Ag nee wat , waarom moet jou aan ander se oordeel steur? Ek lees in die Huisgenoot dat ouer mense nie pienk kan dra nie of bietjie bling op die naels sit nie. Ek beweeg in ‘n redelike konserwatiewe middelklas gemeenskap en as jy my nou vra watter klere enige persoon vanmiddag met middagete aangehad het, kan ek jou nie sê nie. Ek weet wel dat Oom V ‘n dik verband om sy arm het, want hy het geval. Noudat ek daaraan dink het Tannie E ‘n pragtige piek uitrusting aan en dit lyk pragtig. Dit maak ook nie dat ek minder deernis vir hulle het nie.
Ag nee wat, waarom moet mense juis ouer mense so uitsonder. Mens trek tog maar aan dit waarin jy gemaklik voel. Mens se behoeftes het verander. Jy is nie meer elke dag in ‘n formele omgewing nie, maar ook nie eintlik die hele tyd op vakansie nie. Waarom kan jy nie jou hare kleur nie en soms ‘n interessante kleurtjie bysit nie. Dit maak tog nie van jou ‘n ander mens nie?
Ag nee wat, kom ons vergeet maar van die suurknolle en glimlag ‘n bietjie!
Is jy nog steeds by die gebooie van die Huisgenoot?
Natuurlik en hulle sirkuleer hier op die Landgoed
Ek stem heeltemal saam Tina, mense is gans te vinnig om ander te veroordeel voor hulle daai blerrie balk uit hulle eie oog gaan haal…
Hulle het te min om te doen
hier is ek ook!! ho het ek hierop afgekom?
HAAAAAAAIIIIIII dis nou lekker! Hoe gaan dit? Het jy nie lus vir ‘n blog nie?
🙂 leuke mopjes hé 🙂
Ja ek hou van glimlag!
Ja-nee mense is net vol fiemies en oordeel. As mense my uitvra oor my ‘donker mode-styl’ en of ek rou sê ek net:’Ja ek rou want jy vand nie die ironie nie’. Meeste mense bly dan maar stil.
Hehehehe… ek dink jy kan mense sommer sonder woorde ook stilmaak?
Ja, dit hang af van die tyd, plek en persoon
Grinnik… lekker!
Pap smear!! hahahaha!!! Goeie een. Ek dink dis awesome as ouer vroue unieke dinge doen om hulle persoonlikhede na vore te bring. Daar is natuurlik diegene wat dit heeltemal oorboord vat en opeindig om te lyk soos “mutton dressed as lamb”, of ‘n hanswors van te veel grimering, maar “each to his own”.
Ek weet nie van ander ouer vroue nie maar mens koop baie minder nuwe klere want jou behoeftes is soveel minder. Dan koop mens liewer iets meer prakties as ‘n pienk minnie rompie
Die eintlike vraag is … WAAROM MAAK JY SELFS DIE HUISGENOOT OOP???
hahahahaha, nietemin. weet net die sogenaamde “voorskrifte” word toegedig aan alle ouderdomsgroepe. Moenie vir een oomblik dink “oumense” is spesiaal in die geval en die enigstes onder skoot nie. Die wereld is vol kunsmatige moets & moenies vir almal.
Ek weet dit ja, maar ek het nou tyd om sulke twak te lees … ek doen dit liewer as om my te kwel oor die gruwelstories in die nuus.
Dis nou nuus vir my, pink is so vleiende kleur by grys hare. Ek dink die mense het nie meer iets om oor te skryf nie……
Dis maar net so bietjie sensasie dink ek
Ek het nog altyd gedink pienk lyk mooi aan enige dame, oud of jonk. Nee wat trek aan en dra net wat jy wil, my ma is oor die sestig en sy het nou persstrepe in haar “silwerkroon” gesit – dit lyk stunning en funky!
Ja wat ek stem. Selfs grys is mooi vir my!
Ek ken n ou dame in haar 70’s. Soms het sy shocking pienk hare ( soos darie 1 sangeres destyds), soms hare met bloedrooi en potblou strepe in. En hoekom nie? Sy straal lewensvreugde uit en lyk pragtig en goed versorg. ” Rage, rage against the dying of the light!:
Ja ek stem!
Mooie pienk bloes of rokkie bly steeds mooi. Selfs gekleurde naels is steeds mooi. Soms voel ek om my naels ook swart te verf. Winkbroue sal beslis gelig word as ek dit doen.
Ek het verlede week ‘n swart blommetjie op my nael gehad maar dit is te opvallend en mens is heeltyd bewus daarvan Die wit blommetjie is mooi en pla niks
Lekker man! Stella gaan op ou end my toonnaels ook bietjie bewerk. Sy is besig met n nael kursus en soek persone om op te oefen. My tone is te rof op oomblik, sy gaan Bertus se tone vanaand gebruik!(nou smile ek darem lekker)
Dis lekker Lizelle doen my voete en hande want sy het ook ‘n kursus gedo9en. Dit vat net lank en mens moet stilsit. Ons voete-vrou het getrek
Ek hoop om ook maar iemand te kry wat dit kan doen. Ek sukkel om my toonnaels te sny. Veral die een kant wat nie meer so beweeglik is nie. Kry nie my been opgetrek om by te kom nie.
Wat het van jou vriendinne geword?
een etappe is
https://nl.wikipedia.org/wiki/Etappe
Ek ken dit nie
Enjoyed this post. Thank you for the smiles! 🙂
Ek het ‘n groot pyn aan klere voorskrifte.
Lank terug het ek na kritiek deur ‘n baas oor ek ‘n blou hemp by ‘n bruin broek gedra het 5 swart hemde 5 swart broeke twee swart dasse en 5 paar swart sokkies gekoop en niks anders werk toe gedra vir ses maande nie.
Die Engelse het ‘n gesegde “Mutton dressed as Lamb” maar dit sluit kinderagtige gedrag ook in
My taboe lys is
Sokkies by sandale
Kerk toe sonder baadjie en das
Enige iets met groot slagspreuke of handelsname op gedruk
Behalwe reenjas enige iets wast ‘n kappie het
Die ooms hier by die landgoed doen nogal die sokkies by sandale en dan nog met ‘n kort broek
Thanks again for the smiles, Tina. The look on that cat’s face id priceless. 🙂
🙂
Nou wonner ek hoekom g’n pienk nie – dis dan juis so ‘n vleiende kleur vir ‘n moeë gesiggie.
Dalk bedoel hulle neon pienk
Ag en ek hou dan so van neonpienk tekkies…
Jy mag maar … ek dink dit gaan eerder as die neon minnie wat jy daarmee saam dra
Bwahahaa – nee, jong, ek sal die hele wereld traumatiseer!
Chicken! ?!
Pik pik, kekkel, kekkel…
hehehehe 🙂
Vier “ag nee watte”! Wat sou Lou daarvan se? 🙂
As mens in jou jong jare funky kon aantrek, hoekom nie ook in jou senior jare nie? En sou jy dit nou nie doen nie om ander te please? Ag nee wat!
Ek het dit gebruik vir dramtiese effek?
Vrouens doen baie dinge om ander te plesier en vroue steur hulle aan sulke dinge al ontken hulle dit heftig
Ja, ek het dit so verstaan! Lekker dag daar in die Noorde.
Dankie julle kan maar bietjie reëen aanstuur
Presies net so!
Please, give me a break!!! As ek begin Ingels praat moet jy weet. In die jare van ons heidenskap het my man gesê hy het altyd geweet wanneer die drank begin praat…. ek slaan oor Engels toe. Net verlede week vir ‘n ouer dame gesê sy lyk so mooi sag in haar pienk bloes!!!
Hehehehe… ek sal maar versigtig trap as jy die Ingils begin gooi!
nu Tina
ik trek mij van niemand iets aan , ongeacht wat ze aan hebben , en ook al helemaal niet van commentaar over wat ik aan heb 😉
alleen de tekst bracht al de glimlach en de plaatjes maakten het een dubbele 🙂 🙂
Dis makliker vir mans?
ja zal wel zo zijn 🙂
Wat my betref is oumense steeds deel van die lewe en het hulle die volste reg om aan te trek wat hulle wil.Ek weet nie wie is altyd so voorskriftelik nie…gee my ‘n pyn!
Jou laaste foto is goeie raad vir ons ouens wat gereeld kamp😳😝😂
‘n Pyn ja!
Mens kry mos maar sulke mense van elke geslag.
Dis hoekom ek nie kamp nie… ok ek drink darem ook nie …