RSS Feed

Aksie-flieks… (18N… wel amper)

Ek hou van aksie-flieks. Dis gewoonlik so ver van die werklikheid af verwyder, dat ‘n mens maar agteroor kan sit en al die manewales kan geniet. Daar is nooit vreeslik bloed te sien nie en jy weet dis sommer net ‘n storie. Ek hou van die spesiale effekte en kan my verlekker aan al die slim planne wat die filmmakers maak.  Sit daarby vir my Tom Criuse en ek kan heel gelukkig my middag geniet.

Wat van jou? Watter flieks geniet jy en wat is jou heel grootste gunsteling.?

Het jy darem al vandag geglimlag?

1463904_10151925723511374_417627261_n

10419642_676706979136333_7778325787800335872_n

12314005_440091096192069_2228728705489549553_n

12346426_441033059431206_4539034990726383875_n

12508961_10204475501361635_2339105688604306767_n

12524194_674875165948245_353691641917044493_n

 

 

39 responses

  1. Hoe lekker lag ek nou! Ek hou ook van aksie flieks!

  2. Er zitten echt heel leuke bij..fijn weer eens te kunnen lachen

  3. Ag toggie, daardie baba met sy liggies beeld die realiteit van die lewe so mooi uit.
    Tot my kinders weet as hulle vir my ‘n fliek aanbeveel is dit geen “explicit” seks, geen vloek flieke nie. Die wêreld is vuil genoeg, sonder dat ek nog uit vrye keuse na die gemors sit en kyk of luister. Hou van flieke soos The Gladiator, ĺekker huilflieke soos The Notebook ens. Animasie flieke. Ware verhale. Nou is ek lus vir ‘n mooi fliek…. my dogter het The Last Song hier kom oplaai. Miskien kyk ek hom vanaand.

  4. Ek kon nou nie een foto uitsonder nie, ek het almal geniet!
    Flieks?
    Ek hou van ‘n dieper vliek, een met ‘n mooi storie. Ag, ek ken tog nie die terme nie. Maar ‘n fliek soos The Notebook.
    Romantiese flieks. Mooi flieks met mooi eindes.
    Dan geniet ek ook lawwe kinderflieks, soos Pirates of the Caribbean, of Madagascar.
    Soms Scifi as dit nie te erg is nie, die scifi wat darem ‘n storie ook het.

  5. Ek het nou geglimlag😉

  6. Oh, I just love those mankinis.🙂

  7. Ek hou van aksie flieks gemaak deur Luc Besson soos Taxi 1-3 (die franse een, nie die amerikaanse een nie), Wasabi en Leon the Professional. Franse aksie prente is nie vieslik en jags soos amerikaanse snert nie.

    Dan hou ek van aksie flieks van Quinton Tarantino soos Kill Bill Vol I en II en Pulp Fiction.

    En enige aksie fliek met Jonny Depp in want hy maak nie ‘pornografie met vuiste’ nie.

  8. Nou sit en sing ek saam met die leeu in my kop… en ek erken met trots, “The Lion King” bly na al die jare nog een van my gunsteling flieks😉

  9. Ek vrek vir ‘n ernstige drama – iets wat miskien ‘n volgepakte hofsitting insluit, agterbakse prokureurs en skelm geregs-manne, en Russel Crowe. Ai my swak hart. Enige iets met Liam Neeson sal ek opsoek. Die ewigdurende duikboot saga’s met daardie irriterende bliep-bliep-bliep dryf my gek. Kan niemand ‘n beter storielyn uitdink as kat-en-muis-onderwater-speel, met suurstof wat uithardloop, nie? Mafia flieks is flou – almal lyk dieselfde en almal skied almal vrek. Bloederige oorlog flieks probeer ek vermy, maar die spioen-oorlog-flieks het al my aandag. Ruimte wesens en Vampiere is nie vir my glo-waardig nie, of miskien reik my verbeelding net nie so vêr nie.

  10. Ek hou van ‘n slim fliek vol draaie en swaaie, iets soos ‘Shutter Island,’ maar ek hou nie van wetenskapfiksie en romantiese komedies nie. ‘n Paar van my gunstelinge is ‘Braveheart,’ ‘Juno,’ ‘The Croods,’ ‘The bridges of Madison County,’ en ‘Gran Torino,’ om maar ‘n handvol uit te sonder. Dan het ek ook nog ‘n baie sagte plekkie vir Afrikaanse en Suid-Afrikaanse flieks😊

  11. Aksie flieks is my leeeeeewwweee!!!!! (Lees dit in jou Sarel Seemonster stem…)

  12. ik mag ook wel wat wegdromen bij wat films of series
    maar vraag mij geen namen🙂
    de glimlach heb je van me hoor🙂

  13. Neee, onrealistiese flieks is nie vir my nie. Daardie van Hester is beter. Daardie swemdrag, is afskuwelik. Sal nou seker weer hoor ek is outyds. Wonder wat dink Lewies?

  14. Aksieflieks mmmm …. nee. Ek hou van flieks met ‘n sterk storielyn waar sterk vroue veral en sterk mans (innerlik sterk) dinge gedoen kry deur net na hulle natuur te leef – niks spiere en vuise nie nie. Ek het hierdie week weer ‘n paar oues uitgegrawe en gekyk: Steel Magnolias, Driving Miss Daisy, A River Runs Through It, First Wives Club, Death Becomes Her, Terms of Endearment (enigiets met Jack Nicholson in!) En absoluut enigiets met Patrick Swayze in😀 – selfs my man kan ook al die liedjies sing wat uit Dirty Dancing kom haha.

  15. Snorts! Love these my friends. XOXO – Bacon

%d bloggers like this: