Oudword is nie vir sissies nie. Ons was vanmiddag by ‘n dame wat verlede week oorlede is se gedenkdiens. Daar is baie mooi goed van haar gesê, maar dit maak nie ‘n verskil aan die feit dat haar plekke leeg is nie. Vir almal wat hier woon was dit die laaste trek en hoewel dit dalk vir jonger mense skrikwekkend klink, is daar ‘n saligheid wat jou laat besef dat die dood nie so erg is nie. Ons leef nie in somberheid nie – in teendeel ons het ongelooflik baie pret en plesier. Al wat ek wil sê is dat die dood net maar ‘n deel van die lewe is.
Genoeg van mistroostigheid – Maandae moet ‘n mens darem glimlag nie waar nie?
Die toebrood (jie) 🙂 en die drie ape of gorillas of wat hul ook al is!
Ja die dood is deel van die lewe,maar dis steeds iets waarvoor ek bang is.Lekker gelag vir al jou oulike prente!
Ag nee as mens dalk siek is en baie pyn is dit swaar maar die dood is net vandag is jy hier en die volgende oomblik nie meer nie
Dis juis daardie siekwees en wag vir die dood wat my bang maak.
Dis juis waarom ek nie daaraan dink nie want ‘n kar kan jou more omry Mens maak jouself net sikere reken ek. Miskiien is my bek net groot
Nee jy is heeltemal reg.Mens moet in die oomblik leef en elke dag geniet…nie vooruit dink aan iets wat dalk nie eers so gaan gebeur nie.
Net so!
Laugh at ourselves – dis so belangrik!! Ek hoop dat ek eendag sal kan oud word tussen ‘n groep mense van my portuur, saam wie ek G&T’s kan drink, en lag en skinder en foto’s kan wys van my oulike kleinkinders.
Ons het regtig baie pret Ek het nooit kon dink ek sou so gelukkig wees nie. Ek is maar ‘n eenkantmens en selfs die middagete is vir my lekker Dis heerlik om mense te hê om goeiemore voor te sê. Ek het altyd gedink alleen wees pla my nie en ek sou dit weer kon doen tog is die samesyn baie lekkerder
Omtrent n lag met n traan vandag…
Net so!
Yes I so agree with you. Life must go on and we have a duty to make the most of every moment. Thanks for the smiles and the lettuce sandwich. 😀
Ja en ons moet streef na geluk!
Sug is nie so erg nodig nie! Mens sien net modder spat waar hy val. Geniet jou dag more. Ons het n aardbewing gehad 5.2 net toe ons onder tafels wil induik was dit verby. Kinders is darem oulik/vreemd met hoe hul reageer op n volwasse mens se aanmerking. Van hul dog dis die wind wat so waai!
Ai dis ontstellend … laat my dink aan die tyd wat ons by skool so onder die tafels moes skuil vir kommuniste
Ha ha, ja wat, dis ook maar nodig. Was nie kommuniste nie was rerroriste! Die tyd in Secunda was ook maar gevaarlik gewees met al die beskerming en patrolering wat ons moes doen!
Net so!
Een van my skoolvriende se pa het twee groot wolfhonde gehad … Die een was Adolf en die ander een Hitler.
Solank jy nie soos my ma dink en die plek as die doodspoorte beskou nie. Sy het geen poging aangewend om uit haar kamer te kom nie.
Sal nooit die ou tannie se gesig vergeet wat die eerste dag probeer vriende maak het met. “Is jy ‘n nuwe intrekker? ”
Ma se reaksie “NEE ek het kom doodgaan .. hoeveelste is JY op die lys?”
Ai ja daar is ook diegene wat so redeneer. Ek is egter gelukkig om vreeslike oulik bure te hê 89 en 82 en ek kan nou ook vir hulle iets beteken en hulle rondry en dinge vir hulle doen. Wens net hulle wil ophou om vir alles te wil betaal.
wens ook jou een fijne week
Dankie
Leukj de drie apen vind ik het plezantse
Lekker as jy inloer!
hahahahah! Hoe lekker lag ek nou. Die Boxertjie is tog te vreeslik dierbaar en ja, ons is bitter stout om naak te stort. Ek verkies egter om naak te bad. LOL!
Nou skater ek vir die angry wife wat vir haar ‘n sandwich gemaak het. Ja, hy wou mos! hahahahah!
Die orangutangs is absoluut skatlik en tog so prettig. Ja, op die ou einde gaan ons maar almal dood. Geen verbykom kans. Al wat belangrik is wat ons doen voor ons gaan en om so saam met jou te sit en lag vir die kostelike prentjies is deel van daardie plesier. Dankie Tina! 😀 ♥
hehehehe … dink net hoie dit lyk as jy in en uit klim – geheel en al skandalig
As die hele brood gevul is kan dit lekker wees?
Lekker aand
Verskriklik skandalig ja. hahahah!
Nou praat jy! 😀
Dankie en lekker aand vir jou ook. ♥
🙂
dat zijn mooie en goede woorden
en de glimlach is er hoor
Ek is dan bly!
🙂
Die bunny chow. Ek was verbaas in die ouetehuis waar my ma gebly het, dat hulle baie van die roudienste vir hulle inwoners sommer in die groot sitkamer gehou het, maar hulle sê, om totsiens te sê is vir die oues baie belangrik en laat hulle kalmer voel.
Ons het my ma s’n ook daar gehou Vir my hoef hulle nie eers iets te doen nie
Sê ek ook. Ek het tog nie ‘n familieplaas waar ek in die familiekerker kan gaan lê en rus nie.
Hehehe… sê jy my…
😀 I love the last two. 😀 🙂 🙂
Grin … thanks
Ag my moederr daardie ou honne is so oulik! Seker maar effens slobberig, maar oulik!
Hy laat my sink aan Newsy se bokser
So is dit. Maar jou lag goed was net die regte ding vir my vandag!
Dan is ek bly!