RSS Feed

Sug… Ek verstaan al weer nie! (N18)

Ek verstaan nou al weer ‘n ding geheel en al nie. Met die krag tekort was daar ‘n honderd en tien verskonings en ons het allerhande goeters gekoop om die beurtkrag te oorleef.  Binne ‘n paar maande is al die probleme skielik opgelos… hoe kan dit wees? Waar het die geld vandaan gekom? Is al die onderhoud nou gedoen? Gaan dieselfde nou met die water gebeur?  Ek wil my polse afknaag oor die water by die Landgoed.  Dis of hier iemand is wat aanneem dat ouer mense hulle IK’s verloor het.

Miskien moet ek liewer my mond hou voor iemand my toesluit. Kom ons glimlag ‘n bietjie:

22103_10153152145819029_6139361234881846255_n

10367567_698913826866764_3224255470587352311_n

12042760_898111573577161_3510291687355298968_n

12246948_825876610857862_3373979461735609636_n

12189550_1641651676083454_6325633452331199901_n

12274213_707478212685409_7889180189488461640_n

29 responses

  1. Dis snaaks beurtkrag gebeur net voor “rate hikes” sodat ons almal maar net se ja en betaal. Dis afpersing.

  2. Hulle doen dit doodeenvoudig sodat mense al daardie ekstra goedjies kan gaan koop om te oorleef Tina. Dan maak hulle maaitjies ook geld. Jy sien? Ja swaer, dis politiek vir jou.😆

    Ek geniet jou skattige en humoristiese prentjies vreeslik baie hoor. Dis lekker om hier te land en dan lekker te sit en lag. Ek kroon jou maar ons ‘Lag Koningin van Sosiale Media’. Ek geniet hierdie funny memes vreeslik en jy weet net hoe om hulle te kies.

    Dankie vir die lekker lag hoor en al jou harde werk en tyd. Dit word baie waardeer. ♥

  3. Dis wat bekend staan as”poletiek”!

  4. dus je zag het filmpje🙂
    en nee dat doe ik alleen bij me zelf thuis🙂
    veel stof en skrop plezier🙂

  5. Jitte. Jy oortref jouself met hierdie grap-fotos. Met ander woorde jy kan by die eerste sign bo ook byskryf: “No water”

  6. Ek moet se, ek verstaan dit ook nie!

  7. Ja jong, dis nie maklik om saam met sulke alwetende mense te leef nie, dis hoekom ek hier in die bos woon – ek het my IK, humeur en goeie maniere lankal verloor. Ek dink ek moet ook daar op die landgoed kom woon, dan kan ons amok maak, ek en jy.

  8. Wat my verbyster is die gereelde persverklarings wat ons vertel hoe n enorme wins Eskom maak, net om afgewissel te word met nog n storie oor hoe sleg dit daar gaan en hoe die verbruikers maar net nog meer sal moet opdok om die ligte aan te hou…

  9. nu als jij het al niet begrijpt
    ik al helemaal niet dan
    maar de glimlach is er🙂

%d bloggers like this: