RSS Feed

Sondag Kopies

Elke mens het die reg om op sy eie manier afskeid te neem.  Dis die een ding war ouers en kinders sal moet verstaan. Vir sommige mense is dit makliker as vir ander. Elke mens neem swaai afskeid van sy onafhanklikheid veral as jy vir baie jare al jou sake self bedryf het en jy na hartelus jou eie foute kon maak en weer herstel. Jy weet daardie tyd kom, maar niks berei jou voor as hulle wegry met al jou goedjies nie. Niks berei jou voor vir die feit dat hulle jou laaste kar gaan kom haal en jy afhanklik van ander sal wees vir die res van jou lewe.

Die lewe is sowaar nie vir sissies nie!

Wag voor ek mistroostig raak, kom ons kyk wat daar te kope is. Hoop dis ‘n mooi week!

263651_405396632863296_2121796334_n

10429824_379014752266482_4277527840704631392_n

11218890_1065995370100267_7602436592586159835_n

12243081_1161994433810996_5800141127032323771_n

12118593_718950414871928_2643500682409826619_n

12115647_1003219673064636_8327959073390323714_n

31 responses

  1. Wat een prettige beelden.Zo’n plastieken bel zou ik wel graag in de tuin hebben Lijkt me heerlijk als het regent ben je toch buiten en beschermd.

  2. Armand was een zanger die sinds 1967 als een protestzanger begon
    was een markant figuur tot aan zijn dood

  3. Ja dis nie lekker om oud te word nie! Ek sal nie by my kinders gaan bly nie!

  4. Oehoe – die glas-slaapkamer vir my! Die oop-toilet is nie ‘n probleem, jy is tog alleen in die bos.

    Ja Tina, ouderdom is nie vir sissies. En om by ander (kinders) te gaan bly, ek weet nie. Soek dit nie.

    Pragtige prente, het die baie geniet. jammer ek raak so skaars, hierdie tyd van die jaar gaan dit vrekbesig! Geseënde tyd vir jou.

  5. dank je Tina
    wens ook jou een fijne week

  6. Ja, dis ‘n feit Tina. Mens moet beslis hare op jou tande hê om deur die lewe te kom, of is dit ‘hare op jou hoed’?😆

    Die toilet planters het my laat lag, veral toe ek my voorstel hoe iemand in die nag op daardie kaktus gaan sit!😆

    Daai pink kar is my gunsteling! Ek vrek oor ou motors en as ek so een gehad het, sou ek my hare ook pienk gemaak het. LOL!

    Oulike prentjies hoor! Dankie dat jy altyd so baie moeite doen om ons te laat glimlag. Ek weet hoeveel werk en tyd dit neem om so alles sorgvuldig uit te kies vir ander se plesier.

  7. Sou wat wou gee om ‘n volbloed donderstorm in daai deursigtige igloe te beleef.

  8. you know, every morning in the park I see a man who actually wears that silly ‘fur cap’…it does not make him look younger ;0) cheers, Johanna

  9. Een hap van daardie tjoklitkoekie, en alles is weer reg vir die week! Dankie dat jy elke week ‘n laggie op ons gesigte sit!🙂

  10. Dis ook maar goed mens weet nie wat op jou wag nie. Ek het my eendag so gewip vir my lewensomstandighede dat ek vir my moeder (toe 90 jaar oud) gesê het ek is vies vir haar omdat sy toegelaat het dat ek gebore word. Sy het gelag dat die trane rol en toe moes ek ook maar grinnik. Humor is ‘n goeie teenvoeter vir swaarkry! Jy sal oukei wees – jy weet hoe om te lag.

  11. Ja, ons weet seker nie wat vir ons wag nie! Mens werk so jou hele lewe lank om selfstandig te bestaan!
    Ek sal vir my man ook so ‘n keppie moet kry.

  12. Net gisteraand gesels ek en my seun oor daardie tyd van die lewe, en dat ander vir jou besluite neem. Not easy!!!
    Daardie twee drimme kan maat in my tuin kom staan🙂

  13. Net toe jy my na die sakdoek laat gryp om trane af te droog laat jy my weer lag. Is daardie eerste foto ‘n “HIS” en “HERS”

  14. Ek wil liewer nie eers daaraan dink nie,maar aan die ander kant besef ek nou eers hoe oulik my een vriendin is, sy het nounet vir haar ‘n nuwe kar gekoop op die ouderdom van 83. Ek wil ook so oud word!

    • Ja hier is ‘n tannie van 88 wat nog self ry maar dan ken ek ‘n dame wat nie regtig meer kan sien nie wat ook ry … ek wil nie eers dink hoe groot gevaar sy vir almal en haarself is nie!

  15. afscheid nemen is nooit makkelijk

%d bloggers like this: