RSS Feed

Sondag Kopies

Die week was die kopies wat my pad gekruis het baie skaars en daarom wil ek jou vra wat jy graag by die Sondag Kopies sou wou sien en as jy baie geld kry (dis nou as jou skip aangekom het) wat sou jy graag daarmee koop?

eb7217d37becf9337b432d93608c3268

Hoop jy het ‘n wonderlike week – dis amper weer lang naweek!

32 responses

  1. As my skip kom bespreek ek dadelik ‘n “fully inclusive” vakansie vir ons viertjies. Ek beleef ‘n emosionele moegheid wat net nie wil wyk nie. En dan gaan maak ek vir my ‘n geskenkwinkeltjie oop met allerhande tuisgemaakte dingetjies. Juwele, borspelde, quilte, klere, kerse. En as dit nie geld maak nie, so what, ek sou dit darem geniet het.

  2. Wat een fantastische schoen

  3. Dit sal oulik wees as jy by Sondag kopies regte produkte opsit, iets wat rerig bestaan maar wat dalk absurd of kontroversièel is. Nie net snaakse karre en dinge nie, los hulle eerder vir die week se randomness.

  4. Wat van jou Tina, wat sal jy koop? Ek weet werklik nie wat ek sal koop nie…. sal net lekker wees om in kar te klim en te ry waarheen ons lus het, wanneer ins lus het, en by lekker plekke te slaap sonder om die sente om te draai.

  5. Ek sal al agter die somer aantrek, per boot, vliegtuig, motor – maak nie saak nie. Net warm sonnige dae vir my. Dalk sal ek ‘n boot koop en al om die wêreld seil?

  6. As die lotto balle reg val vir ons, koop ek n lekker karavaan, kry vir Joubert n privaat onderwyseres (met haar eie karavaan), bank die res van die geld sodat ons van die rente kan lewe, reis permanent deur die land, verkoop elke nou en dan n foto of artikel vir n sakgeldjie…

  7. ik had ook weinig nodig deze week🙂

  8. ‘n Vriend van my noem hierdie soort skoene high hells en beweer hulle het hul ontstaan te danke aan Eva se ‘glipsie’ met die vrugteslaai in die paradys

  9. Woo Hoo! I’d be riding high in those……….until I fell and broke my neck.😀

  10. Um, ‘n vliegkaartjie Frankryk toe vir jou? En dan kom kuier ek?

  11. Aan die einde van ons vakansie by die kinders in Switserland vind ek myself nou op ‘n welsynslys, bv R46 vir ‘n simpel koffie met koue melk, so my Sondag kopies is op het einde, alle kopies, he, he, he.

%d bloggers like this: