RSS Feed

Vrydag Byskrifte (18N)

Miskien moet ons ‘n nuwe naam kry vir die Sosiale Media, want baie van die wat daar kuier, gee nie ‘n snaps om oor die ander mense wat ook daar is nie. Dit gaan net oor hulle eie mening en siening.  Elke sin begin met “EK” en dit wat gesê word is gewoonlik kritiek oor ander.  Hulle besoekers is gelukkig as hulle met ‘n ‘like’ beloon word.  Daar is nooit enige aanduiding dat hulle iets van jou lees of geniet nie.  Dit laat mens half wonder.  Aan die ander kant is daar die paar mense wat altyd met waardering en humor jou nietige ou goedjies lees en besoek. Baie dankie aan julle – jy kikker my dag elke keer op en ek waardeer dit meer as wat jy ooit kan besef.

Dankie vir die deelneem/inloer. Hoop jy het ‘n heerlike naweek!

1

12033098_10153693180189783_7183389451684568347_n

2

11011928_725430037557299_1233575883600445434_n

3

12107840_914060778663543_2505591160350129111_n

4

156205-R3L8T8D-650-leaning

5

12226935_726180714148898_5123109208040781559_n

6

1723479_10203284914019852_2473884475420847581_n

 

 

52 responses

  1. Altijd fijn om hier aan te kloppen.

  2. Sjoe – julle het omtrent lekker gesels oor die naweek hier . Ek kon jou darm hier ‘n ‘like’ gee Vrydag, daarna was die ark oop by die werk. Maar ek is terug.

    Die pakanienies het my nogal laat glimlag. Wonder of die foto geneem is onlangs, of jare terug.

    Lekker dagie verder

  3. Miskien is ek dig maar ek verstaan nie watter mense, en wat doen hulle nie? Ek het voorheen gehoor mense baklei oor Fb maar het nog nooit so iets teëgekom nie. (Behalwe vir die vernederende stel wat ek op die Jesus program afgetrap het.) Ek wil rêgtig weet want netnou is ek sonder wete ‘n doring in die vlees.

    • Grinnik… kyk net hoe fyn trek daai nerf nou? Nee wat Ek praat van mense wat jou soos ‘n skoothondjie laat voel. Hule verwerdig hulle nooit om jou te antwoord of om by jou te draai nie … en moenie sê hulle het nie tyd nie…. as mens tyd het om te blog het jy tyd om kommentaar te antwoord?

  4. Arme ou Victor met sy oupa broek. haha..

  5. Ag jinne,ek sien nou eers dis skuim!Ek dag dis ysblokkies…wys net hoe verkeerd mens soms oplet!

  6. Tina,kyk hoe baie mense het hier kommentaar gelewer.Dis jou vriende wat jou waardeer vir wie jy is.Jy is altyd ‘n ligstraaltjie hier op die blogs.Die wat te veel EK,kan mens gerus maar afskud.Ek is bittermin op FB,want dit irriteer my vreeslik as ek pienk versies kry…lol
    Ek voel soos daai supermanvrou..uitdagend met haar voete op eish!

    • Ek weet dit klink of ek ontevrede is, maar ek is vreeslike dankbaar vir elkeen wat inloer. Daar is egter van die mense waar ek baie gereeld ook inloer maar hulle kom nooit hier nie. Ok toegegee is ek ‘n prulskrywer, maar net soms laat voel hulle mens soos ‘n skoothondjie.. Dis ook soms of mens hier ‘n geslote groepie is. Daar kom selde iemand nuut by en op Litnet het mense gekom en gegaam …

      Hehehehe … pienk versies pla my nie so erg as 1mijoen selfies nie. Is mense bang hulle gaan vergeet hoe hulle lyk? Kyk hulle nie soggens in die spieël nie?

      • Ek verstaan wat jy bedoel met mense wat nooit moeite doen om by jou te lees,al lees jy by hulle.
        Ek het nog nooit van myself ‘n foto geneem nie..mens se neusgate lyk altyd te groot en mens se gesigvorm vet en vreemd..lol!

  7. Ek laaik Supergirl wat so oop ketel sit(is mos 18 S)
    Ek geniet altyd jou skrywes, veral jou tjommeltjies.

    • hehehehe… ek bly liewer stil!

      Jong ek tjommel nie regtig meer nie Daar gebeur vreeslike oulike en prettige goed hier maar dis of ek die inwoners se waardigheid wil beskerm want ek is dalk ook oppad daarheen. Ek kan ook nie te wild die ontwikkelaars beskuldig sonder dat ek al die feite het nie. Ek het nie lus vir ‘n drama nie.
      Ons begin ook al hoe meer inwoners kry en dan ken mens nie almal goed nie en eki wil nie onnodig stir nie.

  8. (5) Antie Stienie oppad na n “fancy dress”toe!

  9. ik was al dagen niet op sociale media
    had er gewoon geen zin in
    zal het weekend wat gebruiken om
    3 sites welke ik volg bij te lezen

    1. kijk de bal in het gat

    2. bezopen schone slaapster

    3. samen uit samen thuis

    4. verveeld en vervelend

    5. jammer van die peuk

    6. waarom geen 2de lijn

    wens ik je een heel fijn weekend

    lieve groet , Karel

  10. Hahaha. You always make me laugh, Tina. The last one is my favourite. What a pampered pooch!🙂 Have a great weekend. xx

  11. Ekstra snaaks, ek stem saam. Ek vind die blogs baaaie meer opbouend, dis hoekom EK maar baie skaars is daar…..

  12. Dit is so waar! Ek moet ek waardeer dit baie as mense darem op ‘n pos reageer! Jou foto’s het my sommer hardop laat lag! Geniet jou naweek!

  13. Tina, ‘n mens (LW nie EK nie) het hierdie, soos al jou poste baie geniet… Inteendeel, hierdie een is briljant!

  14. Miskien het die ek mense nie ver geleer nie want dis eintlik swak om n sin met ek te begin…..

    • Jy is voorwaar nooit skuldig nie. Jou belangstellings is buite my algemene vriende se goed wat hulle plaas en nooit oor jouself nie – dis nou behalwe so een keer per jaar ‘n hondesnoet wat opduik!

  15. Ekstra snaaks vandag, jy.

  16. Whahahahahah! Het ek nou lekker gelag! Nee Tina, jy maak my dag hoor! Ek voel soos no. 6 maar ek belowe ek sal mooier sit.😆

    En die een in die laai? Daai is die beste. Dit laat mens wonder of sy iets verloor het en of sy nie meer lus was om verder aan te trek nie en toe sommer net besluit het om verder te gaan slaap. Hahahahahha!

    No. 5 is net so hilarious! Kyk die kind se gesig. LOL!

    No. 1 laat dink my aan Mr. Bean en die laaste een vat die koek. Die kind moet loop en die hond word gedra. Mooi so!😆

    Dankie vir die lekker laggie. Jy word baie meer waardeer as wat jy besef. Hulle moet Social Media regtig ‘n ander naam gee want dis allesbehalwe ‘social’. Jy is reg, meeste kerm en kla net en ja, min lees regtig of gee regtig om. Dis maar altyd die ‘eie ek’ wat belangrik moet wees. Ek sien op Facebook (Bragbook) is dit maar dieselfde. As hulle nie in die storie is nie, dan stel hulle nie belang nie en ken jou net as hulle iets soek. Pla my gelukkig nie. Ek het al mooi geleer hoe om mense te ignoreer. Ek geniet die paar wat wel besoek en mooi kommentaar los en waardeer hulle. Die res moet maar maak wat hulle smaak.😆

    Geniet jou naweek. ♥

    • Jy is heeltemal reg. en ongelukkig is die skrywers ook baie skuldig. Een vrou het vanoggend gekerm ooor goedjies wat geshare word, maar sy het nog nooit met my gepraat nie … nie eers op haar eie profiel nie laat staan nog op myne? Miskien moet ek al daardie mense afgooi en gewoon op die internet gaan lees waarin ek belangstel.
      Op my ouderdom het ek regtig nie lus om te kyk of ek in die laai kan lê nie – dink net hoe seer maak daai rand!

      • Dis maar mens Tina en dis wat ek doen. Ek wil net graag weet hoekom add mense jou maar dan word jy geignoreer? Ek het agtergekom party doen dit as hulle besighede het en hulself wil adverteer, maar ek is nie ‘n damn advertensiebord nie. Ander doen dit weer om te wys hoeveel ‘vriende’ hulle het, maar hoe kan jy 2000 ‘vriende’ se posts in een dag lees en op almal kommentaar lewer? Dis belaglik! Ek het al daardie spul afgehaal en geblok. My tyd kan meer gebruik word vir die wat regtig belangstel.

        Whahahahah! Daar is jy doodreg. Ek sal in elk geval nie eers in daai laai kan kom nie en jy sal my ook nooit in pantyhose kry nie. Ek het daai goed altyd gehaat!😆

        • Ja die meeste van hulle blog nie meer nie en het seker so baie vername vriende en familie … Miskien moet ek meer dinge op my ander profiel plaas … daar is net mense wat in foto’s belangstel maar dan mis ek al die kinders waarvoor ek skool gehou het. Sal maar bietjie moet dink daaroor. Lekker naweek!

%d bloggers like this: