Met die droogte soek die paddas water in ons tuintjies wat ons wederregtelik bietjie natgooi. Ja, ons spaar so veel moontlik water, maar probeer darem ook ons tuine red. Ons het darem gister nag so 6 druppels water gehad en vanmiddag het ‘n donderwolk oor die Landgoed getrek en dit het so effens stofnat gereën – daar word darem vir more reën voorspel.
Vanoggend terwyl my buurvrou inloer hoor ons ‘n noodroep op my stoep. Deurdringend word daar geroep en ons skuif meubels weg om te soek. Toe ek egter opkyk sien ek die jong prins wat op die randjie van verlede jaar se verjaardaggeskenk sit en roep! Hoe hy daar gekom het weet ek regtig nie… blykbaar klim hulle teen mure op, maar dit lyk vir my haas onmoontlik. Hy plas nou vrolik in die klip voëlbadjie rond.
Jou fotos is baie goed geneem, van die padda. Oulik!
Hy sit nog daar. Ons is bekommerd!
Oehoe – nou begin die moederinstink emosies ook nog inskop!
Nee nie regtig … ek hou net nie van goed wat dood gaan nie
Ja, jy kry paddas wat kan klim. Ek was geskok toe ek een aand ‘n padda teen die buitekant van my kombuisvenster sien sit het – ek meen op die glas. Blykbaar kan hulle op enige oppervlatte “plak” en onthou ons woon op die tweede verdieping (woonstel onder ons en motorhuise heel onder). Eerste keer dat ek so iets gesien het. Ag ek hou maar duim vas vir julle reën!
Sjoe dis darem hoog. Vanoggend sit hy toe op dieselfde plek. Hy het heel dag niks geroep nie so ek los hom maar. Dis langs my sitkamer ventere en ek dink daar kom seker muggies agter die lig aan.
Ja, dit moet wees. Ek het ook so ‘n versameling van geitjies en ander vleisetertjies wat om my buiteligte rondsit elke aand.
Ons sal maar kyk hoe lank hy/sy daar bly. Ek is maar half onrustig want dis so onantuurlike plek
Wel dit klink asof hy na homself kan omsien en hy lyk dan soos deel van die portretjie – so aspf hy daar hoort!
Ons is weer van voor af bekommerd. Sê nou hy trek daarheen om dood te gaan? Ek sal darem nie daarvan hou nie Ons gaan hom maar more weer daar afhaal?
Ag moeder! Hy is te skatlik en kyk net hoe mooi glimlag hy! Hy het geweet hy is nou op die regte plek. 😀
Hier by ons geniet hulle dit net so om in die aand op die stoep rond te hop en party kom kuier sommer binne in die huis vir ons. Dis lekker om hul te hoor gesels in die aande. Ons het ‘n boorgat maar is maar net so versigtig met die water.
Hier by ons het dit gister ook ‘n paar bly-maak druppels geval maar nog niks verder nie. Dit was wel lekker bewolk. Ons wag net so angstig vir die reën. Die dam is baie leeg.
Pragtige foto’s Tina. 😀
Die dammetjie hier naby is seker leeg nou kom soek hulle water by die voëlbakke . Hy het sowaar oornag weer terug geklim. Tsk … ons voel erg beledig!
Ek kan dink ja. Met die warm son verdamp die water baie vinnig.
hahahah! Ag moeder! Hy sit seker lekker daar en dis seker makliker om goggas daar te vang. Hy wil seker ook vlieg. 😆
Ja die boodkap gaan oor voëltjies… wander net wat doen hy sonder water? Ons is al weer bekommerd
Ag nee wat, hy sal okay wees. 🙂
Lyk my die kuiergaste trap jou drumpel deur daar, Tina!
Daar sit hy toe vanoggend op dieselfde plek. Ons is diep seergemaak!
Die prins geniet jou geselskap duidelik meer as die water in die hitte – wat n pluimpie!
Ons is van vooraf bekommerd… hoop nie hy het hiet kom doodgaan nie. Hy word al bleker en is al so likggrys soos die raampie. Dink jy ons moet hom weer afhaal?
Ek dink nie jy hoef te veel te bekommer nie, hy soek maar n koel plekkie en kamoefleer homself juis om by sy omgewing in te pas. Dit lyk vir my na n boompadda, hulle broei eintlik maar net in water en bly nie permanent daarin of daarnaby soos baie ander soorte nie. Is daar nie dalk n buitegebou waar julle hom heen kan skuif nie?
Baie dankie. Nee dit deeltitel woonstelle Ek gaan hom maar daar los. Wys ook net dat my huishulp nooit daar afstof nie.
😀
Hy is vanoggend weg… net gewag vir die reën?
Heel moontlik nou gaan broei!
Ja ek is tog bly sy/hy het afgeklim…
Slim padda – hy weet waar hy goed behandel sal word.
Neee toe nie! Hy sit toe vanoggend weer op dieselfde plek. Dis seker 6 meter uit die tuintjie en 2 m hoog. Ons voel diep verontwaardig!
Ek dink hy roep die reën. Hoop jul kry darem nou reën. Nie net n buitjie nie maar gereelde goeie reën. Hier is dit alweer trietsig koud en nat!
Die weer is baie vreemd… ons was vandag weer sonder water en dis baie sleg!
Oeps, dis nie lekker nie. Laat my dink aan die eerste jaar in Secunda met terroriste aanvalle. Daar is water aangery en jy kon een emmer op n slag vir die dag kry.
Darem vandag beter, maar ook heelwat beter. Vreemde weer hier!
Die weer is oral maar vreemd
6 druppels regen voor de tuin
en daar kwam de pad op af , heb ik het goed gelezen
nu plenzen betekent dus dat het heel veel regent
http://www.woorden-boek.nl/woord/plenzen
Nee dit beteken dat daar min reën was. net een druppel hier en een druppel n tree verder. Die pad soek die vogels se waterbak waar n bietjie water in is.
Hy sit toe vanoggend weer op dieselfde plek. Ons voel erg in die gesig gevat
Jong dis n teken dat hy voel dis dalk klammer daar bo. Dalk berei hy voor vir oorstromimgs.
Ek weet nie dis of hy wil oorwinter so aan die begin van die somer?
Hul soek tog maar n bietjie koelte en nattigheid.
Iemand sê dit lyk na ‘n boompadda en ek moet hom maar daar los. Hy sit nog rustig daar
Ja wat los hom maar hy doen geen kwaad. Vang dalk muggies as die lig aan is saans
Jy hy is darem vanoggend nêrens te sien nie… vreemd
Dit het mos gereën. Hy geniet seker n lekker nattigheidjie.
Die De Wets reken sy het gaan broei.
Nou gaan daar paddavissies
Die dammetjie is nogal ver van my huis af. Ek is maar bly hy is weg want ek het my heeltyd gekwel
Hul kruip mos ook maar weg onder sekere omstandighede wat net hulle aanvoel
Dis waar en die natuur is erg vreemd die jaar! Ons het darem nou 30 mm gehad wat weer ‘n week of wat kan help!
aha nog minder dan die 6 mm dus , geef ik die pad groot gelijk 🙂
Ja dit was net ‘n paar druppels.
slecht verdeeld weer deze week ;(
Sommige plekke het darem nou reën gehad.
goedzo de rest krijgt dan ook nog wel
Ja beslis. Hy roep vir reën as hy so kwaak!
Hy is nou vir twee dae doodstil. Ons is bang hy gaan dood
Oooooo ek verstaan
Ag te dierbaar en kyk hoe mooi kamoefleer hy teen die muur!Ai,ek hoop die reën word bietjie meer en nie net ‘n paar spoegies nie!
Ek het nooit kon dink hulle kan so hoog klim nie… en hy het ‘n wonderlike stem. Hy het hom glad nie laat afsit deur die beweging nie en het amper self in die boks geklim
Ek is altyd bly om ‘n padda te sien.Gewoonlik is dit ‘n goeie aanduiding dat die omgewing gesond is.Omdat hulle so sensitief is,sterf hulle maklik wanneer ‘n ekosisteem versteur word.Niks kom by so ‘n padda-aria nie😄
Hy het sowaar oornag weer daar opgeklim en sit al die hele dag daar, maar sê geen kik nie want hy is seker bang ons sit hom weer by die water. Ons voel erg in die gesig gevat!