RSS Feed

5 Vrae

Ek wonder wat jy sal antwoord…

  1. As jy 20-miljard Rand het om in SA belê, waar sou jy dit in belê?
  2. Ek was gister vir bloedtoetse en die laboratorium was baie besig… een vrou sê: ” Öoooo ek is so bang tot my are kruip weg.” Is jy bang vir naalde, dr.’s en toetse? Waarom?
  3. ‘n Ou vrou kom vra in PnP vir R5 met ‘n brood in die hand. Ek s* eers nee, maar die woorde “Ek was honger”Laat my haar soek en geen haar ‘n geldjie.  Wat doen jy as mense jou in ‘n winkel nader vir geld?
  4. Hoe uitgesproke is jy?
  5. Het jy al vriende/kennisse van jou FB blad afgegooi?  Waarom?

En (Skuus Lou) dan wonder ek of jy al geglimlag het?

401951_289050511232254_1812431467_n

12923175_1126699740714386_8148063123472151797_n

13151420_10153716051014220_2918969489975489820_n

13254447_1718430721759373_7031085362131182674_n

13124448_1150496901668003_8621120858822872225_n

13095805_1015533395162962_2222654420713657794_n

56 responses

  1. Altijd leuk hier op bezoek te komen en het trotse jongetje is vandaag mijn favoriet.

  2. 1. I would invest in Forensic laboratories, I would like to nail criminals.
    2. Yes, I am afraid and don’t like them. I hate not being in control and I always wonder what if they are not experienced enough and damage my veins.
    3. I always say no. I always feel guilty that perhaps they really need food, but I was taught that all beggars buy booze with the money they get.
    4. Not very outspoken, but I get angry very quickly.
    5. I found a job for a lady who was a colleague at my previous job, she took some pills and fell asleep on the first day and they called me in. Very embarrassing. So I unfriended her on fb.

    Ek glimlag, ek geniet snaakse prentjies en ek is lief vir troeteldiere en so geniet ek maar die lewe.

    • 1. Dis interessant Ek het nooit so daaraan te dink nie
      2. Ek is ook maar versigtig
      3. Ek sê ook soms nee en gaan soek hulle weer en gee maar.
      4. Neeee ek dink jy is ‘n baie classy lady!
      5. Mens leer duur lesse

      Jy kan gerus in Engels antwoord Dis lekker as jy inloer.

  3. Ek gooi alle fake FB profiles af. My setting is nou so gestel dat niemand my sommer kan add nie. Enige persoon op FB wat geen ware fotos van hulself opsit nie is trolle, veral veelvuldige profiles dui daarop. Diesulkes kan jy gewoonlik nie op enige manier bereik soos bv per telefoon nie. Dikwels het hulle baie kwansuise bewyse van hoe hulle lewens lyk, maar hulle kyk na almal se persoonlike fotos en jy sien nooit die regte gesiggie nie.. Stalking in der ware. Enige persoon wat ek al jare op FB het is ook op my Whatsapp, dit gaan oor vertroue, onder andere. Iemand wat huiwerig is om iets van hulself te wys in lyn met die wat hulle as vriende “add” is erg onder verdenking. Dis ok om anoniem op blogs, forums etc te wees, maar op FB is jy ‘n trol as jy dit doen, want diesulkes lewer gereeld kommentaar op babafotos, gesinsfotos, en baie intieme dinge, sonder om ooit hulself te wys, is dit nie ‘n afwyking nie? Dis ook anders as jy net mense as vriende add wat jy darem gereeld sien. As oom Piet geen persoonlike info wys nie, maar hy add tannie Sarie is dit fine! Maar nie as hy bv iemand in UK het wat hy nog nooit eens ontmoet het nie….Ek sal egter nie gesigloses byvoeg as ek hulle nie rerig ken nie.Dis egter net my opinie. En ja ek is duidelik erg uitgesproke🙂 en ek koop vir mense brood en melk wat vra, ek dink nie te veel oof dit nie, ek kan dit bekostig, of hullr dit verdien of nie is op hulle gewete

    • Dis interessant Daar was ‘n man op Mweb blogs wat lewe voorgehou wat glad nie die waarheid was nie en hy het ons almal ‘n rat om die oë gedraai. Dan was daar ‘n vrou wat vertel het haar ma is oorlede ons het met oorgawe gesimpatiseer en amper geld gestuur vir die begrafnis toe ons veneem dis ‘n foefie.
      (Ek val ook in die geen foto-kategorie – dis weens persoonlike redes waarop ek nie sal ingaan nie. My profiel is egter geskep vir oud-leerders en hulle weet hoe ek lyk. Dan het ek speletjie profiel met vreemde mense van allerhande lande. My derde profiel is my foto-profiel )
      Jy is heeltemal reg As hulle dit wil opdrink is dit op hulle gewete.

      • Hoeveel mense is op jou profiel wat jy nog nooit ontmoet het nie? Ek het 36 vrirnde, en ken almal, en kommunikeer met almal

        • Daar is baie wat ek nie persoonlik ken nie. Dis blogvriende speletjievriende, skoolkinders, familie van skoolkinders, persoonlike vriende, interessante mense ens. Dis mos maar soos dit in die werklikheid gaan, baie mense is net kennisse en ander raak jou lewe aan op ‘n beondere wyse aan, al het mens hulle nog nooit ontmoet het. Ek hoe nie te weet hoe hulle lyk om te weet dat hulle spesiaal is.
          Aan die ander kant is jy reg mens kan nie by almal uitkom nie – al het mens meer tyd as jy aftree. Die oudleerlinge is ook in ‘n klas van hulle eie want ek kan wys ek gee nog om.

  4. Jy vra moeilike vrae vandag.
    Nou wonder ek, as jy vra van ‘n belegging, WAAR HET JY DIE KLOMP GELD GEKRY? Hmmmm?🙂 Opgewonde is ek nou.
    Moenie dit belê nie, SPEND dit! Belê net so 10% soos die reël is, in aandele en SPEND die res. Dan weet jy ten minste wat daarvan geword het.
    Nie bang vir naalde nie, maar hou NIKS van die tonnel nie. Dis AAKLIG! Ek voel ek gaan dood. Ek tel die sekondes af, bid vir almal wat ek ken, sing, doen enige ding terwyl ek DOODSTIL lê en vir HIERDIE TOORTS is dit nie snaaks om STIL te lê nie.
    As die skuldgevoel my oorval sal ek vir die bedelaar ‘n broodjie gaan koop.
    Ek was baie meer uitgesproke in my jongdae. Nou is ek spyt dat ek meer ‘taktvol’ geraak het, ek dink daarderu het ek vir mense ‘n voet in die deur gegee vir manipulasie.
    Ek het al mense van fb afghaal. Nie baie nie, maar hulle moenie by my kom dikbek wees omdat hulle eie idees oor wat ek skryf nie reg is nie.
    Ek hou van die foto van die seuntjie.

  5. 1. Ek sal nog tronke bou sodat die wetters nie op parool uitkom agv oorvol tronke nie. Of miskien ‘n privaat-college waar die “fees” nie gaan “fall” nie.
    2. Ek is net bang vir tandartse – naalde, papsmere en kolonoskopies spin my min
    3. Ek koop gewoonlik vir hulle iets te ete anders gee ek nie geld nie
    4. Te veel, volgens my man
    5. Ja, gewoonlik net omdat hulle my irriteer. Veral as hulle konstant bybelversies opsit maar hulle knyp die kat in die donker. En as hulle alewig politieke “posts” opsit – die lewe is grim genoeg en ek lees genoeg koerant.

    • 1 Ek het gedink mens moet groentetuine in die gevangenisse te skep soos in die ou dae!
      2. heheheh mens se tanne is naby jou brein …🙂
      3. Dis ‘ngoeie plan
      4. Glimlag… is hy ‘n kenner?
      5. Ja gelukkig word ek soms beter en ignoreer dit

  6. Hei, Tina – daardie trotse seuntjie is opvreetbaar oulik!
    1. In die onderwys, want ons het opgevoede mense bitter nodig…
    2. Verskriklik bang, want mens voel so weerloos.
    3. As ek het, sal ek gee.
    4. Glad nie: “Is it kind? Is it true? Is it NECESSARY?”
    5. Nee. Is wel baie versigtig om vriendskapsversoeke te aanvaar.
    Watter lekker speletjie het jy hier vir ons geskep!

    • 1. Aha ‘n vrou na my hart!
      2. Dis waar maar mense vertrou sommige mense meer as ander
      3. So gedink
      4. Sug dis waar
      5. Ek ook maar ek is altyd nuuskierig!

      Dis ‘n oefenlopie Die antwoorde was vir my vreeslik interessant

  7. monicahaddad01

    Ek sal goud koop…..

  8. 1. Defnitief nie by Eskom nie en nog minder by die banke. Nee wat, dit moet maar in die matras bly.😆

    2. Janee kyk, as dit kom by naalde, dokters en toetse hardloop ek baie vinnig. Ek gaan speel eerder met ‘n kobra of vioolspinnekop.

    3. My hart breek altyd as ek sulke mense sien en nog meer as ek hul nie kan help nie. As ek het, gee ek.

    4. Heeltemal té uitgesproke. Dis hoekom ek nie vriende het nie. Mense wil hê jy moet vir hulle lieg sodat hulle kan goed voel omtrent hulself. Ek lieg nie.

    5. Ja, ek het. Die rede: Mense stuur vir jou ‘n ‘invite’ om hul ‘friend’ te wees op FB en dan word jy geignoreer. Hul verskoning: Hulle is te ‘besig’. Maar hul is nooit te besig om te spog of te moan en groan nie. Wel, ek is ook te besig om my gat te wip vir sulke mense, want hul irriteer my, so dan haal ek hulle af. Ek haal ook mense af wat geen respek het vir die natuur of diere nie en wat lief is om hul godsdiens in my gesig te gooi.

    Bwhahahahaha! Ja, nou het ek lekker gelag! Dankie Tina. ♥

    • 1. Ek is seker jy gaan daarvan weggee ook!
      2. Lekkker chicken …
      3 Ek wroeg ook daaroor
      4Nee regte vriende vat jou soos jy is.
      5. Ek stem saam Mense sonder respek kan my grensloos irriteer

  9. 1 Gebalanseerde aandelefonds waarvan die maksimum wettige hoeveelheid rente oorgeplaas word na bank in Switserland

    2 Bloedtrek bang ek nie. Die groot probleem is dat ek nie are het nie my bloed word gefaks.
    Die ding wat ek die meeste vrees is die rekening

    3 As jy iets bedel is die antwoord nee
    As jy verder probeer is die antwoord “Watter deel van nee verstaan jy nie?”
    As jy nog aanhou is my reaksie nie vir die ore van beskaafde mense nie {ek het ‘n ses maande vloek kursus by die ou SAW se kampioen gedoen!)

    4 Om ‘n Engelse vriend aan te haal “I do not mind calling a spade a F!@#$%^ shovel”

    5 Het sommer my hele Facebook profiel eers uitgevee en toe toegemaak en laat afhaal

    • 1. En dan?
      2. hehehehe gelukkig vir jou Switserse rekening
      3 En sal jou famlie geld vra? mIs dit ook nie maar bedel nie?
      4. Ek sal maar versigtig trap!
      5. Om watter rede?

      • 1 Dan gebruik ek dit vir vakansies
        2 Myne het nie veel in nie ek het van die geld na Britse “unit trusts” geskuif waarvan 50% van die inkomste weer teruggaan Switserland toe (die Switserse rentekoers is maar laag)
        3 Hulle ken my te goed. … die reaksie sal presies dieselfde wees
        4 Nie nodig nie ek is redelik seker jy praat ook nie van “bruinkleurige natuurlike uitskeiding” nie
        5 Hulle het die reels elke 3 weke verander en dit was ‘n voltydse werk om te keer dat hulle alle inligting met elke janrap en sy maat deel

        • 1. Lekker
          2. Hoekom as die rente laag is? Is dit dan nog die moeite werd. Is dit jou neseier (as ek so persoonlike vraag mag vra?)
          4 eeeeuuuuuuwwww
          5. Ai toggie!

  10. 5. Hulle “iri” vir my, hulle kla heeldag en aldag, alles gaan net oor hulself, hulle post hul en hul kinders en ouma groot se hele doen en late op FB, hulle dra niks positief by tot my lewe jie in teendeel steel van my vreugde, hulle os net da om jou dop te hou en agter af te beakinner….. ag daar is baie redes

  11. 1. Ek sal in myself bele…. bawhaaa. Nee ek weet nie. Sal eers kyk as ek die geld het.
    2. Ek is nie bang vir naalde nie. Meeste van die tyd verlig hulle pyn. Ek is nie baie mal oor dokters nie, party het geen persoonlikheid en in bloot bot..
    3. Ek koop liewer self die brood as om die geld te gee.
    4. Ja ek is beslis. In Afrikaans meer as in “Ingels”
    5. Ja. Verseker!!!

    • 1. A-nee-A mens moet eers ‘n plan hê voor jy die geld kry en weggee help nie Geld moet geld maak!
      2. Ja ek hou van jou siening
      3. Kan ook werk, maar dan moes mens saamstap
      4. hehehe mens doen so!
      5. Interessant en die rede?

  12. 1: Ek sal dit gee vir studiebeurse vir diegene wat regtig wil leer en dit nie kan bekostig nie.
    2: Ek is die een aan die ander kant van die naald, so nee, ek is glad nie bang nie.
    3:As sy reeds ‘n brood het, sal ek eerder polonie of iets dergeliks koop en dit gee.
    4: BAIE!!
    5: Ja, as dit mense is wat ek ek bevriend het vir games en dan speel hulle/ek nie meer daai game nie.

    • Aha Skielik verlang ek na Koeitjie!
      1. Jaaa dis ‘n gawe plan!
      2. Hehehehe … ek ook nie regtig maar die meisie sukkel om my are te kry en ek ste voor sy moet dit sommer by my pols trek EEEEeeeiiissss was dit ‘n fout – hondseer!
      3 Ek dink sy het net die brood vir effek rondgedra…
      4. Moenie alleen voel nie
      5. Ek doen ook so maar daar is soveel en ek is lui om dit uit te soek Ek speel nie meer FV nie want ek hou nie van sukkel nie

  13. Die yskas en die trotse seuntjie spreek my aan.

    Anderdag sien ek n welgeklede Afrikanerseun , so 18-020 , wat armer mense by die Shoprite betaalpunt vra om sy pie vir hom te betaal. Kry toe wel n sucker. Ek wonder of die etter elke lunchtyd so op ander se onkoste smulpaap. Oppas vir die dikvelle.

  14. 1. Die land se infrastruktuur, maar ek sal die tenders mooi deurkyk😀
    2. Nee, ek is nie bang nie, maar ek het al te veel hiervan gehad en sal liewer Wimpy toe gaan as hospitaal toe
    3. Ek sal lelike gedagtes dink, die geld oorhandig en agterna my eie bas skop, want ek weet 9 uit 10 keer eindig dit op in die drankwinkel
    4. Aag wel … jy weet. Nee, ek is darem nie te erg nie. Is ek? Huh, is ek?
    5. Ja. Hulle het meer vloekwoorde as ek geken, het hulle politiek / godsdiens / sekspraatjies in my keel afgedruk of was bloot vervelige geselskap
    En (skuus Lou ja), jy laat my altyd lag.

    • 1. Ek dink jy sal meer nodig hê daarvoor?
      2. Heeehehe… jy is snaaks?
      3. Dis waar maar ek sukkel om te dink dat hulle dalk regtig honger is. Daar is dalk honger kinders tuis?
      4. Ek wonder ongelukkig ook so!
      5. hehehe ok ek is oortuig!

  15. ik weet niet hoeveel geld dat is
    ik zou op vakantie gaan en het opmaken , beleggen wordt je maar bij bedonderd
    prachtige platen heb je weer , kan er geen als mooiste aanwijzen🙂

  16. 1) In Kuns. Laat ek verduidelik. Ek sal jonmense wat nog op skool is en arm is talent kompetisies laat doen en die wat belowend lyk borg vir drama, musiek ens klasse. Veral vir Afrikaanse kuns. As hulle anderstalig is en my taal kan praat sal ek hulle ook akkomodeer. Ek voel Afrikaans word te veel afgeskeep. Verder sal ek ook kelinsake besighede hupstore gee, veral as hulle ‘n goeie bemarkingsplan het. Afrikaans sprekendes (ongeag van Kleur) sal ek eerste help. ELke persoon wat my taal praat is my mense.
    2) Ek is nie bang vir tatoeernaalde nie maar wel vir inspuitings want toe ek ‘n kind was was ek sieklik en ek haat naalde.
    3) Hang af. Ek het uitreik werk nder armes gedoen en ken die tekens van dwelm misbruik. As ek sien die persoon s nie in dwelms nie, sal ek natuurlik help.
    4) My blog sal die een vir jou beantwoord😉 As digter dig ek graag oor goed waaroor mense te bang is om te praat
    5) Natuurlik het ek al. Ek glo dat mens altyd ‘n gentleman of Lady moet wees en altyd ander mense moet respekteer. As mense nie respek gee vir ander mense nie, gooi ek hulle af. Ek doen ook so met vulgere mense of mense wat Jagfotos op hulle profiele sit.

    en ja, ek het l gelag x

    • 1. Wow ek het nog nie so daaraan gedink nie
      2. Jammer om te hoor… tog help dit mens om gesond te word?
      3. Ek dink nie mens moet vreeslik kwel oor waar die geld heengaan nie want mens kan dit nie voorkom nie. Dis soos karwagte wat rook… dan gee ek met ‘n swaar hart want as hulle honger kinders tuis het…
      4. Dis waar… en spesiaal
      5. Ek hou ook nie van die jagfoto’s en het al ‘n vrou met verlore honde en mishandelde honde afgegooi – was net te erg.

  17. Ek gee, soms te maklik.

    • Is dit ‘n slegte ding? Tog die opdrag niewaar nie?

      • Ja, ek glo ook so, en ek is nie onwillig om te deel nie, al weet ek die begunstigde gaan die gasie uitsuip. Ek dink dis beter om aan ‘n organisasie te gee wat die ouens help, maar as ek iemand op straat sien wat down and out is gee ek maar weer.

        • Ek het ook al gesien hoe werk die binnewerke van die organisasies … dit gaan nie alotyd na die armstes van die armes nie. Hier in my provinsie is daar baie Zimbabwiers (Sp?) wat baie swaar kry en hulle kry niks want hulle het nie dokumente nie Honger is honger ongeag wie of wat jy is. My keel trek sommer toe

  18. 1) In klein sake besighede. Ons land wurg hulle dood en ek’s oortuig dat besigheid werke skep, wat weer nuwe besigheid geleenthede skep. Geld skep geld. Op die ou end beteken dit ook meer geld vir Jan Taks (of die natuurlik ooit dit reg gaan inspan is seker ‘n ander saak)
    2) Tot my skande is ek vreesbevange vir naalde (hmm en tandartse)
    3) Nie sommer nie, iets spesifiek wat hul nodig het is ‘n heel ander saak.
    4) Teenoor vriende redelik, vreemdelinge nie so baie nie.
    5) Jip, elke nou en dan. Ongelukkig raak sommige vriende mettertyd kennisse en ek probeer altyd net vriende (en ‘n paar baie interessante kennisse) volg.

    • 1. Ek hou van jy dink!
      2. hehehe jy is nie alleen
      3. Ek kan so daaroor wroeg
      4. Ek sit redelik gereeld met my voet in die mond
      5. Ek het ‘n klomp kinders waarvoor ek skoolgehou het.

  19. 1. Koop ‘n privaat sekuriteitsmaatskappy vir R1 miljard. Sit die ander 19 Miljard onder my matras en laat my nuwe maatskappy dit oppas.
    2. Naalde en toetse skrik my nie, maar dokters wel. Ek is elke keer sieker (en armer) wanneer uit uit die spreekkamer stap as toe ek ingestap het.
    3. Ek is laks om net ‘n geldjie te gee. Ek sal wel vir iemand kos koop indien hulle my binne in die winkel konfronteer … en ja ek is ‘n sucker!
    4. Agter my oë lewer ek ‘n konstante stroom verbale diarhee. Oor my lippe kom nie ‘n dooie woord nie.
    5. Ek het al my Vuisboek blad geheel verwyder (jy moet 14 dae wag voor jy die transaksie mag voltrek) en daarmee saam almal op my vriendelys. Die nuwe rekening se roofkykers moet maar self loop as hulle daarna voel. Hulle is met die hand uitgesoek en ek skop niemand af nie.

    • 1. Help nou nie juis die land nie behalwe dat jou bure dalk veilig sal voel
      2. Jy moenie praat nie want ek gebruik jou nogal vir ‘n voorbeeld van ‘n ou wat siek was en nou so goed doen?
      3. So gedink ja!
      4. Ek sukkel maar en is elke keer spyt
      5 My tys ek het dit nie geweet nie… ek het 3 profiele – een om te speel, een vir foto’s en my oorspronklike sosiale een

      • As ‘n Suid Afrikaner wil ek help. As ‘n belegger weet ek jy kan slegs iemand help wat homself wil help, en Suid Afrika as ‘n kollektief het nog nie punt bereik waar ons onself wil help nie. Dus sal my bydrae ‘n skenking wees, en nie ‘n belegging nie.

%d bloggers like this: