RSS Feed

Ek wonder darem…

Ek weet nie baie van politiek nie en weet dat ek my nie te diep daarin moet moet verdiep nie – dis nou vir my sielerus.  Daar is net ‘n paar dinge waaroor ek wonder.

  1. Noudat die president weer ondersoek word, beteken dit Shaik is nou weer skuldig?
  2. Hoe is dit dat mense skuldig bevind word, maar niks gebeur met hulle nie?
  3. As ek iets onnadenkend gesê of gedoen het wroeg ek vir dae daaroor, maar dit lyk of politici net aangaan met hulle lewens… lê hulle ook wakker?
  4. Ek kan nie verstaan hoe mense maande lank uitstel om ‘n rekening te betaal nie… my keel sou toetrek.
  5. Hoe kry mense dit reg om die armoede in die land mis te kyk en te beweer dis hulle eie skuld… (ek dink ek sal ‘n goeie sosialis en Katoliek uitmaak)

Wag miskien moet ons liewer bietjie glimlag… Lekker Woensdag vir jou!

11885283_1026034037427790_656157220129838555_n

11825105_880333382036283_6138963192752761347_n12249827_957539120972641_8594619709169765213_n

12359854_964609833598903_2090618243654417636_n

12410544_940528752684734_5174222403294310851_n

13091945_1711158885819890_3494761111413842057_n

22 responses

  1. Ek wonder ook oor baie van die dinge waaroor jy wonder – dankie tog vir jou, eindig dit hier by jou altyd met n glimlag.

  2. Daai laaste een sê baie waarheid!

  3. Ek wil vandag nog met Transkei Limo Rentals in aanraking kom, dit gaan my baie goedkoper uitwerk as my huidige voertuig!

  4. OK… waar begin ek? Blameer jou ouers oor jou verwarring… hulle het jou Christelike maniere geleer. Daar is deesdae baie min van ons wat nog daai waardes verstaan. Dan… om te neig na daai twee wat jy noem… ek dink amper die een wat met K begin is erger as die ander. Glo my vry, ek bly in ‘n land wat hul self verkondig as K… ek wonder baie dae wie’s erger… Zuma en sy spul of die spul???

  5. Ek hou van die geraamte…

  6. Geen kommentaar. Politiek is oral dieselfde.

  7. Really good questions, Tina. I think some people just have no consciences. I also think they’re beyond arrogant. “Egrets I have a few.”😆 Every time I see an egret, I will remember this and smile.

  8. ik moet ook niks van de politiek hebben , die is zo smerig en door en door verrot
    maar gelukkig bracht jij ons wat glimlachjes
    ja hier gaat de temperatuur richting 20 en in het weekend over de 20 graden , heerlijk😉

  9. Shaik is reeds gevonnis–hy sal seker op mediese parool bly. Limo rentals is oulik!

  10. egrets , I’ve had a few !

  11. Hehe…sebra se strepe hang om droog te word…kostelik!
    Ja Tina,party mense het nie gewetes nie.

  12. Geen antwoorde hier nie. Voel ook soms lus om ander skoene aan te trek en weg te hol. Het die zebra rugprobleme? Lyk asof hy ‘n borstrok dra.

%d bloggers like this: