Ek is in die laaste tyd pynlik bewus van die feit dat my foto’s nie regtig kan kers vashou ander fotograwe hier rond nie, maar ek deel graag ‘n paar, sodat my Sus wat die wildtuintjie goed ken, kan saam kyk. Dit regtig mooi groen daar en en die waterdamme is propvol. Mens is so dankbaar daarvoor.
Oe, die foto’tjies is pragtig!! Laat my só na ons mooi land verlang! Sien só uit – ons gaan Mei-maand vir drie dae KNP toe!! 🙂
Wonderlik. Ek hoop hulle kry nog bietjie meer reën
Jou fotos is pragtig Tina, en oortuig my net weer dat ons n draai daar in julle wildtuintjie moet kom maak!
Ek dink nog altyd jou foto’s is a ma z i n g!!!
hehehe jy is tog al te gaaf.
By nou…. na al die kommentaar besef jy sekerlik dat jy nie hoef terug te staan vir ander fotograwe nie. Jy mag miskien nie so vining wees nie, maar jou fotos bly nie in die slag nie. 🙂
Mens twyfel mos maar oor jou eie goed.
Dit is so. Ek vang my af en toe dink wat het my besiel om myself as fotograaf uit te gee…. en dit nogal om troufotos te neem. Tog is ek deur mense aanbeveel. En ‘n agentskap het my gehuur om hulle portfolios vir dramastudente te neem. Menslik nê.
Ooo dit was seker interessant! Ek hou van die mense ding.
Troufotografie is harde werk. Jy is daar vanaf die oggend dat die bruid opstaan, en staan met daardie kamera en sy swaar lens in jou hande tot omtrent 11 uur die aand. Ek het die studiowerk met modelle ontsettend geniet…. soveel lieflike mense ontmoet…. en soveel pret saam gehad.
Nee wat ek is te oud daarvoor. Dis tog een vanmy gunstelinge want ek het gewoonlik vir my modelle skool gehou so daar is ‘n besondere band en ons het ook baie pret!
Jou foto’s is stunning Tina!! Pragtig!
Baie dankie!
Sjoe daai Kingfisher foto is baie goed.
Baie dankie
Dit is pragtige fotos
Mooi foto s
Dankie
Ek hou van almal. Die een met die visvanger is net so ‘n kortkop voor die ander.
Baie dankie!
Ek hoop julle hou heerlik vaknsie en rus goed uit voor die volgende skof
Ons doen. Hierdie week rugby kliniek met my span en volgende week terug.
Oooooooo ek is darem bly my tyd is verby . So lief ek vir skoolhou was so lekker is dit om dit nie te doen nie… jy lê nie een nag wakker oor iets nie
Pragtige fotos en ek kan nou glad nie saampraat oor kameras en tegniek nie, maar ek sien darem nog goed 😀
hehehe niks fout met jou foto’s – joune het altyd so stukkie humor in
Tina,jou foto’s is fantasties!Jy moenie jouself so onderskat nie.Daardie foto van die water en die eerste een met die boom en die rooibokkie en die voëls…ag almal,is pragtig!
Baie dankie jy is net gaaf
zeker een mooie wandeling daar , mooie natuur
ik had ook een fijne wandeling
Ja my vriendin loop 3X per week daar. Hulle ry ook fiets. Ek is maar versigtig want daar is meer as 10 renosters
ja en die zijn erg groot , maar toch ook mooi 🙂 op afstand
Ons het 2 gesien maar die foto’s is minder mooi want die gras was baie ruig
nou blijf maar uit de buurt 🙂
Ek het soet in die kar gebly
BAIE DANKIE dat ek kon saam kuier in Wildtuintjie. Ek verlang sommer nou na al doe ou bekende voëltjies. Hier is mos heeltemaal n klomp ander voëls. Jy hoef gladnie terug te staan vir ander fotograwe nie. Dit is rerig baie mooi fotos. My ou skryf-tannie sê elke keer as ek so negatief praat oor my skrywery: “Stop talking yourself down!” Jou fotos staan gladnie terug vir menige fotograwe! Geniet die res v langnaweek!
Baie dankie! Ons het darem lekker in die wildtuintjies gery.
Ek is bly dit bestaan nog. Dis ook maar n gespartel vir hul om aan die gang te bly.
Weet jy hier is dit nogal goed opgepas en word dit goed onderhou.
Dit hang ook maar baie an die bestuur af. Ek dink dis nogal n inkomste ook.
Dis waar en die piekniekplek word uitgehuur
Laat n bietjie die aap uit die mou oor die tegniek , toerusting en toewyding wat hierdie helder fotos voortgebring het. Knap.. En ervaring , en opleiding.
Nee wat ek sal seker altyd ‘n amateur bly. Ek het die grootste brugkamera want ek sien nie kans om ‘n sak lense te dra nie. As mens alleen is moet jy vinnig weer in jou kar kom dan is sleutels, foon en kamera ampter te veel om te beheer. Dis vir my lekker en ek doen al ‘n paar jyaar ‘n kursus by Chris Botha van George.
Ek dink ek het ‘n redelike ‘oog’ maar is gewoon te stadig en onbeweeglik vir ‘n goeie fotograaf. Grinnik … dankie vir die kompliment
Geen fout met jou fotos nie en jy weet van korrekte komposisie.
Dankie jy is net gaaf!
Sjoe! Uitstekende fotografie Tina! By wie wil jy kers vashou? Ek is nog altyd mal oor jou foto’s. Dis regtig pragtig! 😀 ♥
Ag dankie jy is net gaaf met my!
Pffft! Ek is g’n so gaaf nie en ek jok ook nie. Dis regtig pragtig hoor! Ek is mal daaroor! 😀
Baie dankie!
Pragtige fotos Tina. So mooi, ons sou nou met vakansie gegaan het, hopelik kan ons een of ander stadium weer in Wildtuin kuier
Dis maar ons plaaslike wildtuintjie. Dis ongeveer 3200 hektaar groot
..julle moet dit waardeer.
Ja dis ‘n gewilde staproete en word goed onderhou … grillerig so saam met die renosters maar dis mos maar soos mense daarvan hou!