RSS Feed

Uitstappie

Sy ry ek Saterdag saam met ‘n vriendin Potties toe. My sus het baie jare daar gewoon en die dorp is heel bekend.  Ons was lanklaas daar. 4 jaar gelede was ons daar om foto’s te neem vir ‘n opdrag.

Daar was ‘n ou murasie waar ons heerlik foto’s geneem het tot die buurman ons kom wegjaag het en wonder bo wonder het daar niks gekom van dy beloftes van die ontwikkeling van die erf nie.  Tog so jammer dat plattelandse dorpe agteruit gaan. Die middedorp lyk soos Midde Afrika.

Vervalle paviljoen

DSCN8407 (2)

Rooivlerkspreeus maak gebruik van die stukkende venster… (Ek was bly om ‘n slag iets anders as mossies en tiptolle te sien)

DSCN8418 (2)

Murasie baie slegter af – die meeste stene van die garage is weg en alles het verval

DSCN8424

Donkiekarretjies is volop in die dorp… hoop die stomme diere kry darem bietjie water in die bloedige son

DSCN8450 (2)

Midde Afrika

DSCN8452

Oppad terug stop ons by die garage en sien weer die vrou wat altyd kosmosse in die badkamers sit … dis altyd kraak skoon. As almal so9 oor hulle werk kan voel is daar hoop vir hierdie land. Sy weef ook self die matjies.

DSCN8467

 

29 responses

  1. Ek geniet die uitstappie saam met jou, my ma het jare geled op Potgietersrus skool gegaan😉
    Die laaste foto is baie positief.

  2. Dis jammer om te sien hoe plekke agteruit gaan!

  3. Great photos, Tina. The washrooms look so beautiful and clean. She can be proud of herself.🙂

  4. Dankie vir die laaste, hoopvolle foto.🙂

  5. Bly jy het bietjie uitgekom en fotos geneem. Watter paviljoen is dit? Bestaan Maxies nog? en Wimpy en Spur? Sjoe nou dink ek darem aan die lekker ou dae van kuier! daar is mos n donkie-bewaarder in Potties wat probeer het om karretjies te lisensieër. Sy het sommer donkies wat swaarkry uitgespan en geskut. Laas wat ek weet was dat sy dou aftree, sy was ook al gevorderd in jare. Jy moet nog asb jou vorige opdrag se kommentaar vir my aanstuur!
    Hope liefde daar en hapelik ook n lêkseltjie reën(wat ons self ook nodig het!)

    • Dis in daai laaste straat wat by die hospitaal draai. Dit het iets met die Rotariërs te doen Lizelle het haar oom en tannie gaan aflaai Hulle woon naby Stans in daai woonstelle Ons was Stans toe het nie verder daar iets gedrink nie Ek is nog besig met die laaste opdrag. Dit vorder maar stadig want mens kan net soveel sonsonderganne en blomme doen

  6. Die vroutjie is darem regtig handig hoor en die kosmos in die netjiese en skoon kleedkamers lyk tog te pragtig. Dis altyd mooi om te sien daar is mense wat nog omgee.

    Uitsonderse en pragtige foto’s Tina.😀

  7. Ons land het soveel unieke en karaktervolle dorpies. Dis vir my so hartseer wanneer ek nou deur sommige plekke ry en dit nie meer is soos ek dit as kind onthou nie. Dis awesome dat daardie vrou soveel trots het in haar werk en die badkamers versier met eenvoudige veldblomme. Alhoewel die eenvoudige veldblomme, kosmos, my gunstelinge is.

    • Ja dit is regtig hartseer. Tog kan mens nie in die verlede stilstaan nie.

      Die kosmosse groei mos nie regtig in die bosveld nie. Hulle plant dit aan en gooi dit nat.

  8. Daardie kosmosfoto gee so ‘n lekker goedvoel gevoel.🙂

  9. ‘n Troos (as dit teen is) is dat hierdie tipe verval nie net tot Suid-Afrika beperk is nie. As gevolg van verstedeliking en ons veranderde kooppatrone lyk die platteland, maar ook die middestad van talle wêreldstede nie meer soos enkele jare gelede nie. Hier in Engeland het elke dorp en stad ʼn High Street waar al die banke en winkels was. Die meeste groot winkels het gesluit en gevolglik het die banke begin sluit en later noodgedwonge die kleiner winkels. Die hoofrede is omdat, anders as in die dae toe die High Street gefloreer het, die meeste mense karre het en verkies om na die groter winkelsentrums te gaan waar alles onder een dak is en daar volop parkering is. Min mense loop nog High Street toe en dit is ‘n gesukkel om parkering te kry. Verder het internetverkope ook begin toeneem. Talle plattelandse dorpe wêreldwyd ontvolk ook en is daar ‘n bevolkingsontploffing in die groter stede. In SA was daar sedert 1994 ander faktore ook wat daartoe bygedra het dat die beeld van die platteland totaal verander het.

  10. Al die plattelandse dorpe lyk so…munisipaliteite gee net nie meer om nie!Mooi foto’s,Tina…veral van die mooi vrou op die laaste een!

  11. Ai, Tina, dis ook net jy wat na so ‘n weemoedige ervaring steeds op ‘n wonderlike positiewe noot sal eindig!

  12. dus alles daar in verval , jammer
    en wat is de oorzaak daar van
    zo aan de foto’s te zien lijkt het nog niet zo erg , dat het niet op te knappen is

%d bloggers like this: