
Vanoggend het ek my derde Chinese tuinslang gaan soek. Die eerste een het ‘n gat in gekry en mens moet met die ding in die hand staan, terwyl die tweede nou die dag ‘n groot gat in gekry het. Ai, ek kan darem al te lekker kuier tussen al die kleure en nuttelose goetertjies. Ek het vir my ‘n USB waaiertjie gekoop en die waai my al te lekker koel. Dis darem lekker vindingryke mense die.
Nou ja dit voer of dit net gister Vrydag was en hier is ons al weer. Ek hoop jy het ‘n wonderlike naweek. Dankie vir die deelneem of sommer net inloer. Jy kikker my naweek sommer op.
1
2
3
4
5
6
Terug pieng: Net ‘n veer | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie
lente 2016
begint 20 maart op het noorderlijk half rond
Oooo dis nog lank!
Hei, Tina. Die ergste van daai tuinslange is as hulle so knak…
1. “Sê my, doen jy die banting-ding?”
2. Mud’s up!
3. Moederhen
4. Grrillllll…
5. Skattebolletjie
6. Spaghettismoeletjie
Nee dis daardie wat vreeslik lig is en uitsit met die water. Nou pas die skakels van die nuwe een nie. … sug … mens kan nie wen nie. Dit reën ook rondom ons
Waaroor dink jy gesels die tweetjies op die klippies?
Die hond sit en koes, want uit daardie pyp uit kan enige oomblik ‘n straal water kom!
en ja, Januarie is al weer halpad.
En verlede jaar klink ver in die verlede
Ek gaan vanaand nagmerries he oor daardie vlermuise! Die hondjie lyk of hy iewers gepiepie het waar hy nie moes nie…. Botter kan nie in my mond smelt nie!
hehehehe ja skuldig is hy skuldig
Die ou woefie is so oulik! Lekker naweek, Tina!
Hy lyk so half skuldig!
Ek gril my tot in ander bloedgroep in vir vlermuise.. so bang vir hulle!
Ek ook … en hulle duik mos na jou hare toe.
Tina jou tuinslang storie klink te bekend! Ons het tegelyk ‘besproeingpyp en besproeing tydskakelaaar probleem gehad ons moes toe noodgedwonge tuinslang gebruik. Eweskielik kom ons toe lekkende krane, laste en gate agter.
Jou fotos vertel weereens elkeen ‘n storie. Veral die eerste foto van my. Kies jy maar watter een ek is.
Ons beheerliggaam is nog nie uit hulle blokke nie … Ons is deeltitel
Dis omtrent n broeise hen daardie! Lekker naweek daar in die Noorde, Tina!
Dankie Dis nog droog maar blykbaar loop die Limpopo sterk!
Dis wonderlike nuus, hopelik al sy sytakke ook!
Vandag ook gesien die Oranje loop … ons hou maar duime vas
Elke druppel wat val help. En elke druppel wat ons spaar ook.
Dis waar. Daar is baie plekke wat nog droog is. Ons het ook niks gehad nie
Ons bid dat dit gou kom, Tina. Het julle darem nog water in die pype?
Ja en daar is ‘n boorgat op die kaarte. Daar is glo sterk ondergrondse water hier . Hulle gaan ook tenks opsit om die gespaarde water vir ons te berg.
Dis goed om te weet dat dit darem nie so swaar by julle gaan as party ander dorpe nie.
Ja ek kry hulle so jammer Ek sien darem die Noord Kaap kry reën die twee dae.
Schitterende foto’s die je soms aan het denken zetten
Lekker naweek
Is dit ‘n vreeslike vet hoendermoeder of is haar vere net opgepof? Ek lief die vlermuisies. Lekker naweek; dis sopnat hier, hoop almal het lekker reën gekry.
Ons het eintlik nog niks gehad … maar ek hoop meer vir die boere. Dis heerlik dat julle darem nat en tevrede is
ik had een gaatje in de binnenband van de fiets
ook weer gerepareerd inmiddels
1 . lekker hé zo samen na het zwemmen
2. die kunnen gelijk onder de douche
3. kip is ff de weg kwijt
4. gezellig hangen
5. lijkt lief , maar onder tussen 🙂
6. eten en slapen tegelijk
wens je een fijn weekend
Hehehehe … skerp!
Ag jinne,die hoender met die duifies is te dierbaar!Ja die week het vinnig gevlieg.Dankie vir elke Vrydag se oulike foto’s,Tina.
Sy is voorwaar ‘n ware moeder