RSS Feed

Liewe Kinders…

Voor my betoog wil ek net vir Sylvia   wys dat een van haal vriende ‘n besoek aan die Landgoed gebring het.  Hehehehe ons het al om die blok gery om ‘n mooi foto van hom te kry en toe ons gaan stap het hy opgevlieg toe ons nader kom.

DSCN8993 (2)

Terug by die rede vir die blog. Dis ‘n vriendelike versoek  aan kinders wie se ouers in aftree-oorde woon:

  1. Sorg asb. dat hulle altyd lugtyd op hulle fone het.  Moenie dit as vanselfsprekend aanneem dat hulle onthou om te vra of dat hulle kan kyk hoeveel beskikbaar is.  Laat geld by die kantoor vir ‘n noodgeval. Waak ook daarvoor om sy/haar bure in beheer van hulle TV’s te maak … hulle weet soms minder as jou ouer.
  2. Moenie die ander inwoners verantwoordelik maak om te bel as daar ‘n probleem is nie – volg die korrekte kanale. Hou in gedagte dat alle stories wat jou ore bereik altyd ook ‘n ander kant het.
  3. Sorg dat jy as jy vertrek altyd die persoon verseker van jou liefde.  Moenie net heeltyd fout vind nie. Kyk maar oor klein goedjies soos vorige opdragte wat nie uitgevoer is nie. Jy gaan nie vir ewig die geleentheid hê om die liefde vertroetel nie.
  4. Almal weet jy is VREEEEESSSSSSSLIK besig en hoor dit elke dag.  Moenie jou gesprek elke keer begin met hoe besig jy is nie. Jou ouer voel asof die opoffering baie groot is en onthou jy gaan ook eendag so afhanklik raak. As sy/hy eendag nie meer daar is gaan jy dit ongelooflik mis.
  5. As dit moontlik is neem jou ouer soms uit vir ‘n ete/koffietjie – hulle geniet dit baie en sien baie daarna uit. Probeer om pret saam met Oupa en Ouma te hê want dit gaan jou beste herinneringe wees.

Bowe al moet jy onthou dat dit beter is, om positief te bly as om jou lewe te bederf met negatiewe goed.  Glimlag?

12932661_1193740573978741_9168707533999602491_n

12985629_1437117933059802_1433737186021270859_n

12644983_1702943503283151_721178422861847691_n

11695920_1635056463404313_3565331660910225559_n

11163756_10154097009557783_8149210855461290805_n

1929876_978932952188592_8008547388600460292_n

 

28 responses

  1. Die van de oudere lady’s vind ik het geweldigst

  2. Jou foto is pragtig Tina!! Dis sulke waar woorde wat jy hier geskryf het! Die verskoning van besig wees is, is op die ou end nie ‘n verskoning nie!! Lekker dag!

  3. Dankie vir hierdie wonderlike bloginskrywing. Ek het dit ook nodig gehad want my draad is ook soms heeltemal te kort. Sal jy asb nóg sulke bloginskrywings doen?
    Daar is regtig te min geskryf vir mense met ouers of ander ouergarde in ouetehuise of in hul sorg. Ek wéns meer mense wil daaroor skryf.

  4. Dis ‘n pragtige foto Tina! Hulle is darem sulke mooi voëls.😀

    Dis baie goeie wenke vir die kinders wie se ouers in aftree-oorde woon. Ja, die ‘besig’ storie irriteer my altyd verskriklik. Ek sê dis ‘n verskoning wat mense gebruik as hulle jou nie regtig wil sien nie. As mens lief is vir iemand of omgee vir ‘n persoon dan maak jy tyd. Jy maak nie verskonings nie. Baie van daardie ouers het hul hele lewe gegee aan hul kinders en hulle was nooit te ‘besig’ nie.

  5. Van die lekkerste herinneringe wat ek het is van vakansies wanneer my Oupas en Oumas saam met ons weggegaan het. My laaste Ouma is 4 jaar gelede oorlede, 2 dae voor haar 91ste verjaarsdag en het nog tot kort voor haar afsterwe saam met ons Wildtuin toe gegaan. Die uitsien na die volgende Wildtuin vakansie het vir Ouma Mollie soveel beteken. En daarom maak ons n punt daarvan om my ma en skoonouers ook minstens een keer n jaar saam met ons weg te vat, want ek gun Joubert dit om ook eendag sulke wonderlike tye saam met spesiale mense te kan onthou.

    Sit ek nou met n knop in my keel…

  6. Pragtige foto!
    Dit is ‘n interesante artikel met ‘n paar baie goeie punte, ek dink jy kan ‘n boek skryf.

  7. Selfwaarde! Baie belangrik. Die kinders en ouers storie is so oud soos die berge. Die wat skuldig is is juis die ouens wat nie lees nie want hul weet presies waaroor dit alles gaan. Mooi foto hy kom seker die padda soek vir aandete!

  8. van het betoog is mij veel ontgaan
    maar de glimlach krijg je🙂

  9. Goeie raad,Tina.Sjoe daai pastoor was hemel toe en hy kom wragtag terug om geld te kom maak uit liggelowiges!😜😂

  10. Back from heaven! Good heavens!

  11. Gorgeous photo of the Heron, Tina. So nice to see Mr. GBH’s cousin.🙂 I so agree with everything you have said about caring for the elderly. They are quite helpless and we need to be very mindful of their needs. It’s the least we can do to show our love.

    • Ek was so in my noppies toe ek hom sien Die foto is nie te goed nie want die lig was al sleg en ons kon nie nader kom nie – ek het baie foto’s van sy agterkant geneem

  12. Haha Albany! Jy is reg wat alles in jou betoog aanbetref, maar dan moet ek jou ook sê, daar is party moeilike ouers ( vra maar my dogter). Ek het feitlik op die ouetehuis se agterstoep gewoon en my ma voortdurend uitgeneem, feitlik elke dag by haar aangedoen vir ‘n geselsie, haar dokter toe geneem, haar inkopies gedoen (en vir aloles betaal, insluitende die ouetehuis en haar medies). Sy het dit verwag van my, tog, wanneer my broer een keer per jaar vir haar kom kuier het op haar verjaardag, het sy vir weke lank daaroor gestraal. Dit het my soms baie vies gemaak, hoewel ek besef dat die ouderdom ook sy kwinte en kwale meebring. Ons is maar almal menslik.

%d bloggers like this: