Om vandag kinders groot te maak, is voorwaar nie maklik nie. As mens na die pryse van kos, klere en ander basiese behoeftes kyk. trek jou keel toe. In die week se plaaslike koerant word daar berig dat ouers begin sukkel om met die skoolgeld by te kom.
Ek voel vreeslik dislojaal, maar diep in my hart weet ek dat daar beslis ook by skole gespaar kan word. Aan die ander kant wat sal die stomme eerste rygbyspan nie moet ontbeer nie. Die manne moet tog van klein tyd af leer om ‘n ingeligte mening te kan gee oor een of ander afrigter en as hulle nie elke jaar kan toer of op ‘n baan moet speel sonder spreiligte, sal dit afbreuk doen aan hulle manlikheid. (Skuus – ek wou nie gal braak, maar ek wonder al meer en meer tuisonderrig wil ondersteun nie)
Wag kom ons moet darem eers nou glimlag …
Ek stem dat daar te veel van Rugby gemaak word. Tuisonderrig is vir my glad nie n opsie nie, tensy ek op n plek land waar dit al opsie is. Ek glo nie daaraan nie, kinders moet blootstelling he, moet met ander leer kommunikeer en moet in groepsverband kan funksioneer anders (glo ek) sal hulle nie noodwendig so goed aanpas in die werk- en grootmenswereld nie – dit is slegs my opinie.
Ek het ook altyd die tuisonderrig met hand en tand beveg soos jy. Nou is ek nie meer so seker nie Ek volg ook twee blogs van mense wat tuisonderrig doen en hulle doen die oulikste goed. Die kinders skakel ook vir sport in die middae by skole aan Maandae middae is bv uitstappie dag dan gaan hulle met kander kinders ‘n les in die buitelug doen
Ja die liewe sport wat so baie geld opsuig. Was nog altyd maar n probleem selfs die “arme” opkomende rugbyspelers is sommer met die punte op rapport ook gehelp. (Galbraak)
hehehehe… gelukkig is dit nie meer my saak nie
Netso, lekker om op kantlyn te sit en te kyk!
Dis so en die ou hoof het nou ook afgetree en daar is nog enkele bekendes daar oor
Jy is so reg…ek was woedend toe my jongste nog op skool was.Die rugbyseuns het met luukse busse gaan toer,terwyl ‘n hele hokkiespan elke jaar in ‘n minibus met ‘n sleepwa gedruk is,met ‘n arme senuweeagtige onderwyseres aan die stuur.Die ding was nog onpadwaardig ook..die nooddeur konnie oop nie.Die hoof het net sy skouers opgetrek en koning rugby het weereens konig gekraai.Dis wat mens besparing noem!!Nou het ek ook gal gebraak…skuus!
Jou grappies het my weer gekalmeer😂😂
Hehehehe ek hou van die ondersteuning Eintlik is dit nie nuut nie Dan praat ek nie oor promosieposte wat vir die mans gegee is en as jy trou verloor jy jou permanente pos! Ek voel darem vandag beter en hulle moet maar opsn ork
Ja al daardie diskriminasie…ek het dieselfde vir my studies betaal,maar minder salaris gekry!Nou spook die verlede by my…gelukkig is dinge darem vandag beter.
Dis waar! EN dan het die man nie sy boeke nagesien of voorbereiding gedoen en niks oorgekom nie
Spreiligte is tog ‘n noodsaaklikheid vir beste onderrig in die nasionale godsdiens {beter bekend as rugby} mens
2016-04-28 15:00 GMT+02:00 rondomtaliedraai :
> rondomtaliedraai posted: “Om vandag kinders groot te maak, is voorwaar > nie maklik nie. As mens na die pryse van kos, klere en ander basiese > behoeftes kyk. trek jou keel toe. In die week se plaaslike koerant word > daar berig dat ouers begin sukkel om met die skoolgeld by te kom. ” >
hehehe vertel jy my…
I really don’t know how some families cope with all the prices hikes. It must be a real struggle. Thanks for the smiles. Love the Chinese car prang. 🙂
Dis juis die lae middel klas wat begin swaar kry
😦 So hard for them.
het is goed om je hart te luchten
en het is zeker niet makkelijk om als gewone man modaal alles te kunnen bekostigen
de glimlach is er ook voor al dat moois 🙂
Mens kan nie meer baiekinders bekostig nie
nee de prijzen zijn absurd hoog 😦
Net so!
😦
Koes!
Grinnik… jammer… ek moet soms gal afgaan
Haha, ek sal maar liewer nie spring nie. Jy’s reg omtrent die skole, ek dink baie min skole is werklik nog ingestel op akademie.
Ek moet eintlik nie die goed lees nie want dis nie meer my saak nie
Ek stem nie saam nie. Mense moet hulle menings lug, anders dink die wêreld hulle kan maar aankap soos wat hulle wil en jy het ondervinding van dié dinge.
Vandag voel ek al weer heel vergewensgesind
Haha, gister se probleem is vandag nie meer belangrik nie? Ek voel ook soms so.
Dis lekker van die ouderdom
Dankie vir die grinnik. Hoop dit gaan goed
Goed dankie – hoe lyk dinge jou kant – Jy is ook baie stil