RSS Feed

Erkenning

Die meeste mense funksioneer beter wanneer hulle bietjie erkenning kry vir dit wat hulle doen en veral vir dit wat hulle goed doen. Tog is erkenning in hierdie tye maar skaars en mens is so ernstig om deur die lewe te jaag, dat daar nie tyd is om bietjie stil te staan en te kyk wat ander vir jou doen nie. Ek dink soms ek sou ‘n goeie kommunis gewees het.

Sug… maar die lewe is nie gelyk nie.

Ek kyk graag na die sitcom Last man standing en hoewel dit dalk oordrewe is, besef mens weer hoe ouers baie keer vir die swart skapie oorspoel met lof en erkenning voor die een wat altyd haar werk doen en altyd soet is. Goed, ek besef dit is om die swart skapie  aan te moedig, maar waarom dan ten koste van die ander? Goeie werk word nie altyd beloon nie en baie keer as vanselfsprekend aanvaar.

Niemand het gesê die lewe is regverdig nie

Dieselfde gebeur met oupa en ouma. Hulle sing lofliedere oor die kleinkinders wat naby bly en kans kry om baie te kuier, maar wat van die outjies wat ver bly of nie so baie by die grootouers kom nie?  Elke kind het tog die reg om ook sy/haar gesiggie op FB te sien en die woorde van erkenning en liefde van die grootouers te lees/sien. En (jammer Lou) wanneer kry die grootouers erkenning vir dit wat hulle vir die kinders en kleinkinders doen.

Moenie vir my sê: ‘Maar hulle weet ek is lief vir hulle!’

Aan die ander kant as mens altyd dinge doen om erkenning te kry, gaan jy baie teleurgesteld wees.

Die lewe werk nie so nie!

Kom ons glimlag liewer.

 

12047037_10208177117648611_2726229592211139892_n

12642956_10154003866443825_6242230324424240690_n

12115772_1209263045757287_290524083794731757_n

12654586_754013204735980_6605919463101236456_n

12507436_1123063554393448_2996396024404117856_n

12654203_10153876461978416_9036295399343262168_n

 

 

11 responses

  1. Dit is voor veel grootouders waarheid.Ze zien hun kinderen en kleinkinderen alleen als ze iets nodig hebben maar een gewoon bezoekje zit er vaak niet in.Om te weten wat er met hen gebeurd moeten ze faceboek lezen.Spijtig toch en het leven is zo kort.

  2. Ek voel saam met Noag- Trompie kan ook lekker draai as dit by tye kom soos reën of warmte! Die lewe is gladnie regverdig nie- die swartskaap is so omdat hy weet hy gaan aandag kry! Nes jou hond ook as jy net raas as hy blaf sal hy telkens blaf om jou aandag te trek.

  3. Dis so waar,Tina.’n Mens behoort eintlik dinge te doen met die wete dat mens nie erkenning gaan kry nie.Dan verwag mens ten minste niks en jy doen dit omdat jy wil en jou motiewe is suiwer.
    Lekker gelag vir jou oulike foto’s!

  4. Sjoe, daai fb-ene gee my rillings! (Nie koue rillings nie, helaas – daarvoor is dit te warm hierso.

    • Ek ken ‘n vrou wat drie kiinders het en sy plaas seker 10 of mer foto’s van die oudste 2 en so nou en dan een van die jongste… dis so onregverdig. Dan praat ek nie eers van die oumas wat nie hou van die maat waarmee haar kind getroud is nie. Dis sooooooo onregverdig?

%d bloggers like this: