RSS Feed

Sondag Kopies

Hier is ek terug met die gewone Sondag Kopies (ek wonder nog altyd of dit dalk nie een woord moet wees nie soos winskopies) Ek het wel iets spesiaal vir Thys wat ek self aangeskaf het en baie sterk aanbeveel vir alle lesers.

Ek hoop daar is iets vir jou wenslysie en indien nie dat jy tenminste sal glimlag.

12993499_142168986184021_7541216594465482238_n

13076627_1158100697557885_11801809427611464_n

935994_581906841844442_567473845_n

13001197_1696844980575337_8814248146066899353_n

8d339df775bbdd7fa81d7dc5ca81e8f4

11063423_1028354907176283_1100085429130856614_n

Ek was altyd ‘n ondersteuner van die Reader’s Digest  SA  maar die uitgawe is verlede jaar beëindig en dit het ‘n groot leemte gelaat. Ek het egter selfs ‘n beter plaasvervanger gekry.  Gevul met die interessantste goed. Kort artikels oor ‘n groot verskeidenheid onderwerpe met die allermooiste foto’s.  Dit word twee maandeliks uitgegee en kos maar R45  wat min is in vergelyking met ander maandelikse tydskrifte. Doen jouself ‘n guns en koop die uitgawe.   (Die naam gaan net verander, maar moenie dat dit jou keer nie)

001

26 responses

  1. monicahaddad01

    Daardie quilt sakkie het my nou so inspireer1

  2. Mooie reeks weer maar de kousen met x stralen uitvoering..super zeg.

  3. ja ik had een fijn weekend
    nu op naar een fijne week🙂

  4. Ek gaan beslis daardie tydskrif aanskaf.

  5. Daai toiletsitplekoortreksel (een woord!) is ‘n liederlike ding–ek dink altyd aan die ouens wat so sleg korrel.

  6. Dankie.🙂 Die tydskrif lyk so interessant!

  7. Daar is nie ‘n manier waarop ek in daardie swembad gaan swem nie. Liewe my maag draai om net daaraan te dink. Baie bly die toiletoortreksels is nie meer mode nie!!!! Ek het nie gebreide nie, maar so ‘n mooi blougroen ‘fluffy’ stel met matjie en al gehad 😯 Mooi dag vir jou!!!

  8. hier is na een druk
    maar mooie tijd het weekend gedaan
    heb niets meer nodig voor de zondag🙂

  9. Ek gril my dood vir daai toiletoortreksel!!
    Pannekoek asseblief…lekker koud by ons!

  10. ‘n Pannekoekie, dankie. Dis vreeslik vrek koud hier (20 grade C). Die son skyn so poeperig en die wind waai my wenkbroue deurmekaar. EK WIL MY SOMER TERUGHê!

%d bloggers like this: