RSS Feed

Liefdadigheid

Eish … ek is een van die mense wat so kan wroeg oor liefdadigheid.  Ek dink nie ek is die suinigste mens op aarde nie en gee graag ‘n fooitjie of vir mense wat my vra(soms ook nie vra nie), maar dan op ‘n oggend soos vanoggend  is dit of my nekhare regop staan as die man by die verkeerslig met sy stuk karton my aandag probeer kry. Ek ken glad nie sy omstandighede nie maar hy en sy vrou(?) staan baie gereeld op dieselfde plek.

Ek wonder oor die mense en is tien tree verder spyt ek het maar nie ‘n geldjie gegee nie, met om by die volgende verkeerslig die man met  lisensiehouers en ander goedjies te sien… moes ek maar vir hom gegee het? Ek kan darem so wroeg oor hierdie mense. In ons dorp is daar heelwat liefdadigheidsorganisasies en die staat se gesinsorgdepartement het ook ‘n kantoor. Ons het ‘n hele paar skuilings waar jy goedere en geld kan aflaai.  Waarom wonder ek, pla die mense by die verkeerslig my so – omdat ek nie gee nie? omdat ek nie betrokke wil raak nie?  of omdat dat ek eintlik nie saam met hulle keuse van geld insamel stem nie?  Wat voel jy oor die mense op die straathoeke?

Grinnik… ek het toe sommer om my gewete bietjie te flous my naam na 38312 (Afriforum se droogtehulp) gestuur!

Kom laat ons maar afsluit met ‘n glimlag.

373455-650-1449557687-upclose

10376820_1006512049376080_3100946503037313883_n

12144912_10153319144430756_7565642575616798932_n

12341582_920445208036517_4294005375810840799_n

12509408_1082652528434905_1805664751675428510_n

10386763_1009977065696245_3748911845153550797_n

11227379_1527369880890853_4622078254163515419_n

 

 

 

27 responses

  1. Die gebedelry raak nou ‘n groot ongerief in ons area (Cresta, Linden, Fairland) Die SAPS stuur nou selfs op FB boodskappe uit dat mense asb nie hierdie bedelaars moet help nie, want sommige van hulle kan vreeslik ongeskik raak. Dis ‘n moeilike een.

  2. Op RSG, ‘n jaar gelede was daar ‘n uitgebreide onderhoud met ‘n leraar wat intensiewe navorsing gedoen het oor die straathoek-fenomeen. Sy antwoord was eenvoudig, jy gee NIE!!!
    Ongelukkig is die mense afhanklik van dwemmiddels in ‘n meerderheid gevalle. Deur geld te gee maak jy dinge erger. Onthou, hulle het die proses van manipulasie vervolmaak, hulle sit jou ore aan!
    Ja, gee maar ‘n broodjie of ‘n bak kos of so iets. Ongelukkig verkoop hulle selfs kos vir dwelms.
    Hier in Pretoria, en ek praat nie eens van die groter JHB nie is daar ‘n toenemende aggressiewe ingesteldheid van die manne. “Hulle demand”. Ek voel glad nie skuldig nie. jy weet al lankal skuldgevoel is ‘n nuttelose emosie. Ek se altyd “get over feelings of guilt, rather DO something”. Ek sal mense met liefde help en ek het al hoeveel karre ingesleep, wiele geruil, ja, selfs geld geleen aan mense, en geld gegee, maar skuldgevoel kan nie gesien word nie, dit is absoluut nikswerd, doen iets as jy kan, of doen iets as jy voel dit word op jou hart gedruk. Andersins, beweeg aan en gaan wend energie kosntruktief aan iewers anders?
    Dink ook prakties oor die hele situasie, as jy X% geld het wat ‘n gat in jou sak brand vir liefdadigheid, gee dit aan ‘n bona-fide organisasie?
    Hiers ‘n ander curve-ball, so af en toe se ek vir die manne, “as jy jou straathoek bietjie “opruim sal ek jou R100 aanbied vir die moeite” Etlikes wys my die middelvinger … figuurlik gesproke😉
    Ongelukkig is die hele ding ‘n enorme sosiale vraagstuk en ook ‘n tragedie. Daar is nie altyd aantwoorde nie.
    Wat dink jy?

    • Ja jy is reg! Ek het eendag nadat ek afgetree het in skooltyd vir ‘n kind gevra hoekom is hy nie in die skool nie, waarop hy antwoord hy is van Zimbabwe.
      Daniël vertel die mooi vergelyking van die mossie. Ek het ook al gedink as ek alles verloor het, sou ek regtig gaan huise skoon maak … ‘n taxi bestuur of ‘n tuinwerker geword het.
      Jy sou kon geld maak met jou kuns.

  3. Ek vererg my bitterlik lelik vir mense wat bakhand rondstaan.

    Destyds as jong meisie het ek in Pretoria vir Rentmeester in hulle gebou op kontrak gewerk. Sopas my eie tweedehandse karretjie gekoop en elke sent omgedraai. Een winter oggend net na 7-uur hop ek uit nadat ek so pas geparkeer het. Daar staan hy – emmer en lap in die hand. Sekerlik diep in die sewentig, plooi hande, oumens beentjies en krom in die skouers. Hy offer om my kar te was, en gee my die opsie om hom ‘n fooitjie te gee, of nie.
    Heeldag hol ek in die gange op en af, snoesig warm in die gebou se sentrale verhitting.
    Teetyd staan ek en klets met ‘n koppie sop in my hande.
    Etenstyd glip ek af na die parkeer garage maar vind hom nêrens nie…my kar blink – silwerskoon.
    Uitkloktyd voel ek mistroostig toe ek hom weer nie vind nie. Die mislike weer het veroorsaak dat die water nat nog om my kar wys.
    Vroeg die volgende oggend kry ek hom weer in dia parkeer area.
    Hy woon by sy geskeide dogter, saammet haar drie kindertjies.
    Sy staatspensioen na 24 jaar se staatsdiens was karig.
    Hy wil werk en vir sy dogter en kleinkinders se vakansie by die see spaar.
    Hy weier om te bedel.
    Nadat ek daai Omie ontmoet het – steek ek vas, ek gee nie.
    Vir die Kerk op ‘n tyd, totdat ek die Dominee se mouter en huis op die bult gesien het.
    Nou plant ek groente in my voortuin en deel links en regs uit vir almal om my – sakke skorsies en spinasie, tamaties en uie.
    Ek deel klere uit, en help deur te doen, maar geld gee – nee wat.

    Sien die Heer sorg dan selfs vir die mossie – maar Hyself vlieg nie daar by die nes verby en gooi sie kossies in nie.

    Lank terug het ek daarmee vrede gemaak dat ek wel gee, my tyd, my geduld, noem maar op – maar nie sommer geld nie.

    Daai ou wat sy kop in die krokkie se bek druk – kêns verby. Wonder of hy ooit die kans gehad het om sy film te ontwikkel?

  4. Veral die kinders wat so op die hoeke staan laat my wonder. Hoe het hul lewe gedraai om hulle daar te kry, wat sien hulle nie elke dag nie, hoe word hulle nie misbruik nie…

  5. Die lewe is maar vol draaie. Weet ook nie hoe om dit te hanteer nie. Vandat ek ondervinding van bedel in my eie lewe meegemaak het het ek nogal n “haat” vir sulke mense. Meestal is dit deur hul eie toedoen dat hul op hoeke staan en bedel. Daar is skuilings en plekke wat help.

  6. It’s very difficult to know what to do for the best. If the government did what it’s supposed to do, we wouldn’t have the people begging for money at the traffic lights. Love that first image. i don’t think I’d want to get so close to Mr. A.🙂

  7. Jy verwoord my gevoelens oor bedelaars. Ek bekommer my net altyd oor daardie woorde “Ek het geklop en jy het nie vir My oopgemaak nie.”

  8. ik koop elke maand de daklozen krant van de mevrouw die voor de supermarkt staat
    de glimlach is er hoor , en de Eekhoorn is mijn favoriet

  9. Tina ek wroeg net so oor hulle. Probeer hulle miskyk….. hoe help ‘n mens almal? Gee gereeld vir die karwagte, want hulle probeer darem geld verdien. Dan is daar nog God se Woord om mee rekening te hou. Hy praat so baie oor die armes wat gehelp moet word.

  10. Die probleem is, as jy elke liewe persoon op straat moet help elke dag, sal jyself ook noodgedwonge een van die dae daar moet staan. Gelukkig het talle maatskappye (insluitend die een waarvoor ek gewerk het) liefdadigheidsprogramme waartoe hulle bydra en ek is heeltemal gerieflik daarmee dat hulle elke maand ‘n geldjie by my aftrek.

  11. Jy som dit so mooi op! Die skuldgevoelens ens…! Maar ek en my man het maar besluit, ons gee vir die kerk, en hulle sal weet vir wie om te gee. Ai!

  12. Daardie mense wat lisensie houers en goeters smous ..het eendag vir ons vertel toe ons so stilhou “Welkom in my kantoor!” gedink hy is so kreatief.

  13. Ek ry elke dag n ompad om n sekere man wat by n robot staan mis te ry

%d bloggers like this: