskiedenis
    kan vermink ter wille van kaartjie-verkope.

    • Ek moet erken ek weet daarvan niks. Ruil hulle soms rolle om? Is dit nie baie gevaalik nie. Sê nou dit gaan te ver en mense word beseer. … wat van dwelms en drank? Word nie later ‘n obsessie nie dan is ‘normale’seks nie meer interessant nie.

      • Goeie vraag. Een so ‘n dominant, noem hom “Garth” was erg geset in sy dominant ways.Ek dink nie hulle ruil sommer nie.Maar dis ‘n keuse. Mense kies dikwels ‘n rol wat anders is as hulle daaglikse “vanilla” lewe.(Dis wat hulle “gewone” seks noem). Natuurlik kan dit gevaarlik wees. Motor bestuur is gevaarlik, selfs uit die bad klim ook. Dwelms en drank is by meeste universiteits-parties, sonder dat hulle “bondage” beoefen, jy sien my punt? Gewoonlik is bondage baie gestruktureerd, Hulle sorg goed vir hulle liggame. Obsessief, miskien, dikwels oor gesond leef.(daardie deel uit 50s shades is waar ) Onthou dat hierdie persone baie geld uithaal vir die “stokperdjie”, ons het nie hier te doen met common armgatte nie, allermins. Meestal hoogs geleerde en gesofistikeerde persone, moenie ‘n fout maak nie… maar een ander vraag vir jou… wat is “normaal?”😀

        • Dis interessant maar ek het regtig nie die waagmoed en beweeg maar meer in die tradisionele kringe Dis maar ‘n geworstel vir oorlewing. Ek ken nie eers mense wat dit doen nie.

          Normaal = middeweg = gewoon = gemiddeld = die meeste mense?

          • Dit is interessant ja. As jy rerig waagmoedig wil wees, blog bietjie oor wat mense dink “normaal” is. Dis complicated, want normaal in een deel van die wereld, soos bv kultuur is ongewoon in ander dele, en glad nie selfs “aanvaarbaar” nie. In Nederland bv is dit normaal om volgens sekere riglyne dagga te koop in coffee shops, wettiglik. Hier is dit glad nie “normaal” nie… al is dit vir die meerderheid wettig in Amsterdam…

  5. your photos are ever funny.

  6. 1. My man se boude – ek steek my koue voete so onder hulle in as ons in die sitkamer TV kyk.
    2. Het al die boeke gekoop en net die eerste een gelees. Dit is “smut” en oppervlakkig volgens my.
    3. Sodra sy dit kan bekostig. Hopelik as sy klaar geswot het en werk gekry het. Niks is so awesome as ‘n jong mens se vryheid nie.
    4. Nee
    5. Mense se gevoelens…

  7. 1. my komberse en my musiek op my selfoon
    2. Ek het eendag ingestap toe my een vriendin waar ek nou bly die audio boek luister. DIe vrou wat 50 Shades geskryf het het geen talent in die skryfkuns nie en sy ‘oh my’ in elke tweede sin. Dis poefie literatuur en laat Mills and Boon tiepe boeke klink soos hoog literatuur. Dit is nou regtig onsmaakvolle literatuur. Die fliek was vir my ook maar poeffies. En ek stem 100% saam met Perdeytjie ook.
    3. So lank elkeen sy deel bydra, daar respek en liefde is, maak dit nie saak hoe lank nie. Veral deesdae in die moeilike ekonomie waarin ons leef kan huisgesinne baat vind om saam te staan.
    4. Nee. Ek het nie ‘n TV nie. As ek ‘n reeks wil sien koop ek dit by ‘n winkel en kyk op my rekenaar.
    5. Hoe spaar JY? hehehehehehe

    • 1. Hou die musiek jou nie wakker nie?
      2. hehehehe jy het my nou al te lekker laat lag Voel jy so oor alle erotiese literatuur?
      3. Klink so volmaak maar werk nie altyd so uit nie.
      4. Ek probeer darem water en krag spaar en koop nie onnodige goed nie, maar ek dink nie ek is regtig suinig en draai elke sent om nie

      • 1 Nee ek het vir ‘n ambulansdiens gewerk en is half-doof. En klassieke musiek help my slaap.
        2. Nee, net erotiek wat sleg geskryf is. Ek het is ‘n digter, gee my mooi beskrywings en wees smaaklik. Moet nie hoer met woorde nie. Ek wil nie voel soos ‘n verkragtings slagoffer as ek lees nie, ek wil sensueel en passie lees
        3. hang van jou self af, jy het die mag om alles in jou lewe beter te maak.
        4. Ek spaar water deur houers neer te sit buite as dit reen, skottergoed water maak my tuin nat en ek stort in plaas van bad.

  8. 1. ‘n Vleiskombersie lang my en my kouse
    2. Nie die boek gelees nie maar wil graag die fliek kyk.
    3. Dit verskil van gesin tot gesin MAAR hulle moet uit voor die “aanhangsels” (boufriend/girlfriend) ook saam in ma se huis intrek. Beslis nie tot op 30 nie, ek glo kinders moet onafhanklik wees op ALLE gebiede. Maar omstandighede in vandag se lewe maak dit moeilik.
    4. Nee ek weet nie eer van dit nie.
    5. Ek spaar geld in my verband en gebruik elektrisiteiet ook spaarsamig.

    Mooi dag vir jou!

    • 1. Is hy ‘n klein mannetjie
      2 Dit wys weer die naweek of more ek dink op 103
      3. Ja ek stem beslis saam oor die aanhangels
      Dis ‘n nuwerige kanaal 147
      5. Mooi so. Klink of julle darem probeer. Aan die ander kant het sommige mense soveel geld en goed dat hulle nie hoef te spaar nie.
      3.

  9. Daardie pad is darem netjies gelap! Seker deur die doen-dit-self-mense.
    1. ‘n Spinnende kat
    2. Ek hou heeltemal verby
    3. So lank as wat dit vir daardie spesifieke gesin werk – buitestanders ken nie die dinamiek nie!
    4. Kom nie eintlik by die TV uit nie, kyk deesdae Netflix
    5. ‘n Ronde nul

  10. Kan geen antwoord gee op enige van jou vrae nie!

  11. I haven’t read the book or watched the movie. I just can’t be bothered, and life is too short.😉 Love the Chinese restaurant sign.🙂

  12. hahaha ze zijn goed
    ik heb het niet snel koud
    heb die film niet gezien
    ik ben 66 en woon er nog
    via ken ik niet
    ik heb geen geld om te sparen

    mijn nieuwe pc gaat €600,00 kosten en ik betaal nu 31 euro voor tv internet tv wordt over een half jaar 50 euro

  13. 1. Wat hou jou snags in die winter warm? *Kombers onder die paslaken en vere-duvet bo oor*

    2. Ek het nou die dag die fliek “Fifty shades of grey”halfpad gekyk en toe maar opgehou. Nie oor die erotiese inhoud nie, maar omdat ek ‘n probleem met oorheersing het. Het jy die boek gelees of die fliek gekyk? Wat is jou mening ? Wat van die erotiese inhoud van enige fliek? *Nee / Die storie moet die erotika regverdig die erotika moet nie die storie wees nie*

    3. Hoe lank dink jy kan/moet ‘n kind in sy eie ouerhuis woon? *So kort as moontlik* 4. Kyk jy iets op die nuwe TV kanaal Via? Wat en waarom? *Het toevallig al op iets afgekom en gekyk / Niks beter was beskikbaar*

    5. Wat spaar jy? *Geld *

    2016-06-01 15:57 GMT+02:00 rondomtaliedraai :

    > rondomtaliedraai posted: “Julle het vir my weereens soveel plesier verskaf > met julle antwoorde dat ek die vrymoedigheid het om dit weer aan te pak. > Dankie vir die deelneem ons leer die interessantste goed en lees menings > waaraan ek nog nooit gedink het. Dankie vir die inloer en ” >

    • 1. Interessant – maak die kombers ‘n verskil?
      2. Jy is heeltemal reg, maar ek dink die storie gaan eintlik oor ‘n magsvertoon.
      3. Eeeemmm mens bly darem verantwoordelik tot hulle uit die skool is?
      5. Wat van water … plastiek .. krag… as jy klere/kos/goeters koop?

  14. 1. Is die winternagte koud?
    2. Ek het ‘n blog hieroor geskryf in April en sommige mense geskok; ek sal nou maar my mond hou.
    3. My dogter mag nie trek nie
    4. Nee
    5. Energie. Myne. Ek bly weg van mense wat oor politiek, godsdiens en seks baklei.

  15. 1.My verekombers en manlief se warm lyf.
    2.Ek het die boek ‘n ent gelees en besluit dis die grootste gemors wat ek nog ooit onder oe gehad het.Ek is gladnie preuts nie,maar die seksisme en mishandeling van vroue in die naam van seks,is onaanvaarbaar.Ek kan nie glo dat soveel vrouens mal was oor hierdie boek nie.Dit wys hoe geindoktrineer hulle nog steeds is!
    3.Uit na matriek…dis te lekker as kos,wasgoed en losies gratis is by mammie en pappie!
    4.Nog nie gekyk nie.
    5.Ek probeer elke maand ‘n duisend rand wegsit.

  16. 1. Nie wat nie, WIE! Ons het darem ‘n bersie of twee ook, en ouma se gebreide bedsokkies.
    2. Ek het net die fliek gesien. Ek is bly ek het nie geld spandeer om dit te doen nie, dan sou ek nog meer teleurgesteld gewees het. Hollywood se hardhandige en morsige hantering van erotiek is gewoon iets wat jy moet verbykyk om by die res van die fliek uit te kom. Ongelukkig het hierdie fliek nie ‘n res gehad nie.
    3. Sodra hulle matriekeksamen afgehandel is moet hulle uit. Niks leer jou om op jou eie voete te staan…as om op jou eie voete te staan nie.
    4. Was Dana Snyman se reisprogram nie op Via nie? Ek het dit gekyk. Ek is onbeskaamd ‘n Dana aanhanger.
    5. ‘n Klompie rande in die maand, maar meestal net herhinderinge van ervarings en strokies van verspeelde Saterdag oggende in ysterware winkels.

    • 1. dis nodig want julle wêreld is darem erg koud!
      2. Aha baie dankie ek het gedink ek verbeel my – as ek in ‘n teater was sou ek darem erg kriewelrig van verveeldheid geword het.
      3. Dis darem gou… wat van as student Alhoewel daar is kinders wat een graad na die ander inryg op hulle ma’s se nekke – nou gaan die ma’s my stenig. maar ek voel mens hoef nie ‘n honn voltyds te doen nie
      4. Ja ek het dit baie geniet Ek kry net so gevoel hy is effe ongemaklik voor die kamera
      5. Mmmmm water, krag en kos boeke … klere?

      • 3. ‘n Mens kan sekerlik nie alle kinders oor dieselfde kam skeer nie, en daar is ook seker niks fout om die jong student in die huis te hou nie. My ervaring is dat daar geen groter geskenk is as om jou kind onafhanklikheid te gee so vroeg moontlik nie. Die vermoë om onafhanklik te kan funksioneer het sekerlik my bas gered die dag toe die mat onder ons gesin uitgeruk is.
        4. Ek dink die ongemaklikheid dra by tot die bekoring van die program. Dit beeld ‘n “gewone” ou uit, wat nie ‘n opgeleide akteur is nie, besig om te doen wat hom na aan die hart lê

        • 3. Ek moet saamstem en ongelukkig is die seuns wat aan die kortste end trek want hulle ma’s bederf hulle so dat hulle nie ‘n eier kan bak of wasgoed in die masjien kan gooi nie en dit word ‘n bose kringloop
          4. Dis waar maar dan moet ek sê dis of hy met die geskrewe artikels nader by die onderwerp kom

%d bloggers like this: