Die wêreld is ons woning nie.
Dit voel ek as die wind ontwaak,
as die eikebome knars en kraak;
dit hoor ek in die fladdering
van voëltjies wat hul vlerke slaan
teen die verwarde boomtakke aan.
En as ek nader kom, dan vind
ek by die maan se wisselstraal
‘n nes vol kleintjies deur die wind
omlaaggeslinger, dood, verplet.
Ek voel dit dan aan alle ding
wat in die nagstond my omring:
die wêreld is ons woning nie.
TOTIUS.
Maandag – die begin van die derde nessie

Dinsdag en Woensdag is daar hard gewerk

Donderdag vroegoggend die laaste inspeksie

VroutjieDoutjie kom kyk saam

Sy kom kyk alleen… ????

Na middagete vernietig die mannetjie self die nessie … hartseer… Die wêreld is ons woning niet…

Pragtige foto’s Tina!!
Dankie … dit was maklik want dis reg by my voordeur
Fantasies!
Wat ‘n goeie kombinasie. Uitstekend raakgesien. Ek geniet jou blog verskriklik. Ek sien uit na elke plasing.
Ag jy is net gaaf! Ek sien altyd na ‘n blog van jou ook uit maar hulle is so skaars soos hoendertande
Baie mooi fotos, Tina!
Baie dankie
Pragtige foto’s. Die vinkmannetjies fassineer my – so vaardig en flink. Maar die wyfies is maar suur, wonder hoekom, as daar soveel moeite vir hulle gedoen word!
ja mens wonder nogal
Stunning fotos. Hierdie outjies is ‘n fees om dop te hou.
Ek gryp elke oggend my kamera
Agge nee, hy het dan so hard gewerk…. vol fiemies vrouegeslag!!! Pragtige fotos Tina!!
Dankie. Hy is heel vrolik en ongelooflik fluks!
Baie mooi foto’s. Sy is n gifbekkie en baie ondankbaar…. foitog dit was harde werk.
Ek is so bly ek het haar gesien Verlede jaar het hyook gebou maar geen vrou in sig! Dis nou as dit hy is!
Sulke pragfoto’s Tina en die gedig pas so mooi daarby! Ek kan my verkyk aan die wewers. Hulle is pragtige voëls. 😀
Die mannetjies is so kunstig en vlytig, maar ongelukkig is dit so as die nessie nie groen genoeg is nie, dan sal die wyfie nie daar nes maak nie, want sodra die grassies begin dor raak, dan weet sy dit sal maklik breek. Dan breek hy vinnig die nessie af en begin weer oor, voordat sy na ‘n ander groener nessie begin soek by ‘n ander mannetjie.
Baie dankie vir die deel van hierdie prag pos van jou. Ek het dit baie geniet. 😀
Ooh is dit waaroor dit gaan? Die GROEN?
So sê die slim mense wat hul baie meer dophou. 😀
Ek is bly jy het vertel en ek kon dit aan my bure oordra
Dit maak sin.
Altyd ‘n plesier. 😀
Ek is ook verbaas maar dit maak sin Ons het vreeslik hitte gehad Die gras droog baie vinnig uit
Aha dit was vir my nuus en dit maak sin … hy bou met grassies en nie met palmblare nie Dis baie sterker en bly langer groen. Ons het nie palmbome nie
Ongelooflik hoe vaardig hulle is. Was dit nou ‘n mensevrou, was sy hardegat, of ondankbaar, of neusoptrekkerig, aan niks gewoond nie, stuurs, windgat, snobisties, en watter lelike woorde nog!
Sonel se verduideliking maak baie sin. Die natuur is wonderlik Hy bou met grassies en nie met palmblare nie Dis baie sterker en bly langer groen!
Soveel harde werk vir niks! Hy moet baie lief wees vir sy wyfie…
hehehehe nee ek dink die hormone loop hoog!
Dis nou interessant! Die man werk vir sy lêplek! Mooi fotos en gedig. Net eers gedink dit is baie meer hartseer! Is dit ook maar nie omdat daar te veel beweging van mense is nie?
Nee hulle stueur hulle nie aan die mense Elke tannie voer en sit kos uit. Dis net baie warm en droog dan droof die grassies uit As hulle palmblare gebruik is dit sterkter en bly die langer groen … ons het nie ‘n palm boom naby nie
Dis n jammerte! Hul moet maar riete gebruik. Dis darem maar wonderlik om so n bouwerk dop te hou!
Ons is ver van riete af
schitterend
Dankie
Pragtige foto’s Tina en so ‘n goeie bypassende gedig!Blykbaar breek hulle die nes wanneer die wyfie nog nie reg is om eiertjies te lê nie.Dit behels ‘n veiligheidsaspek,want die leë nes kan net onwelkome gaste lok.
Die ander kere het ons geen wyfie gesien nie.Ek het gehoor dis die wyfie is die een wat breek maar dit was die mannetjie Baie vreemd . Dalki begin hy more weer.
Dis baie interessant.Hou dop wat gebeur en laat ons weet.
Maak so.
Sy het seker gesê; nee dis te laag ek ruik ‘n groot storm wat aankom. Kom ons hoop sy’s reg want dit kan nooit genoeg reën nie.
4mm dis beter as niks!