RSS Feed

Onderwys – geld – waarde

10930851_864209216982395_2876734257708565986_n

Deur die jare het my mening oor die land se onderwys al ‘n hele paar keer verander. Vanoggend plaas ‘n oud-blogger Suna die volgende lys van die duurste skole in SA.  Dis baie interessant en die kommentare op die artikel is beslis ook die moeite werd om te gaan lees:

Most expensive schools in SA (2015)

School                                              Annual Fee (Board)                    Annual Fee (Day)

Hilton College                               R219 500                                                  N/A
MichaelHouse                              R208 320                                                  N/A
St Andrews College                     R199 140                                                   R88 950
Roedean School for Girls           R196 539                                                  R107 670
Kearsney College                         R195 800                                                 R134 800
St Johns                                        R194 231                                                   R115 067
St Andrew’s School for Girls     R189 830                                                 R102 400
St Martins                                     R184 460                                                  R112 000
Bishops                                          R184 120                                                  R105 520
St Stithians                                   R181 693                                                  R104 770
St Mary’s School Waverly          R181 900                                                 R100 650
St Alban’s College                       R181 000                                                  R102 900
St Mary’s School for Girls         R173 700                                                   R92 450
Diocesan School for Girls Grahamstown R171 810                                 R86 100
Kingswood College                  R171 030                                                     R89 550
St Mary’s DSG                          R166 155                                                      R90 630
St Cyprians                                R159 774                                                     R83 974
Herschel Girls’ School             R157 560                                                     R78 960
The Wykeham Collegiate        R154 820                                                    R83 500
Treverton College                     R149 800                                                   R72 800
Bridge House                             R149 490                                                   R81 680
St Charles (PMB)                      R142 900                                                   R75 700

(jammer die kolomme is nie onder mekaar nie…. tegniese vaardigheid is maar beperk)

12140677_935279953208654_6138907169115282457_n

Ek het ‘n paar goed waaroor ek wonder:

  1. Koop mens goeie onderwys vir jou kinders? Wat as jy dit nie kan bekostig nie?
  2. Kry hierdie kinders voorkeur by universiteite?
  3. Van hierdie skole skryf ook net die gewone Senior Sertifikaat eksamen… wat bied dit nou meer by ‘n staatskool?
  4. Die Nasionale onderwys van die land is seker van die swakste in die wêreld – wat gaan dit verander? Is ons net van die regering afhanklik daarvoor?
  5. Al hoe meer wonder ek of tuisonderrig nie die antwoord is nie?

12074927_924805217589461_3458263303282660437_n

65 responses

  1. ‘n Baie interessante debat waarvan ek te min weet om regtig my opinie te lug. Maar ek wil tog maar ‘n paar eiertjies lê: (1) Die skole watjy noem is buitensporig duur – meer as universiteitsonderrig. Die vraag is dus of hierdie kinders werklik soveel meer sukses van hulle lewe maak wanneer hulle die skool verlaat, as ander kinders? Anders regverdig dit nie die koste nie. (2) Baie model C-skole vaar uitstekend en rus kinders wonderlik toe. (3)’n Mens kry darem ook sekerlik goedkoper privaatskole. (4) Op die ou end hang dit van elke persoon se individuele omstandighede af. (5) Tuisonderrig kan net werk as die gesin wat dit gebruik, opvoedkunde verstaan en dissipline kan toepas.

  2. Fijn onderwerp dat me heel nauw aan’ t hart ligt.I was 38 jaar kleuteronderwijzeres en niets is zo belangrijk voor een kind als onderwijs.Alle kinderen zouden naar school moeten kunnen gaan en kinderarbeid zou echt niet meer mogen Laat ons hopen dat die ook zal verdwijnen.

  3. Ja, dis ‘n baie sensitiewe onderwerp né? As ek sien wat die skoolgelde nou is, is ek so bly my seuns is lankal uit die skool en gelukkig het ek nog nie kleinkinders nie. Die lewe is hopeloos te duur. Ek dink ook privaat onderrig gaan op die ou end die beste wees.😀

  4. Voorspoedige Nuwejaar.

  5. In sekere situasies kan dit werk, en in sekere gevalle nie. Ek vind so iets bitter moeilik met my tweeling – hulle kompeteer vir onmiddellike aandag, en selfs die gewone huiswerksessies is nou al ‘n wedstryd. Ek het self my oudste dogter getuisskool – sy is outisties – en dit was ook ‘n vreeslike taak. Miskien omdat ons besigheid se kantoor tuis is. En die drie kinders mekaar te lyf gegaan het oor wie kry wanneer aandag. Ag nee wat, my bloedjies moet maar gewone staatskool toe gaan, leer om met die anderskleuriges klaar te kom, en hul bes doen. Die lewe is rof – skool maak jou oge oop.

    • Ja dis nie vir almal nie en daar word in sekere skole baie goeie werk gedoen. Dis net dat die onderwys oor die algemeen nie goed is nie. Daar is nog baie suksesverhaal so ons kan aanhou hoop nie waar nie.? Sterkte elke ouer het dit nodig!

  6. My seun het homself uit matriek gehaal en toe sy matriek deur Breinlyn bekom, hy het verder studeer en’n goeie werk en hy kan vir homself dink. Daar kan sosiaal baie verkeerd gaan by die skole…..

  7. Ons het nou maar een jaar se ondervinding met n kind in die skool, gelukkig (vir ons beursies) nie eens teen n tiende van sommige pryse in jou lysie nie! En ek is oortuig dat Joubert se graad R opvoeding in n goed bestuurde “model-C” Afrikaanse staatsskool met fantastiese onderwysers nie in die minste vir hierdie skole hoef terug te staan nie!

    • Ja ek was vir ‘n miljoen jaar deel van ‘n goeie skool en was altyd teen die tuisonderrig ding … ek dink nou net anders. Dit was net vir my interessant. dat nie een van die skole Afrikaans is nie

      • Ek’t ook raakgesien dat nie een van die skole Afrikaans lyk nie. Ek wonder ook hoeveel van die fooie gaan vir wins vir die skool se aandeelhouers, en hoeveel vir die skoolopvoeding van die kind wat dit betaal?

        • Eish … ek kan jou vertel van rugbytruie, spreiligte, ens, ens. en dit by ‘n gewone arm Model C skool. Ek moet jou vertel van die sport toere waar kinders al Donderdag ry of 10uur in die oggend. Miskien is ek net bitterbek Ek wens dat ek kan sê die oorgrootte van die geld gaan vir die kinders se opvoeding… Ek is dalk die verkeerde persoon om my mening uit te spreek want om dit te verander is nie meer in my hande nie maar in julle jong ouers en jong onderwysers sin

  8. My mening oor jou vrae 1 Ja dit is moontlik om goeie onderwys te koop maar die belangrike ding wat die skole verskaf is toegang tot die ryk kliek. As jy dit nie kan bekostig nie sal die kinders 90% harder moet werk en tevrede moet wees met die oorskiet 2 Natuurlik want hul behoort almal aan die regte klubs en dra by tot die regte swart liefdadigheid of bemagtigingskema 3 Gewoonlik goeie fasiliteite hulp-moontlikhede en wyer fakkeuses 4 Goeie onderwyser opleiding. kliener klasse in die primere skole, meer moedertaal onderrig, goed toegeruste skole ouer-ondersteuning en ‘n wonderwerk of ses 5 Ek dink nie tuis-onderrig sal ooit die massas se probleem oplos nie. Die tuisondersteuning ontbreek en die gevaar van ekslusiewe gedrag is net so groot soos die prifaat skole

  9. Ek het nou eers lekker gegiggel vir jou prente. Maar daarmee saam wil ek dikwels net huil oor onderwys in ons land. In my opinie betaal mense ‘n fortuin vir privaat skole sodat die onderwyser tot kind verhouding beter kan wees en die hulpmiddels duurder. Maar ongelukkig is die druk in die skole ook dikwels net nog hoër op die kinders.

    Ek dink wat my hartseer maak is dat onderwys ‘n geld maak skema geword het. Groot besighede sien ons kinders net as nog ‘n mark om te tap. Of dit nou privaat skole is of kurrikulums vir tuisonderwys. Hulle sien so dikwels net Rand en sent en nie die kosbare kinders nie.

    Ek wens ek kon se tuisonderwys is die antwoord, maar dis onrealisties om te dink dat elke kind in ons land tuis onderrig kan word. Meeste gesinne het net ‘n enkel ouer wat spook om kos op die tafel te sit. Om nie te praat van die wat self ‘n lae vlak van geletterdheid het en so graag meer vir hul kinders wil hê nie.

    • Nee dis werklik nie vir almal nie en ook nie vir elke kind nie. Die gesinssamestelling maak ook ‘n verskil. Ek gaan regtig vir Hester jou blog laat lees. Sy sal dit baie geniet

  10. In die digitale era is daar deesdae baie minder struikelblokke as dit kom by ouers wat deur omstandighede gedwing word om tuisonderrig te gee. Ek het al persoonlik skouers geskuur met IMPAK, wat kurrikulums genereer vir tuisskoolonderrig wat dit met groot vrug toepas.
    Ek kry ook ongelukkig baie kinders wat terugkeer na die hoofstroom van tuisonderrig af wat glad nie op standaard is nie. Ons moet net nie die fout maak en alle tuisonderrig oor dieselfde kam skeer nie. Dit lyk tog soms vir my dat diegene wat weghardloop van harde werk met n kind, die meeste sukkel as hulle terugkom. Redes wat wissel van boelies en voortrekkery en nie-insluiting in spanne en te veel swartes in die skool dra soms seker waarde maar is in die meerderheid gevalle net n rookskerm. Ek vind ook dat baie van die kinders wat dan gaan, deur die dag in die straat ronddrentel.
    Ek ken persoonlik mense wat werklik ‘n sukses van tuisonderrig gemaak het oor drie redes. Nommer een is hulle baie toegeweide mense met n visie vir hulle kinders. Nommer twee doen hulle absoluut moeite met n studieplan en derdens is hul dag uiters gestruktureerd. Daar is nie formele periodes nie maar hulle werk na mikro doelwitte op ‘n makrostudieplan elke dag.
    As daardie aspekte by ‘n staatskool teenwoordig is gaan dit baie meer effektief en ekonomies wees om jou kind in die staatskool te sit. As sulke ouers dan betrokke raak by die beheerliggaam kan hulle berge versit vir die gemeenskap.
    Dit is uiteindelik die hele doel. It takes a village to raise a child. Soos Odysseus vir sy vriend Mentor gevra het om sy seun te begelei na volwassenheid toe, bly dit akademies net meer holisties indien ‘n objektiewe buitestaander medeverantwoordelikheid neem vir jou kind se wording.
    My eie kinders was in die skool waar ek skoolgehou het maar die onnies wat die meeste in hulle lewe inbetaal het was my kollegas.
    Ek kon by die huis weer die stof in balans en perspektief plaas as ons informeel daaroor gesels het.
    Education is caught and not taught.

    • Ek sien dat baie ouers leergroepies vorm met ander ouers. Dan word die kinders saam onderrig in kuns byvoorbeeld, en saam op uitstappies geneem. Sommige ouers is meer ervare met wiskunde, terwyl ander weer taalonderrig verskaf. Dit maak vir my sin.

    • Ja ek het ook al daardie terugkommers beleef en moet ongelukkig sê hulle is vir ‘n hele lang tyd geknou.
      Ek stem ook saam dat mens daarop moet besluit om die regte rede.

      Baie interessant Ek hoop Hester kom hier lees

  11. Die privaatskole is heeltemaal te duur en lewer ook maar nie die beste resultate nie omdat nie alle kinders en onderwysers ewe vaardig is nie. Help nie jou kind is in n posh skool en dan het hy nie die vermoë om te vorder nie. Tuisonderrig is goed as jy n toegewyde moeder het wat help om kind te leer. Die inligting is regtig die moeite werd!

  12. Sport kan mens altyd ‘n plan maak. Die skole om jou gee gewoonlik nie om as jou tuis onderrig kindjie gaan saam oefen vir Rugby, en atletiek, tennis en na-skoolse swem nie. Solank hy/sy net nie ‘n skoolgaande kind se eerstespan se plek opneem nie. Ons he ingeskakel by ‘n privaat swemgroep en gereeld gala geswem met die ander skole. Tennis was sosiaal gespeel, en tussendeur het die bergfiets resies baie aftrek gekry. As mens plan beraam en bly geleenthede soek, kan daar plan gemaak word met sport.

  13. goed onderwijs is heel belangrijk , helaas is veel geprivatiseerd en gaat het nu om de centen😦

  14. Ek stel baie belang in hierdie debat, want my kinders het ook begin om tuisonderrig as alternatief te ondersoek vir hulle dogtertjie. Heelwat van hulle vriende het hierdie pad reeds begin volg. Behalwe miskien vir gebrek aan georganiseerde sport, wat dink jy is die nadele van tuisonderrig?

  15. Wat kos die “beste” Afrikaanse skole, Tina ? Ja, daar is min swart skole met gevestigde koshuise, vermoe’ende , Old Boys, toegewyde onderwysers, duur sport en kultuur fasiliteite.
    Daarom betaal ryk swartes deesdae die astronomiese skoolfooie van Michaelhouse ens. Hoogstens 10% van kinders kry plek in model C skole , en hulle het beslis n geweldige voorsprong.

    • Ek dink mens moet bietjie dit google. Hulle het ook genoem dat net 2.5% dit kan bekostig. Jy weet seker dat Katriena by die genoemde Michaelhouse skool hou? Ons het ook een in die drop maar die kwaliteit is nie eintlik noembaar nie.

%d bloggers like this: