Hierdie is vir die slimmer vriende, want my kop is plat as die bt spieëls kom. In die sorgsentrum is die haarsalon in ‘n kleinerige vertrek. Daar is egter twee spieëls om die teenoorstaande mure met ‘n interessante effek. Dit beteken as jy reg voor die een spieël sit, sien jy jou gesig en jou agterkop wat herhaal word tot op die boonste rand van die spieël.
My vraag is nou waar moet die fotograaf staan om hier die effek die beste raak te vang. As iemand die beginsel van hierdie verskynsel in eenvoudige taal verduidelik sal ek ook baie bly wees. As die fotograaf te naby aan die model of spieël staan, is jy ook op die foto?
Baie interessant, weet sowaar ook nie waar die fotograaf moet staan nie.
Het jy al met spieëls gewerk?
nee, nog nooit nie!
O jinne,nee ek weet nie,maar vir my lyk die foto’s baie geslaagd,Tina.
Dit frustreer die wit waks uit my uit
Het seker met die spieël in die kamera se lens te doen? Party kameras het dit nie ingebou nie
Moet wees want dis nie so as jy voor die sp[ieël sit sien jy dit nie
Ek verstaan die spieël effek. Ek het my dae sit en verwyl as kind met die spieëltafel in my ma se huis. Jy moes die twee kantspieëltjies net reg draai vir die effek.
Waar die fotograaf moet staan? Geen koeking klue nie!
Wel, jy het dusver goed gevaar. As jy nie ‘n model het nie, oefen met ‘n mop. Dis ‘n baie interessante idee hierdie.
Dis darem lekkerder as mens iemand het?
Ja, dit sal ek glo, maar jy weet, ou tannies (voor jy my klap – onthou ek is ook ‘n ou tannie) hou ook daarvan om hulle op te dollie en model te speel.Kry een van die oumensies en doen ‘n paar mooi portretstudies.
hehehehe… nee mens hulle haat dit. Gelukkig is hier ook nie OUMENSIES in Polokwane nie
Whahaha, ek VERPES daai uitdrukking. Amper net soveel soos wat ek Tannie haat.
Hier noem hulle almal Ouma maar ek is die jongste hier en ek dwing hulle om my op die naam te noem
Eish. Dit was dieselfde met my ma ook en ek het omtrent gal gebraak daaroor totdat die matrone vir my verduidelik het dat die swart personeel se kultuur voorskryf dat hulle ouer vrouens Ouma of Mama noem. Toe het ek dit maar gelos – dit help tog nie om teen die prikkels te skop nie.
Dis maar hier ook ‘n gesukkel
deze dieren hadden geluk en werden na de foto gered
maar ik vraag me af , hoe komen ze in zo’n positie 🙂
Net so!
geen idee
maar ze zijn gered 🙂
‘n Groep mense gee elke maand ‘n bedrag geld en daaruit word bv. blomme gekoop vir iemand wat siek is en iets vir die verjaarsdag en aan die einde van die jaar kry dit wat oor is terug
ja zond al een link :0
https://en.wikipedia.org/wiki/Stokvel
Beautiful images and reflections! 🙂
Thank you!
Het nog nooit met sulke weerkaatsings gespeel nie
Voorstel
staan op knieë of sit plat op grond
Spot jy maar… die spieéls is nie op die grond nie
Ek sal nie weet hoe om te begin om te verduidelik nie – ek dink jy moet maar net aanhou probeer, vanuit alle rigtings en “angles”.
Die probleem ek het nie altyd ‘n model nie en die vertrek is teenoor ‘n kamer met ‘n dame in ‘n koma … nou nie juuis ‘n uithangplek nie
de taal is wat lastig
de fototjes vind ik leuk en zelfs goed genomen
Ooh nee heng, my kop is ook te plat…. sterkte!
Nee my kop is ook plat!