RSS Feed

Fotografie

Bietjie agtergrond vir nuwe vriende.  Nadat ek afgetree het, ontdek ek ‘n man op George wat ‘n beginnerkursus in fotografie aanbied – op die skool se webwerf nogal. Behalwe dat ek van plan was om diep opheffingswerk te gaan doen met die tyd op hande (‘n storie vir ‘n ander dag), word dit toe ‘n nuwe belangstelling. Een van die laaste opdragte was die fotografie van ‘n model. Drie uitrustings en verskillende ‘houdings’ was die opdrag.

Ek kry toe ‘n jong dame waarvoor ek skoolgehou het en huur ‘n kamer in ‘n gastehuis (met die 2010 sokker het Polokwane baie daarvan)  Ons het ‘n heerlike dag, baie pret en ek leer baie, want sy het modelwerk gedoen.  Met die verloop van tyd as ek met haar gesels sê altyd ek wil vreeslik graag weer foto’s van haar neem en verlede week stel sy voor sy sal Maandag kom. Ai, ek het net weer besef hoe lekker die fotografie-stokperdjie is. Ek deel graag ‘n paar foto’s van die pragtige jong vrou.

DSCN0330-tile

2010… Ek het raas gekry oor die eerste foto, want die liggaamsdeel naaste aan die kamera word vergroot en dis van ni9e vleiend nie.  Ek het die keer dit darem reggemaak.

DSCN8706

DSCN8740 (2)

DSCN8761 (2)

DSCN8693

DSCN8753 (2)DSCN8771 (3)

 

 

40 responses

  1. Beautiful portraits.🙂

  2. Knappe foto’s van deze mooie jonge vrouw.

  3. dan werkt dat koppie goed en mooi🙂

  4. Pragtige foto’s van ‘n pragtige meisie!Dankie Tina.

  5. Stunning foto’s Tina en dis altyd lekker as mens so mooi, fotogeniese model het. Jy het haar regtig perfek afgeneem.😀

  6. Dis vreeslike mooi fotos. Mooi meisie ook. Jy is dalk ‘n beter fotograaf as waarvoor jy jouself krediet gee?

  7. Jou foto’s is pragtig Tina! Ek het nog nooit regtig mense probeer afneem nie, gewoonlik net blomme, diere en landskappe!

  8. Ek dink jy’t genoeg talent om n stokperdjie in n goeie inkomste te omskep Tina! Troufoto’s, advertensiewerk en so aan!

  9. Pragtige meisie

    Goeie fotos

    No 4 so effens uitgewas deur die son probeer ‘n UV of Polaroid filter of doof venster met ‘n laag nat wit papier

    Laat model weet die grote van ‘n vrou se voete dui op die grote van haar hart

    • Baie dankie Dis lig het van twee kante gekom – ek het al intussen baie geleer en skuif my model – ek het maar ‘n vastelens kamera en dan is filters buite die kwessie …

      hehehehe ek sal dit onthou Die model het nie baie selg gevoel nie maar ek het nogal , Intussen het ek ook duur lesse geleer As twee mense bymekaar staan en die een kop voor die ander is, lyk dit glad nie goed nie.

      Jy weet baie… hoekom sien ek nie jou foto’s nie?

      • Ouderdom
        Die bene wil nie meer nie en ek kom glad nie in die veld nie

        Toerusting
        Sukkel my vrek om ordentelike film the kry.
        Die digitale kamera wat ek het, het ‘n vaste 50mm lens

        Luiheid
        Baie makliker om voor die rekenaar of TV te vegeteer

        Ek sal ‘n paar inplak dan sê jy wat jy dink

  10. Werklik baie mooi en ook spesiaal. Dis waar wat jy sê. As die model ooksaam speel help is dit van onskatbare waarde. Ek het juis deur my fotos geblaai en model afneem is baie bevredigend.

  11. juist het zijn vaak de kleine dingen die niks kosten die heel mooi en of fijn zijn
    zo als ik zelf heb met wandelen en fietsen

  12. Gorgeous photos, Tina. You did a great job, and your model is lovely.🙂

  13. wow, a beauty! Beautiful captures.🙂❤

  14. Foto’s is pragtig! En die jonge meisie is net so pragtig!

  15. Dis interessante agtergrond, ook vir vriende van ‘n bietjie langer. Maar ek sien eintlik uit na daardie ander storie van die opheffingswerk!

  16. Ek wil dit hê, kolskote geskiet! Goeie komposisie keuses gemaak.

  17. mooie opnamen van mooie meiden🙂
    cursus geslaagd

%d bloggers like this: