RSS Feed

Klakouse

Die week se Vrouekeur het ‘n oulike artikel in oor Klakouse. Ons kla almal maar so van tyd tot tyd, maar ongelukkig is daar mense wat dit hulle stokperdjie gemaak het en hulle het so verslaaf aan die gewoonte geraak, dat hulle moeilik daarvan kan afsien.

Volgens Elizma van der Smit is daar 6 soorte klakouse:

  1. Die miserabele klakous  – Die staan elke dag met die verkeerde voet uit die bed op.
  2. Die dramaties klakous – Dis die algemeense een – klein voorvalle word opgeblaas.
  3. Die stil moordenaar – Hulle kritiseer heeldag ander.
  4. Die arme ek – Kla heeldag oor hulle tragedies en mislukkings
  5. Die paranoïese klakous – Almal is daarop uit om die persoon se lewe moeilik te maak.
  6. Die bakleier  – Ontplof oor die kleinste dingetjie.

Kom laat ons bietjie hoor watter soort klakous is jy? Vra ook sommer vir ‘n geliefde of hy/sy reken dat jy darem net al te veel kla – dan kan jy mos iets daaraan doen?

Het jy al geglimlag vandag.

398091_200202820123393_1957653001_n

10603542_1003739282987842_7013649049682976057_n

550204_202897726520569_826329815_n

12592425_1290742527619515_8199333039568083716_n

12662490_930416257072269_6989200647741654389_n

12647244_10154272813204578_5830736267744713098_n

 

 

31 responses

  1. Hegga hegga hegga! En kannie kla nie – ek is klaar met die kla!

  2. Ek probeer om nie te kla nie! Maar die hitte,,,,,,,

  3. Vandag was ‘n geseende dag vir my. EK het heeldag gelag en geglimlag.

  4. Ek dink ek kla baie oor die weer….. dan te warm, dan te koud. Hopenlik is ek nie ‘n te klakous nie. Gaan my vriendinne vra. My man gaan def sê ja.

  5. Ek probeer om so min as moontlik te kla. Ons het soveel om voor dankbaar te wees.

  6. Ek hou van daai eerste foto.Ek was ‘n klakous,maar het ‘n groot poging aangewend en my lewe omgekeer.Mens moet bewustelik daaraan werk!

  7. Ek kan ook hoger spring as die gemiddelde huis! Nes n wildsbok dus, het ek niks om oor te moan nie…😀

  8. 😀 I stay away from grumblers, whingers and moaners.

  9. “Fasten your sit belt” – ja wragtig…

  10. Ai tog, ek hou van kla, al is dit net my hond wat luister. Dit beteken darem dat ek nog leef en belangstelling toon in die lewe, anders sou ek net stilgesit en verdrietig voor my uitgestaar het, wagtend op beter dae. Ek dink ek is ‘n nommer 2 Klakous! Jammer man.

  11. wat is Klakouse ?

    maar de glimlach is er hoor😉😉😉

%d bloggers like this: