Stupid en onnoselgeit is ‘n gegewe in vandag se lewe (kyk maar na die mense in beheer vir talle voorbeelde) Die een sluit volgens my nie noodwendig die ander in nie en ek reken slim mense kan ook stupid goed doen.
Ek weet uit ondervinding ek is nou nie die skerpste potlood in die boks nie, maar ek het beslis heelwat helder oomblikke. Vandag vertel ek egter van twee geleenthede waar ek sommer stupid en onnosel was.
- Twee naweke gelede speel ek al te lekker op my game FB profiel (Ek het 3 profiele : Games, Hoof profiel en Fotoklub profiel) Skielik is daar by die boodskap blokkie ‘n boodskap (nogal van Facebook dat ek my password moet verander. Sug… dink ek julle is nou lastig… maar ek verander die inligting en hulle vra sommer sulke vragies. Skielik maak ‘n skermpie oop wat my kredietkaart gegewens vra. Ek skrik my in ‘n ander bloedgroep in en maak alles toe. Nou plaas my anti-virus-program baie getrou die waarskuwing soos op my hoofprofiel toe ‘n swaap pronografie daarop geplaas het. SUG … hoe stupid kan mens nou wees.
- Sondagmiddag het ek ‘n afspraak met ‘n vriendin. (Gewoonlik laat weet jy jou bure as jy uitgaan,want bejaarde mense kwel mos oor jou) Ek besluit sommer om ‘n sms te stuur as ek daar kom. Toe ek egter ‘n foon uit my handsak wou haal, vind ek net my sakrekenaar! Ek en my vriendin het vreeslik gegiggel oor die stupidgeit, maar die bure het tot die matrone gebel en ‘n soekgeselskap saamgestel. Ek kry gepas skaam, want so van stupid het jy nog nie van gehoor nie.
Doen jy ook soms sulke stupid goed? SUG… nee wat miskien moet ons liewer glimlag.
Ek doen ook soms die domste goed!! Daai crocs!!!
Welkom!
Love the Crocs funny. I wouldn’t be seen dead in a pair of those ugly shoes. 🙂 Yes, I’ve done stupid things. I tried to answer the phone on the TV remote. Today I managed to scrape the paint off the side of my car when I was reversing out of the garage and down the drive. I scraped it on hubby’s car which was standing in the drive. That didn’t go down very well, as you can probably imagine. 😯
Ek het ‘n paar gekoop toe ek by my sus in NZ gekuier het en ek was seker die enigste een in die hele land met crocks aan
Dat was weer lachen geblazen.Heel veel plezante onderwerpen.De in de lucht springende stier uit angst voor een spin vond ik heel koddig.
Stupod wees? Naam gxx maak? Ek ken daai deng! 🙂
EN ek verstaan die buffel se pyn.
Welkom by die klub
Ek het nou lekker gelag!! Ek selwers al my selfoon gesoek……terwyl ek met hom in my hande staan!! Ook my leesbril……en dié is op my kop…….
Daaroor praat ek nie eers nie!
Jy laat mens altyd so lekker lag Tina. Toemaar, moenie sleg voel nie. Ek doen gereeld sulke ‘dom’ dinge. Ek dink dis maar net wanneer ons is ‘auto mode’ is wat ons sulke dinge doen. So nou en dan skakel mens af. LOL!
Welkom by die klub!
😆
LOL! the crocs is brilliant
Yes!!!
Ha ha, jy sal moet ekstra klasse loop om nie spam oop te maak nie! Geniet jou lang naweek!
Ek was ingedagte 🙂
Net gewonder of daar muisneste is? Ha ha!
Ag nee spaar my dit!
Ha ha net gewonder!
Kostelik,Tina.’n Vriendin van my vertel hoe sy by ‘n rooi robot gesit het met haar motorhek se kontrole en die heeltyd ongeduldig die knoppie sit en druk het,sodat die robot kan groen slaan!Ek vang gereeld simpel goed aan…so baie,dat ek dit nie eers kan onthou nie.😹
Hehehehe … ek het dit aan etenstafel vertel en almal het dit vreeslik geniet.
Ons is kinders van ongeduld, gebrei deur die spoed van tegnologie!
Eintlik is ek baie trots op ons geslag. Ons laat ons nie eintlik onder kry nie en ek het dit tot as vak aangebied. (nou sal ek tweede kom want ek bly nie by nie)
Ek hoop die sarkastiese kennisgewingbord gaan die dorpsraad skaam laat voel.
Ek hou nie my asem op nie
Daai dorp is blykbaar Lichtenburg in Noord-Wes, eens ‘n pragtige, netjiese
dorp.
Ek hou duime vas
Hehe. Bielie van ‘n spinnekop, daai!
Net so!
hehe, jy krap die snaaksste goed uit
Dit kom maar so oor my pad.
alle plaatjes brachten een glimlach
op de 1 na laatste na 😦
Ongelukkig die waarheid!
😦
Ek lief die tweede laaste- die nuwe Suid-Afrika
Die wat mos moet lees sien dit nie.
Oo ek het nou lekker gelag! Daardie eerste aanhaling is ‘n gunsteling en die koek teen 120 grade laat my aan myself dink, maar in die konteks van moderne tegnologie! So neem ek nou ewe entoesiasties deel aan die Commenting Bootcamp – trouens, hierdie kommentaar is dag 2 se opdrag – en ek het binne die bestek van twee dae reeds heelwat skades en skandes belewe – o.a. is my mooi ou streepkat-gravatar skoonveld! Troos jou daaraan: “onnosel” het oorspronklik “onskuldig” beteken…
Ag wonderlik … nie dat mens so onskuldig voel na jou eie wandade nie. Dis soos die tannie wat aan haal eie yskasdeur geklop het…. Al die stories voel so bekend