RSS Feed

5 Vrae – 2

Kan jy dit glo dit reën vandag hier.  Ek het vanoggend sopnat gereën, maar dis sulke los wolke wat so uitsak en dan skyn die son weer.

Verlede week het die vrae baie interessante gesprekke uitgelok. Baie dankie vir die deelneem en saam lees. Ek waag dus weer ‘n paar vrae.

  1. Ek weet kinders grootmaak is nie maklik nie, maar as jy een wenk kon uitsonder wat jy vir nuwe ouers te gee, wat sou dit wees?
  2. Watter soort aandele sou jy koop as jy geld gehad het… ja, ek weet sommige lesers het baie geld… ek soek jou eerste keuse en waarom? (Eish … hoop nie ‘n taalonderwyser lees die sin nie!)
  3. Watter app’s gebruik jy op jou foon? Gunsteling?
  4. Wat bestel jy graag in ‘n restaurant? Wat drink jy?
  5. Jy word genooi na ‘n kostuumpartytjie – as wat/wie sal jy gaan?

Niemand is verplig om die vrae te antwoord nie, maar ‘n glimlag is verpligtend!

12745989_1290169534333304_6204099066304212672_n

13226875_10154252345719630_6544935691281707972_n

13245395_10208354413074135_1778612596498180722_n

13240477_10153781990306374_126738829825261209_n

13100677_1451742261597369_3464612747039941565_n

12994368_1702809813325311_2909817033422653005_n

 

80 responses

  1. Heel leuk om te volgen

  2. 1. Choose your battles, ‘n mens kan nie met jou kind oor alles baklei nie. Dis die beste raad wat ek self nog ooit gekry het. As jou kind wil skoene aantrek wat nie by haar klere pas nie, of lyk soos ‘n reenboog, so what…?
    3. Fotorus op my iphone. Mens kan oulike goed doen met jou bestaande fotos. Ek hou ook van dropbox, want ek kan my fotos veilig daar gaan bere en met ander mense deel.
    4. Ek drink Lime and Lemonade. En ek sal iets eet wat ek nie sommer maklik by die huis kan maak nie, of nie weet hoe om te maak nie. Sushi, geroomde spinasie, sole, enige Griekse kos
    5. Ek love die modes van die 70’s so ek sal gaan soos een van die sangeresse van ABBA. Wye pyp wit broek en ‘n groot, krullerige blonde pruik! Of ‘n Spaanse Danser

    • 1. Stem regtig saam, maar soms het die skole ook ongemaklike en outydse reëls
      2. ?
      3. Ooo ek het nou die dag dropbox gelaai maar dit maak my kop plat – dis of my persoonlikheid en die program in beheer wil wees en daarvan hou ek nie
      4. Geroomde spinasie koop mens mos sommer in ‘n boksie? Ons kry dit tot hier
      5. Aha ek hoop jy doen darem ook die tango

  3. Daardie sambrele het my nou laat glimlag. Ek moet daardie skoonma se swing by jou steel, en op ons huisgesin se whattsapp groupie sit…. my skoonseuns sal dol wees daaroor.
    1. ‘n Kind wil grense hê, maak nie saak hoe hulle daarteen skop nie.
    2. My man is die waaghalsige een…. ek sal dit net in die bank sit.
    3. Ek doen omtrent alles op my foon. Luister na die bybel…. het tot Matthew Henry se kommentaar daarop gelaai. Lief Google Earth…. loop te lekker oor die wêreld en bekyk alles.
    4. Omdat ek nie steak lekker kan gaarmaak nie, bestel ek fillet steak, en nou en dan ‘n glas wyn daarmee saam. Anders ‘n lekker Sole. Ag tog nou is ek honger!!!!
    5. Vroeër jare miskien…. maar nou nie meer lus vir sulke dinge nie. So paar jaar gelede het ek en my man as “Lady and the Tramp” na so ‘n partytjie toe gegaan. Ek was natuurlik die Lady🙂

    • Ek giggel ook elke keer as ek dit sien want as mens vinnig kyk en jy lees die eerste sin kan dit waar wees.
      1. Ja maar darem redelike grense … ek het ‘n vriendin wat haar kind se lewe soos ‘n tronk regeer.
      2. Ook nie te sleg nie
      3. Hehehehe so jy’s heeltyd op jou foon?
      4. Ooooo ja ek lief jou keuse
      5. hehehehe aaaag nou hoop ek jy was die tramp!

      • Definitief redelike grense. Baie belangrik om ook na jou kind te luister… werklik luister, nie met hande aan werk en halfoor luister nie. Het in ons huis vir kinders gesê as jy iets op jou hart het vra my of jy met my in die hoofslaapkamer kan praat. Dan sal ek weet dit is ‘n private gesprek, en ander kinders weet hulle moet dit respekteer. So het die kinders hulle harte aan my blootgelê…. en ek het tot van hulle eerste handvashou tot soen geweet. Soos hulle groter geword het, het ek goed gehoor wat my hart amper laat stilstaan het, maar ek moes my pose hou. ‘n Vriendin vra my eendag “Is daar niks wat jou skok nie… ‘n mens kan jou enigiets vertel en jy luister net.” Tot vroue het hulle dinge met my kom praat. Die gesegte onder ons klomp kinders. “As jy ‘n luisterende oor en raad nodig het gaan na mamma toe. As jy geld nodig het gaan na pappa toe.” Maar nou met my man se aftrede het die fonteintjie opgedroog🙂 Ek het nou baie gepraat!!!! Hoop jy het ‘n luisterende oor. Mooi dag vir jou.

  4. Ek moet daardie beach hint probeer. Dankie vir die glimlag en ek geniet die kommentare net so baie.

  5. 1. Moet nooit vergeet hoe dit was toe jyself ‘n kind was nie. Kinders is ook soms reg en ouers verkeerd. Moenie dink ‘n ouer skuld nie ook soms ‘n kind ‘n verskoning nie. En maak jou ja JA, en jou nee NEE
    2. Kos aandele – almal MOET eet
    3. Te veel om te noem
    4. Enigiets gesonds – slaai ens; Cola tonic en soda of limonade
    5. Een of ander heks

    • 1. Ooooo ja ek stem regtig saam en kinders moet weet dat almal foute maak maar dis hoe jy die foute regmaak wat tel.
      2. Ja maar daar is min wins in?
      3. You go girl!
      4. Nee eee mens moet darem soms iets dekadents aanpak.
      5. A-nee-a wat dan liewer van die ‘Son’ Jy inspireer soveel mense. ‘n Jong man waarvoor ek skool gehou het haal die week een van jou blogs uit. Ek is sommer trots op julle al twee.

      • Haai! Dit maak my hart sommer warm om te hoor van die jongman. Okay – ek sal kies om die somer te wees😉

        • Mooi so! Hehehehe hy is nogal ‘n TV aanbieder en sing ook, nou besluit ek op wie is ek die trotste – my blogvriendin of oud-leerder!

          • Wow! Mag ons nie sy naam weet nie?😉

            • Hehehehe Natuurlik Riaan Grobler Nie die Riaan Grobler wat by News24 gewerk het en by Litnet resensies skryf nie, maar ‘n ander Riaan Grobler (Adriaan Grobler op FB Hy praat van jou op 25 Mei)
              Grinnik… ek het op ‘n stadium my naam met ‘n plank geslaan en die ander Riaan Grobler aangespreek oor ‘n negatiewe resensie Hy was darem baie gaaf daaroor.

  6. Ek weet kinders grootmaak is nie maklik nie, maar as jy een wenk kon uitsonder wat jy vir nuwe ouers te gee, wat sou dit wees?
    Pick your battles
    Watter soort aandele sou jy koop as jy geld gehad het… ja, ek weet sommige lesers het baie geld… ek soek jou eerste keuse en waarom? (Eish … hoop nie ‘n taalonderwyser lees die sin nie!)
    Al die myn aandele doen redelik goed op die oomblik. Daar’s een Montauk ene wat in die laaste 3 maande met 80% gegroei het. Ek vermoed hulle is betrokke by fracking so hulle kan maar hulle 80% druk waar die son nie skyn nie.
    Watter app’s gebruik jy op jou foon? Gunsteling?
    Fb, kindle, Riders of Berk, Juice Jam, Twitter, WordPress, paar bank apps, paar eiendom apps, paar kar koop apps. My gunsteling is Kindle.
    Wat bestel jy graag in ‘n restaurant? Wat drink jy?
    Mmm…ek drink graag of rooiwyn of ‘n savanna, partkeer ys tee of melkskommel, en some ‘n cuppacino met room. Wat ek bestel om te eet hang regtig af van hoe honger ek is.
    Jy word genooi na ‘n kostuumpartytjie – as wat/wie sal jy gaan?
    Err…is daar ‘n tema? Ek was al ‘n seerower, heks, rocker, pampoen, load shedding, hula danser, boer, mal hoed outjie en madusa. Ek gaan gewoonlik maar met die tema.

    • 1. Dis belis waar… goed vir ons almal ook!
      2. Sjoe ek het dit nie geweet nie. My ou yster aandeeltjies vaar glad nie so goed nie
      3. Dis ‘n hele hand vol… maar dan dis ons ‘ou ‘mense wat maar sukkel met al die app’s
      4. Klink lekker
      5. hehehehe … Madusa????? wens ek kon dit sien

  7. 1. Moet nooit as jy stry met jou vrou of man, dit voor die kinders doen nie en moet nooit op jou kinders skree in die publiek nie. As ek deur Eastlyn ry sien ek dit soms gebeur en dink:’Ek hoop die kind word ryk, hy gaan baie sielkundige terapie nodig hê111111111 as hy groot word”
    2. Aandele in ‘n Toiletpapier fabriek. Almal op die planeet moet toilette gebruik.
    3.Whatsapp, Skype, Retrica en ‘n miljoen ander. My gunsteling is my flitslig app
    4.Elke keen as ek uiteet bestel ek iets anders want restaurante verskil. Laas staerdag het e beestong met mostersous, rys, soetpampoen, en spinasie gehad. Ek bestel gewoonlik Coke om te drink of Milo of Gluwein.
    5. Gaan kyk op my blog, elke dag is Halloween en elke dag is ‘n kostuumpaartjie. Wees eerlik, het jy hierdie mal man al eenkeer op sy blog sonder grimering gesien?

    • 1. O ja, en moenie jou kind voor kuiermense verneder nie. Soms is kinders vir hulle ouers ‘n voorbeeld
      2. Eeeeeeemmmmmm dink jy hulle het geld nodig? Gaan jy wins maak?
      3. Sjoe ek is beindruk
      4. Oooo ek moet jou nooi Ons kry hier baie gereeld tong … nie almal hou daarvan nie , maar ek hou daarvan
      5. hehehe ek sien jy geniet elke oomblik

  8. Ja, jy het jou glimlag ontlok. Dankie daarvoor!
    Raad aan ouers met kinders? Baie aandag. Gee jou kinders ál jou aandag. Jy sal nir spyt wees nie.
    aandele. Ek is te dom om sulke groot beskuite te neem. Ek sal eerder ‘n fondsbestuurders of effektetrusts gebruik, hulle weet die beste. Coronation, Allan Grey, Satrix is almal voorbeelde daarvan.
    Apps. WordPress, Whattsapp, Facebook, die bank, Dropbox
    rooiwyn, lynvis
    Ek is maar skaam sulke tye.

    • 1. Ja en saam met die voorbeeld
      2. Mmmm so jy reken geld maak geld …interessant
      3. Jy klink heel bedrewe
      4. mmmm elke keer?
      5. Hehehehehe … toemaar ek was in my lewe nog nooit eers genooi nie! Neee ek lieg een personeel funksie was cowboys… toe sit ek ‘n hoed op!

      • Nogals lief vir vis omdat ek elke dag rooivleis in my huis eet.
        Ek moes een keer aantrek soos die eerste letter van my naam. Ek was ‘n man, baard en hoed en pyp en al. Ek sien nou eers die baie foute. Duidelik op selfoon getik en nie oorgelees nie.

  9. Ek het so lekker gelag! Dankie Tina! 😆

  10. 1 ‘n Kind onder 12 se agterwereld is nie heilig nie
    2 Kitskos maatskappy of drank vervaardiger Hoejy besluit wie is ‘n lang storie
    3 Kalender & Omskakelaar
    4 Kortrib, Gnoci of biefstuk mry pepersous // Boomlode koffie of kola
    5 Jy sal moet vinnig en lank pleit om my daar te kry! dan Sal sommer gaan met die Crimpeline safaripak agter in die kas met drie penne in die bo-sak en oupa se Fedora op die kop, (1970’s staats-amptenaar)

  11. Ek dink ook maar nogsteeds aan myself as n “nuwe ouer” en het sekerlik nog baie meer om te leer as wat ek weet, maar een ding wat ek wel geleer het is dat jy nie n idee het hoe lief jou eie ouers jou het totdat jy n self n kind van jou eie het nie!

  12. no 1: Wees lief vir jou kind en sê dit elke dag.

  13. de vragen laat ik voor wat ze zijn😉
    heb geen kinderen en geen geld
    oh wacht ik gebruik verschillende apps , whatsapp – RunKeeper – openbaar vervoer – weer ens enzenz
    de lach is er en het is een dubbele glimlach🙂

  14. Bwahahaaaa vir die sambrele!!
    1. “Laat jou ja ja wees en jou nee nee” – en moenie huiwer om nee te sê nie, ‘n kindjie hou van sekerheid.
    2. Heeltemal te oningelig om eers te probeer raai.
    3. Bel en antwoord – en WhatsApp om met die familie tred te hou. (BBT, sien.)
    4. Tradisionele geregte soos bobotie en hoenderpastei saam met vonkel-appelsap en af en toe witwyn. Mmm, nou’s ek hongerrr.
    5. Vroeër sou dit die een of ander sprokiesprinses gewees het – deesdae seker maar Sneeuwitjie se heks…

  15. Op vraag 1: Moedig jou kinders van kleinsaf aan om altyd hulself te wees – moenie iemand anders se lewe lei nie. En moenie jou kind in ‘n rigting dwing waarvoor hy nie talant, passie, belangstelling het nie.

%d bloggers like this: