RSS Feed

Water

Ek het reeds in die verlede vertel dat ons van tyd tot tyd sonder water sit en dat ons almal water agter ons badkamerdeure bêre vir ingeval die munisipaliteit weer ‘n dun verskoning het.

In Januarie het die Beheerliggaam besluit dat ‘n boorgat gesink sal word en twee tenks gekoop sal word. Die water sal dan vir die besproeiing aangewend word   en as daar ‘n probleem is, sal ons oorskakel na boorgatwater.

Ons het bespiegel en gewag,  bespiegel en gewag… en gewag… en gewag.  Vanoggend het ons wakker geword met die bekende gedoef-doef en met nadere ondersoek was die boormasjien al opgeslaan en fluks besig.  Met etenstyd was hulle al op 65meter en nou is dit stil. Ons wonder oor die water en hoeveel.

Eerste waarneming by my agterdeur.

DSCN8981

Fluks besig.

DSCN8984 (3)

Interessante masjien

DSCN8987

 

 

72 responses

  1. Dit is jammer die gat was droog – dit is duur om te boor

  2. Dis nou jammer, Tina! Dalk kry hulle op ‘n ander plek!

  3. Ek hoop hulle probeer nog n slag of twee, Tina – die boorgatwater gaan darem baie help daar by julle.

  4. Hoe lyk dit? Moet daar n tweede geboor word omdat daar nie water is nie?
    Hou duime vas dat alles goed afloop.

  5. Ek onthou soos gister die boorgat by ons huis op Delportshoop. My pa was skeikundig opgelei en het nie veel geloof in die waterwysers gehad nie en het gevra of hy die mikstok kan voel draai . Hy het sy kant so styf as moontlik vas gehou dit het in sy hand afgedraai. Dit was nog ‘n ou stamper model boor en het op parafien geloop. daar was ‘n syfer watertjie op vyf en dertig voet en sterk water op sestig voet.

    Ek hoop julle kry water .. selfs met Eksdom se huidige kragpryse is dit nog steed goedkoper as die wat die dorp/stad verskaf

  6. Wie het vir hulle vertel waar om te boor?
    100 m is baie baie diep.

  7. Ai Tina, dis ook net jy wat so ‘n onaansienlike masjien as interessant sal beskryf! Ek hou duimvas dat julle sal kan se “Daar’s water!”

  8. Ons kuier paar maande terug by ons seun in Shelly Beach. Hy waarsku ons dat die buurman maar lawaaierig kan raak met sy gereedskap. Volgende oggend word ek wakker en die hele wêreld is die ene lawaai. Nee my liewe sê ek vir my man so ‘n buurman moet aangekla word, gn mens sal dit kan uithou nie. My seun gaan soek die oorsprong van lawaai en sien die lange boormasjien by agterste bure wat laat dril vir water. Halwe dag toe is masjien stil. Ek het ook gewonder of hulle water gekry het.

  9. Hoop dat het voor jullie in orde komt want zonder water krijgt men een hoop problemen.Hou er de moed in.Ik zal voor jullie duimen.

  10. de mazzel hé = Amsterdams voor tot zien of tot later

  11. Hope it works well, Tina. We had a borehole dug in our garden in Johannesburg. It was great for watering the garden.🙂

  12. monicahaddad01

    Dis nou een ding van ‘n boorgat, jy kan nie kies waar hy moet wees nie, hy kies self. Ek hoop net nie die huisie kraak nie want dis gevaarlik naby die huis en dit lyk na ‘n lugdruk boor masjien….

  13. ongekend hier
    ja die machines zijn heel gewoon , maar geen water
    hopelijk komt er een goede oplossing

  14. Dis goeie nuus. Boorgatwater is in elk geval lekkerder as die munispale water. Ons gebruik ook net die boorgatwater.😀

  15. Ek sien mr.Doos boor.

  16. Dis ‘n grote masjien. Die water is darem diep daar by julle. Hoe voel jou kop van al die gedoef-doef?

%d bloggers like this: