RSS Feed

Versoenings… dag

Ek voel vandag nie te angstig tot versoening nie.  Ja, wel vir die groot goed soos die landsake, die weer en die belangrike dinge, dink ek niks kan regkom sonder versoening nie.  Ek is egter nukkerig oor die Litnet blogs toestand.  Ek moet my dalk versoen met die gedagte my blog vir altyd daarmee heen is, maar nou het ek sowaar ‘n e-pos gekry wat karonderdele verkoop.  My e-pos aan Litnert is natuurlik glad nie geantwoord nie, maar die spammers het nou my adres!

Eish, mens kan sowaar nie wen nie! Dalk sal ‘n glimlag werk?

11215752_1261223110571457_5302942067185797404_n

12241233_10153101624836568_3626088289487739579_n

12345417_916682231773267_8014728997176956534_n

time-to-move-12-e1449849454819-1024x870

12042760_898111573577161_3510291687355298968_n

12219478_894217240673532_2855084650818158227_n

 

 

22 responses

  1. Hie-hie, ek het nou weer lekker gekuier, dankie.

  2. dus geen krant meer tot in het nieuwe jaar

  3. Whahahahahaha! Hoe lekker skater ek nou Tina! Ja, laat ons eerder lag en jy weet goed hoe om dit reg te kry.😀

    Die Instagram girls het my so lekker laat lag want dit is omtrent die waarheid. Wys jou net wat sekere mense sal doen net om lekker te leef en in die spotlight te wees. Nee dankie!😆

    Ek is ook nie goed met die versoening ding nie en as mense ook kom met die storie dat dit ‘Kersfees’ is en mens moet vergewe en vergeet wil ek sommer die horries kry! Vir wat wil mense die tyd van die jaar gebruik om sulke dinge te doen? Dis iets wat mens elke dag van die jaar moet doen. Nie net sekere tye van die jaar nie. LOL!

    Ja, laat ons eerder lag en nie so serious wees nie. Dis waar wat die spreekwoord sê.

    Dankie vir die lekker laggies. Jy word waardeer.😀 ♥

    • Ek vergewe nogal heel maklik maar die vergeet is die probleem vir iemand met oorgawe kan wroeg oor goed maar moeilik

      • Dieselfde hier en dit hang ook af of dit iemand is vir wie ek omgee. Ek kan nie kwaad bly vir iemand nie en jy is reg, dit is maklik om te vergewe. Dis daai vergeet wat die probleem is. Ek ken van daardie wroegings.🙂

  4. Myne is darem nog daar, dít nadat ek hulle so sleg gesê het. Wys jou hulle het niks gelees van ons kommentare nie.

  5. Hilarious collection of nonsense, Tina. 😃

  6. ‘n Mens kan maar net glimlag!😀

  7. Hehe – oulike prente. Jammer oor jou artikels by LitNet. Gelukkig is WP sin darm veilig. Spammers is groot irritasies. Lekker aandjie vir jou.

    • Ja maar die meeste goed hier is maar twak… Daar het ek oor persoonlike goed ook geskryf. Spesiale mense en vriende se kommentaar is ook weg. Sommige van hulle is al oorlede.

  8. Ai, Tina – toe jy nou na jou blog op LitNet soek, het ek myne daar weer opgespoor! Dis werklik ‘n stuk van mens se lewe en ek dink nie die lot by LitNet gee ‘n duit daaroor om nie.

  9. nu de glimlach heb je hoor🙂
    en dat blog zal zeker weg zijn
    en die spammers als zodanig steeds weer aanmelden in d mailbox
    suc6

%d bloggers like this: