RSS Feed

Grinnik…

Met al die jare in die onderwys raak mens gewoond aan vergaderings, wat eintlik   eenvoudig is (Datum, tyd, Plek, Agenda). Jy vertel vir mense wat en hoe hulle moet doen of die DEPARTEMENT lees uit ‘n omsendbrief hoe hulle dinge gaan verander en jy kan nie waag om vrae te vra nie, want die antwoorde is gewoonlik dieselfde:

  1.  Daar is nie geld nie.
  2. Ons gee aandag daaraan.
  3. Dit gaan binnekort gebeur.
  4. Dit het verloor in die pos  – en die gaan aan en aan.

As jy oornag ‘n gawe plan gekry het en jy praat met die hoof, is die antwoord gewoonlik:

  1. Daar is nie geld nie.
  2. Daar is nie tyd nie.
  3. En (skuus Lou) nog baie meer – ek is seker Lou en ander kollegas kan nog baie byvoeg.

Gistermiddag het ons toe ‘n beheerliggaamvergadering op die landgoed. (hou is gedagte my IK is nie baie hoog nie, en die agenda en notule is vir my so deurmekaar soos ‘n blikkie sardyne wat op die grond geval het)  Ek hou darem my mond en kniK gepas instemmend op die regte plekke, my kop.  Ek kry ‘n geleentheid om die inwoners se klagtes te stel: o.a. die besproeiing-slote  en die die miere wat die land oorval het. Ek is heel in my noppies huistoe, want behalwe om te vra wat Telkom se probleem is, weet hulle mos nou. Hulle sal seker oor so maand aandag aan die sake gee.

Vanoggend 07:00 is daar ‘n woeste lawaai en die besproeiing-manne hark aan die klippe  dat die aarde bewe EN ‘n ruk later word ek bewus van ‘n vreemde reuk – ‘n man is fluks besig om vir die miere te spuit.  Sowaar sulke vinnige diens kry mens nooit in die onderwys nie. (Okei dis nou nie alle maanskyn en rose nie, maar dis lekker as mense dadelik aandag gee aan sake)

Het jy al geglimlag vandag? Ons sal iets daaraan moet doen!

12311282_959116020814951_6260552778903245748_n

13051520_1045122438880975_6434093372918242349_n

11947557_960270324036079_4183896955265062395_n

10255604_674021449324411_5315659425367143464_n

11990562_974200219309756_1834753426924362270_n

1613952_10152161487647054_4893828378758942707_n

 

53 responses

  1. Nou toe daar het jy dit nou…. daar is voorwaar nog plekker waar daar vinnige diens is🙂

  2. Grin? Now that would be a sin, for these are all ROFL (rolling on the floor laughing)!

    PS: my fave is the last one, though (marketing sure is a tricky business, huh?!):mrgreen:

  3. Weet warvan jy praat. Ons het dit belewe. Nie in die onderwys (ek was by ‘n mynbou maatskappy betrokke vir 35 jaar en daar was nie ‘n “more” nie. Alles het vandag gebeur.} maar wel met die munisipaliteit aan die Oos Rand! Ons moes van die Boksburg kantoor gebruik maak. Jy was gelukkig as hulle ‘n telefoon antwoord en dan was dit ongelooflik as jy iemand kon kry wat bereid is om te luister. Dinge het, soos vir jou by die Landgoed, verander met ons skuif Stilbaai toe. Die Hessequa munisipaliteit is ongelooflik! As die persoon wat jy bel nie beskikbaar is nie, word jy klokslag teruggebel. Stukkende pype wat aangemeld word, word onmiddelik reggemaak. Tot gereeld mense, met groen oorpakke, op die strande om die dooie seeplante op te tel!
    En so terloops… weereens laat jy my glinmlag!

  4. Wat ek hier sien is dat mens nooit mensself moet onderskat nie. en wat së jy van jou IK, sies man, ek sal nooooit dink jy is dom nie!

  5. dit zijn geintjes welke ik in de mail krijg
    en donderdag ben ik de hele dag buiten en dus doe ik het zo🙂
    zitten mooie bij hihi

  6. En jy praat van vindingrykheid? Kyk net hoe vindingryk is jy!🙂
    Ek het vandag na Dave Pepler gaan luister. Hy het geweldige kennis oor parfuums, maar so tussendeur het hy ons dames laat skaterlag, soms laat sluk van skaamte ook!🙂 Dankie, jou laggoed is ‘n goeie manier om die dag mee af te sluit.

  7. dank je , ik zal de hele week genieten🙂

  8. Ek stem ook vir die pratende padda – geniet die besproeing en lewe sonder miertjies

  9. Ek sal ook die pratende padda hou – volgende keer kan hy sommer namens my vergadering toe gaan!

  10. Weer heel fijne lachwekkende prenten

  11. Haha,ek het nou so lekker gelag vir al jou prentjies!

  12. Onthou ook nuwe besems vee skoon. Ek is bly hul het personeel genoeg om die werkies te doen. Die miere soek net blyplek vir die winter! Die vergaderings is maar altyd n pyn want jy praat en almal knik instemmend en niemand volg dit op nie.

  13. So dis hoekom die vrouens en kinders eerste gaan – ek het nog altyd gewonder.

  14. Vergaderings, ge-open met skriflesing en gebed. Dankie ook vir die slow cooker .

    • Net so… hierdie mense kom sit en praat een strook deur in Ingils en Tinatjie moet konsentreer om by te bly. Ek het na die tyd besluit ons is net op die kommitee om hulle besluite goed te keur. Gelukkig het hulle baie geld in die projek so hulle sal hulle belegging beskerm .

  15. Ai die liewe vergaderings!!

    Was Area sekretaris vir Telkom in die Noord-Kaap op ‘n stadium. Notule van vorige Agenda van die een wat kom ens was deel van my werk.

    Om die veslae van die afdelings te kry was moeliker en minder aangenaam as om jou toon met ‘n teelepel af te sit

    • Ai dit kan ‘n kopseer wees. Is jy nog by Telkom dan sal ek in my spoor moet loop want ek kan my nogal opwerk oor hulle.

      • Nee my liewe mens ek is op vervroegde pensioen. Met die begin van die laaste pakette was die voetsek bedrag gelyk aan 10 jaar se pensioen bydrae en ek het na gesprek met die finansiële raadgewer en die rokvolk regering dadelik daarvoor aansoek gedoen. Die frustrasies wat ek ervaar het met hoërvlak klagtes en die gebrek aan dringende reaksie en belaglike oplossings was in elk geval besig om my al hoe maller te maak.

        Telkom sal hulle nie opwerk oor jou probleem as jy ‘n gewone huisklient is nie want hulle weet die selfoonmaatskapye vra 8 tot 15% meer en is in 70% van gevalle in elk geval van Telkom se netwerk afhangklik.

        • Ag ek is jammer. Telkom het goeie werkers soos jy nodig.
          Ek gebruik tans ‘n plaaslike maatskappy wat ‘n antenna op my dak het en uitstekende diens lewer – hulle gebruik Neotel, maar die mense wat nie internet het sien uit na die Telkom mense. Dis slegte nuus vir hulle

          • Kom ek vertel jou van die ergste een wat ons gehad het. Ons het die ou koperlyn (weens onophoudelike diefstal) vervang met ‘n syband radiostelsel,

            Die het egter ‘n herhaler tussen die mikrogolf toring en die klient nodig gehad wat krag moes hê.en ons het ‘n paar sonselle en ‘n langlewe battery opgesit.

            Die sonselle is gesteel

            Ons bou toe die selle vas in ‘n hoekyster raam

            Een ry en een kolom selle stukkend geslaan en die res gesteel

            Ons sit toe selle hoog op die paal en wen ‘n halwe rol lemmetiesdraad teen die paal op

            Die paal is teen die grond afgekap en die sonselle gesteel

            Het klient laat weet dat ons verder diens sal verskaf as hy bereid is om drie maal die normale huur sal betaal en ‘n vyfjaar kontrak teken vir ‘n satteliet diens

            Dan vra jy hoekom ek my badwater drink!

  16. jy is gelukkig! Ons het 7 maande vir die regmaak van ‘n straatlig gewag!

  17. That’s very quick service Tina. You are obviously ‘She who must be obeyed’.😀 Thanks for the smiles too. xx

  18. Sien jy nou, verwag die slegste en kry die beste. Of het ek nou die spreukwoord verkeerd? Dankie vir die grinnik.

  19. nu de glimlach is er
    en ik laat dat vergaderen wel aan jou over🙂
    hopelijk is er genoeg water voor de besproeings sloten

%d bloggers like this: