Sjoe, ek het hierdie week met die internet gesukkel. Jammer as ek nie by jou kommentaar gelewer het nie. Mens kom weereens onder die indruk hoe afhanklik mens is. Verder was dit ‘n besige week – die staatsrede word druk bespreek hier op die landgoed en ek het sopas op die krieket ingeskakel, met 111-6 lyk dit nie te sleg vir SA nie. Net soms kry ek so ongemaklike gevoel dat sekere sportsoorte so effens gekook word. Daar is baie geld in om ondersteuners se belangstelling te behou – nee moenie my aanval nie – ek wonder net.
Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jy het ‘n heerlike naweek en as dit reën stuur maar so bietjie aan.
1
2
3
4
5
6
Weer een heel fijne reeks waarvan de laatste foto me laat denken aan enkele jaren terug toen ik in Turkije op het platte land foto’s maakten waar die oudjes e naar keken of ik had hen in mijn camera gestoken.Wat gaat de vooruitgang toch snel.
Ja kinders is dol oor foto’s! Jy moet van jou kinderfoto’s wys
Ag liewe dit is die dierbaarste fotos. Nou nie die een van die “noodles” nie…. bly ek het nooit so ‘n kontrepsie hoef dra nie 😆
Ja ek sal maar ook die noodles skip!
Die kleintjies in jou fotos is baie ouliker as enigiets wat in die Parlement gebeur het… Lekker naweek, Tina!
Ek hou nie baie van babas nie maar die kleuters fassineer my!
Ek het ‘n geldjie bymekaar want ons wou die duiker laat wegneem en nou lyk dit of ons nie toestemming gaan kry nie. Kan ek dalk ‘n lek of iets vir haar van die geld koop? Wat sou jy voorstel?
Sjoe Tina, nee, nou vra jy my vas! Ek dink dis beste om by n veearts kers op te steek – jul plaaslike DBV behoort jou na een te kan verwys wat spesialiseer in wild.
Aha my buurvrou se seun is juis ‘n veearts (en ‘n boer)
Nommer 2 : Dis wat ek van SONA dink.
Die stomme kind!
Hei Tina, die kraaie gaap hierso! Bly jy is weer aanlyn, dit kan mens verskriklik frustreer.
1. “Wat skinner julle so?”
2. Kaboutertjie
3. Vervoering
4. “Maar Poplap, jy moet tog besef dit gaan nooit werk nie…”
5. Hoogs onvleiende watervlerkies!
6. Verwondering
hehehehe jy laat my altyd lag!
Besonder kunstig die week. Dankie.
2016-02-12 15:39 GMT+02:00 rondomtaliedraai :
> rondomtaliedraai posted: “Sjoe, ek het hierdie week met die internet > gesukkel. Jammer as ek nie by jou kommentaar gelewer het nie. Mens kom > weereens onder die indruk hoe afhanklik mens is. Verder was dit ‘n besige > week – die staatsrede word druk bespreek hier op die landgoed en ek” >
Ek hou baie van beeldhouwerke
Thank you for the 😀 Happy weekend!
Thank you Amy!
precious!!!
Thank you!
Haha mo 5 – was dit die voorloper van die pool noodle waarmee ek so graag in die water ronddryf?
Ek is seker jy is reg!