Die sepieskrywers het volgens my nou werklik te ver gegaan. SABC 2 het sekerlik ‘n redelike trefwydte aan mens wat nie DSTV het nie. Ek kyk die Afrikaanse nuus op 2 omdat die weerberig beter is en omdat ek reken hulle is effens meer gebalanseerd.
Ek skakel gewoonlik oor om half sewe en kyk dan met ‘n halwe oog na 7e Laan. Die sepie word uitgesaai terwyl die meeste kinders nog TV kyk. Die jong prokureur Zander word skuldig gevind aan aanranding en in die tronk gegooi. In die tronk word hy aangerand en die die bewaarder kyk toe hoe dit gebeur. Is dit wat ons, ons kinders wil leer? Die tronkbewoners is ‘n belaglike polities korrekte spulletjie. Elke moontlike bevolkingsgroep is teenwoordig, maar die groot boelie is hierdie wit oom met netjies geskeerde hare en baard wat na my oud-Afrikaanse onderwys lyk.
Ag nee wat met al die geweld in ons land is sulke sinnelose geweld regtig onnodig. As hulle nou bendelede wil bereik , om te wys dat die tronk nie ‘n lekker plek is nie slaag hulle glad nie. Die feit dat hy ook onskuldig tronk toe gaan help ook nie regtig nie.
Daar is ook ander besluite waaroor ek twyfel. Gemene mense kom nooit in die moeilikheid nie? Baie mens verloor hulle varkies en kry nie hulp nie? Die storieskrywers het ‘n verwronge idee oor huwelike en veral lojaliteit…
Ja,ja… ek weet ek moet miskien maar ophou om dit te kyk?
Als ik naar TV kijkt en ik stoor me aan iets dan kijk ik er de volgende keer niet meer naar en zoek iets zonder geweld .
ik ben blij dat je er van genoten hebt
🙂
Dit is nie net 7 de laan nie – dit is feitlik alles en dit is oral…. en ons kan nie ons kinders in spons toedraai nie en ook nie verbied om alles te kyk. Sommiges glo ons is / was simpel om ons kinders na Liewe Heksie te laat kyk – sy toor, sy praat met n kat, sy is dom, en en en. Ander glo Simbamba is / was n wrede lied, hoe sing jy so iets vir jou kind…. gooi hom in die sloot en trap op sy kop…
Ooh mens sal siek word as jy heeltyd moet dink oor dinge en alles moet “anaaliseer” (*wink*)
Stories is seker nie op TV om ons kinders iets te leer nie, wat reg en verkeerd is nie, dit is en bly maar die ouer se werk. Ons kan iets negatief vat, die voorbeeld gebruik en n sinvolle gesprek daaroor he en so jou kind se kop swaai – MAAR dan moet jy bewus wees waaartoe jou kind toegang he.
Die lewe en beslis kind grootmaak is nie vir sussies nie.
Ja jy is heeltemal reg… Grinnik ek sien vanaand slaap hulle darem op beddens en die rasse het aansielik witter geword.
Mmmhhhh…. nogal funny. Jy in Die Burger gekyk hoe lyk UCT? En niemand kan ons kids teen dit beskerm nie… dis realiteit…. en die voobeeld…
Ja dis baie hartseer,
Ek lag my disnis!!
Moes twee keer lees voor ek die nuut geskepte woord begryp het !!
He is anal about new fashion = Hy anaaliseer nuwe modes
Laat asseblief die mense van die W A T weet sodat hulle dit kan insluit
Okkie
Ek is bly jy lag… lol
Nee wat, laat weet jy hulle maar 🙂
hehehehe ja dis lekker skerp
Gelukkig het ons n seuntjie met n voorliefde vir diere en die natuur (wonder waar kry hy dit?) so die de Wets kyk lekker saam NatGeoWild 😉
Ja en mens is dankbaar vir elke kind wat nie daaraan blootgestel word nie
Die goed wat kinders speletjies noem is almal geweldadig die sepies is nie eers n “patch” daarteen nie. Glo nie kinders kyk dit eers nie hul luister en kyk liewer hul eie “moderner” goed. Hier is n Australiese sepie wat ek kyk net omdat dit die regte tyd wys. Dis alles maar dieselfde klomp gebeure elke keer net op n ander manier voorgestel.
Dis regtig so waar maar as mens nie kla nie dink die skrywers dis maar reg so
Is so. So baie kla maar omdat geld inkom met die klomp snert luister niemand na klagtes nie. Boikot gaan dalk help
Dis so… gelukkig het hulle ‘n FB blad waar mens kan kla!
Oerjare laas ‘Skewende’ Laan of TV gekyk. Op ‘n stadium was manlief gek daaroor tot ek vir hom gesê het hy raak oud. LOL! Maar jy is reg. Die verkeerde boodskap word oorgedra.
hehehehe … jy het hom goed onder die duim!
Pffft … nee, soek hom net nie so gou ‘oud’ nie. LOL!
Grinnik… nou bly ek stil!
hahahahahahaha!
Jarrrrre gelede , toe Bobby onder die stort uitgeklim het nadat hy 2 jaar tevore dood is in Dallas, het ek besluit dat sepies ‘n belediging is vir my intelligensie ( en baie ander mense s’n ook). Daarom het ek nog nooit weer ‘n sepie gevolg nie. Ek stel voor jy doen dieselfde. En ja! Kinders moet ook nie sepies kyk nie! Kry ‘n goeie fliek!
hehehehe… ek is nou nie bekend vir ‘n hoë IK nie, maar jy is heeltemal reg.
Ek het al lankal sepies ophou kyk want dis die immoreelste snert op die kassie. Ek het al gesien hoe mense siek goed watop sepies gebeur goed praat. Dis teen my Afrikaner beginsels.
Maar ek oordeel niemand nie. Ek het vriende wat gereeld sepies kyk en hulle weet hoe ek voel en as ek by hulle kuier en hulle kyk sepies loop en ui die kamer en as hulle klaar gekyk het loop ek terug. Oukei dis net 2 vriende. Die ander haat sepies of kyk eerder Criminal Minds.
Jy is heeltemal reg!
Ek kyk nie meer daarna nie en lyk my ek mis niks nie!
Net so!
In Desember het die kinders besluit om hul DSTV-subskripsie te kanselleer. Ek mis Kyknet!!
Ek hou ook ten misnte van die nuus in Afrikaans. Miskien kan jy op jou rekenaar kyk?
Ons het ongelukkig nie KykNet in Lagos nie (ek het wel maniere om te kyk…), en die res wat ons van SA se Dstv kry, ek snert…. Ons het die subskripsie gekanselleer, en kyk nou heerlik ShowMax en reekse op AppleTv! Heerlik!!
hehehehe ek lees AppleTvl en raak heet opgewonde voor ek sien dis ‘n uitroepteken!
Haha!!! Maar geniet maar daai Apple van Transvaal!! 😉
hehehe lekker stupid ek!
Nee dis nie waar nie, jy sit net ‘n glimlag op my gesig!! 🙂
Ek dink jy is heeltemal reg oor die onrealistiese draaiboeke wat op sepie resepte aanmekaar geflans word. Ek dink ook jy is baie ordentlik deur te sê dat hulle te ver gegaan het. Die outers het die pad heeltemal byster geraak. Hulle het nie net uit die bus geval nie maar onder die wiele ook ingerol.
Dis waar en dis net jammer dat kinders dink dis is realisties
Nou praat jy so waar.
Net aan die begin gekyk en vinnig moeg geword vir al die snert. Ons tv is ook al vir ‘n paar jaar nie gekoppel nie.
Jy mis net mooi niks
Meer as 10 jaar geen TV gesien nie. Het nie so ‘n ding nie. Maar ek is eintlik verbaas om the hoor dat 7de Laan nog bestaan. Seker teen hierdie tyd moes dit al gevorder het tot 8ste Laan? Daai TV ouens is maar stadig!
hehehe ek is heeltemal te nuuskierig! Jy is reg teen die tyd behoort hulle al by 20e Laan te wees.
Gelukkig is my tv nêrens gekoppel nie en kan niks opvang nie. Jy is reg, die sepies word gemaak om almal te plesier en is so polities korrek dat dit my naar maak en ek is nie eens een van daardie mense wat belangstel in ander mense se voorkeure omtrent godsdiens, seks of politiek nie. Ek het so lanklaas daai sepie gekyk dat ek lankal nie meer weet wie slaap by wie en hoe verdeel hulle die kinders nie.
Jy mis niks! Nee ek neem ook nie aan ‘n getwis deel nie
al die series op tv , hier en daar en overal zijn geen afspiegeling van wat er in werkelijkheid gebeurt of afspeelt
Dis regtig waar!
Sjoe dis erg,Tina! Ek kyk glad nie na enige van die sepies nie!
Jy sal nie spyt wees nie Jy mis niks
Ek kyk nie eers na hierdie snert nie.
Ja maar mens moet regtig nie die moeite doen nie