RSS Feed

Blog 500! Jou mening…?

Met al die gedoentes by die universiteite en met studente wil ek graag die menings van gewone ouers lees. Ons sal dalk nie by ‘n oplossing uitkom, want dalk is die probleem groter as wat ons sal wil erken. Een van my oud-leerders is aktief by die geldinsameling vir studente –  en dit laat my wonder.

12802966_907155846049004_5422171697251530494_n

Fundraising for the ‘Missing Middle’ Too Rich For Student Aid But Too Poor For Varsity Fess!!! 30 Million ,Raised Leadership Things!!!!feeling proud at Turbine Hall.

  1.  Om te studeer kos baie geld. Wat verwag jy van jou studente kind? Hoeveel vryheid gee jy? Weet jy hoe haar/sy sosiale kalender lyk?
  2. Waar woon jou kind? Woonstel? Koshuis? Ander? Hoekom?
  3. Noem jy jou kind troetelname in die openbaar? Poekie?
  4. Hoe voel jy oor jou kind wat aan die betogings deelneem/ nie deelneem nie?
  5. Sal jy jou kind aanmoedig om by politieke/sosiale/protes verenigings aan te sluit.

Dis genoeg van ernstige sake – Het jy al vandag geglimlag?

1662368_695196680525200_1526249340_n

12743785_809342925861774_1461210194612149282_n

1506750_573804482713693_1722274097_n

12729210_1158984854134060_6706534057530492720_n

10310957_742860515815726_6269691880096917760_n

550204_202897726520569_826329815_n

 

63 responses

  1. Geluk met jou 500 ste pos! Ek is maar bly dat my kinders nie nou meer op universiteit is nie!!

  2. Fijn dat men hier ook altijd eens kan lachen

  3. Op ernstige noot: Ek hou van Winston Churchill se manier van dink. Ek geniet die apie.
    My studentekind het verlede jaar klaar gemaak. Ek sou verkies dat sy nie by politieke organisasies aansluit nie. Haar tyd was haar eie, ek het net verwag dat sy moet deurkom. My kinders het nie daagliks aan my verslag gedoen van waarmee hulle besig is nie. Ek het nie ingemeng met hulle studies nie, maar as hulle moes HER, (soos ek ook maar gedoen het destyds), moes hulle LEER om DEUR TE KOM. Dankbaar dis nou verby vir ons. Dit is maar bitter bitter duur en ek kry regtig die ouens jammer wat dit verdien om aan ‘n universiteit te studeer maar regtig nie die fondse het nie.

  4. Wat aangaan by die universiteite is vir my bitter hartseer. Veral waar daar skade berokken word aan geboue, ens, want wat se dit van die “nature” van ons nuwe geslag grootmense. Ek glo dit is ‘n voorreg om universiteit toe te kan gaan. Skool opvoeding, tot en met St8, moet gefinansier word deur die staat, en van daar af voel ek moet die ouers/studente self opdok. Daar is heeltemal te veel mense wat bak hand staan en verwag dinge moet net uit die hemel uitval. Terselfdertyd besef ek daar is jong mense daar buite wat regtig intelligent is en ‘n sukses van universiteit sal maak, maar net eenvoudig nie die fooie kan bybring nie. Dis ‘n tameletjie hierdie…..

  5. monicahaddad01

    Vir my gaaan Universiteit oor meriete, dit voel vir my of almal agteroorleun oor al die verkeerde redes. Ek is 99% seker die ouens wat ernstig studeer is nie die ouens wat afbrand nie, ek is ook baie seker die ouens wat hard werk is nie noodwendig wit nie. Die res soek net verskonings …….. en onrealistiese verwagtinge

  6. Vir my was daar eenvoudig nie geld nie en ek het maar terwyl ek gewerk het deuur die maatskappy en by plaaslike kollege geleer.

    My seun is nou al ‘n rukkie klaar en sy drie jaar op universiteit het my 75 000 rand gekos.

  7. Blog 500 – jy is lekker besig. Ek lees altyd lekker by jou en lag ook lekker

  8. Dis nog 11 jaar voor my kind op universiteit op eindig, en ek worry nou al daaroor…

    En ek voel ook soos hierdie ruintewese oor skottelgoed…

  9. Great that this young man is doing something constructive to help instead of destroying the expensive facilities provided.🙂

    Love the ‘washing dishes’ image. That’s why i wear rubber gloves.😆

  10. Die studie omstandighede is so hartseer vir die wat werklik ernstig is. Dis hulle wat die meeste lei onder die opstandelinge wat niks tussen die ore het om te gebruik nie. Dis hulle wat die geld so mors omdat hul dit for free kry!

  11. Ja-nee, dit raak rof – daai sit belts moet maar styf vasgetrek word.

  12. Vrydag beter baie vinnig aankom. Toemaar, more is darem klein-Saterdag.😆

    Lekker lag ek vir die dishwasher. Ja, ek dink ek lyk so as ek skottelgoed was en daar was iets op die bord. hahahaha

    Ai, daai aapgesiggie is tog te dierbaar vir woorde en ja, dis nogals waar. En dan het party van hulle ‘n toolbox maar hulle gooi dit gereeld uit, of verloor van hul skroewe en kom soek dit by jou. Daai tyd strip my moertjies vinnig.😆

  13. wat my betref hoort politiek nie op ‘n universiteit nie.In my dae daar,was daar nie stemmery vir partye op kampus nie.Ons het koppe neergesit en gestudeer.Ek het ‘n beurs gehad en toe ek kontrak breek by die onderwysdepartement waar ek die beurs gekry het,moes ek oor ‘n tydperk van sewe jaar elke sent terugbetaal.Deesdae dink studente dat beurse hulle toekom,sonder dat daar iets teruggeploeg moet word.

  14. studeren is ook hier duur , maar ik heb er niet mee te maken
    en ja de glimlach is er hoor😉

  15. Die lewe is ironies. Onder apartheid het hulle net twee universiteite gehad en ek stem dis rede vir ‘n grief, nou het hulle al dieselfde geleenthede as die blankes en wat is die gevolg – die studente lente, beskadig, ontwrig en brand af. Oooo wee, arm blankes in die ou tyd kon nie universiteit toe gaan nie, dit was werk en UNISA na ure. Ek is bevrees daar is ‘n minderheid militante nie-blanke groep wat nie ‘n moer oor die land omgee nie en die regering soek stemme so hulle word nie vasgevat nie soos in moet vasgevat word.

    • Ek wil van harte glo dar die meerderheid wil studeer en iets bereik. Ek het ‘n vriendin by die plaaslike universiteit en sy vertel van hoe swaar sommige studente kry net om die kan te hê om te studeer. Hulle sit in ons biblioteek en werk. Ek weet nie waar alles sal eindig nie.

%d bloggers like this: