RSS Feed

Banke – geld – internet…

Eish, as mens nie baie slim is nie en aan die verkeerde kant van die tegnologiese eeu gebore is, kry mens soms die wind van voor (As die wind nou mens afkoel in die hitte, sou dit gaaf wees).  Ek sukkel nou vir 2 dae om ‘n rekening te skep dat ek vir my sus in NZ se verjaarsdag ‘n geldjie kan stuur  … sug… ek is nou nog nie suksesvol nie.

Gister vertel die Landgoed-inwonders – jong die banke gaan doodstil wees, want almal se geld is op. Daar suiker ek toe af bank toe en sien daar sit letterlik honderde mense op die stoep… gaan maar in en word met ‘n uitsonderlike toneel begroet – soveel mense het jy nog nie gesien nie. Die man voor my was nommer 332 en dit was kwart oor drie, terwyl die bank half vier sluit!  Gelukkig was daar niemand by die internasionale toonbank, maar die mense kon my nie help want mens moet vir internet banking by die enkele rekenaar in die portaal gehelp word.  Nee regtig die lewe hier in Afrika is nie vir sissies nie.

Het jy darem al bietjie geglimlag in die nuwe jaar?

1512572_732011500144306_1144376093_n

189800_10152332586895160_35175964_n

535033_1515990292034230_8563702128587179329_n

1914374_1513786178921308_3021395404254911144_n

12295283_949745488429753_389691268284441772_n

1424508_1512050742428185_6814416139920519564_n

10649994_1514607298839196_1305169085946416261_n

 

30 responses

  1. Like die bra om die boom

  2. Aai, ek is bly ek hoef nie so te sukkel nie en dan is dit nog warm ook.

  3. Ja die frustrasies van die moderne tyd!
    Ek is nou oppad om met my skottelgoedseep te gaan stort…

  4. Liewe land. Dis hier net so warm soos in die Kruger. Miskien moet ek teruggaan soontoe …
    Lekker gelag vir jou shampoo-warning.

  5. Hoop jy kom gou reg….. wanneer verjaar Scrapy?

  6. Aaw… that smallest single sock deserves a mate. I love the new look male mannequin. It’s much more in keeping with today’s man.

  7. Jong ek dink hierdie hitte maak almal deurmekaar die internet ook. Daar is so mooi woord daarvoor ,n glitch, hulle raak al hoe volopper…….

  8. Ek hou van die komkommer idee. In jul geval help die nattigheid nie vir die hitte nie. Ek stem met nowathome dalk saam oor paypal. Dis waarmee meeste mense hul geld heen en weer stuur.

  9. google dit, het dit al baie gebruik, ook geld NZ toe gestuur, jy moet rekening skep

  10. van de bank snap ik niet veel
    maar de glimlach heb je🙂

  11. Ha ha welkom in die klub. Ons het kinders in Switserland en werk nou so ons koop die kant die geskenke en as hulle kom kuier koop hulle vir ons en neem ons geskenke saam huistoe.

  12. Tina, probeer paypal. dis veilig en baie maklik om te gebruik

%d bloggers like this: