Dis so warm dat ek dink ons moet begin om ‘n ark te bou? Vanoggend was daar heelwat wolke waarvan daar natuurlik nou niks te sien is nie. As mens in die straat ry en jy sien hoe daar water gemors word, wonder jy hoekom jy skuldig voel as jy die swaar gieters aandra om op jou flentertjie tuin te gooi.
Die lewe bestaan darem uit ongelykhede. Die een oomblik dink mens die studente het ‘n punt beet en die volgende oomblik ruk hulle die dam onder die eend uit en verniel en verwoes. Ek gesels nou die dag met ‘n student wat ligjare gelede blinkoog voor my gesit het. Hy reken dit sal nogal lekker wees om nie eksamen te skryf nie, maar toe ons nader na die rede kyk, is dit gewoon dat hy dan nie hoef te leer nie. Kom ons wees nou maar eerlik… niks het regtig verander nie. Studente is nie mense nie – ons was ook daar. Ons het het ook klasse gebank en gaan fliek of jol? Ons het ook onverantwoordelike dinge aangevang… selfs goed waarvan sekere mense nooit herstel het en ander nou al hulle agterkleinkinders grootmaak? Nee, ek stem nie saam dat mens goed moet verniel of steel nie, maar terwyl ons op die kantlyn staan en hoogheilig verwyt, kan ons maar bietjie introspeksie ook doen en dink aan die foute wat ons gemaak het en die onverantwoordelike dinge wat ons aangevang het?
Jy hoef nie met my saam te stem nie, maar dis te warm vir ‘n geveg… so kom ons glimlag liewer.
Nie nodig om ander se lewens in gevaar te stel en die wat graag wil leer en wil eksamen skryf terug te hou nie. En mens kan jou standpunt duidelik maak somder om te vernietig.
Dis baie waar!
Ek wonder of ons nie regmaak vir die verkiesing nie.? Wonder hoeveel nou van stem gaan verander
Miskien is jy reg. Die EFF stem my ook onrustig
dis jammer dat die studente nie verder as hulle neuse dink nie!
Net so… darem ook nie almal nie
I can’t stop laughing… 😀
Lekker!
Thanks for the smils, Tina. My daughter says it’s so hot that she can’t sleep. 😕 I think it’s always okay to protest peacefully, but destroying property and being violent serves no purpose whatsoever.
Ja Dis jammer dat hulle nie weet wanneer is genoeg genoeg nie!
ook hier is het warm voor de tijd van het jaar
ik liep vandaag mijn krantenwijkjes en kwam flink tot zweten
de glimlach heb je hoor , met die leuke plaatjes 🙂
Is daar by julle ook soms studente opstande?
niet zo als in de jaren ’60
maar die protesteren altijd wel
meestal terecht ook
suc6 daar
http://www.seniorplaza.nl/6070_Protest.htm
Baie interessant Dankie vir die deel
waren roerige jaren , maar mooie jaren
Ek was toe nog op skool!
ik ook tot 1968 geloof ik
Daar is geen verskoning vir vandalisme nie.Die spul wat nou nog tekere gaan,het beslis nie voorberei vir die eksamen nie.Dis sommer ‘n verskoning om leeg te le!
Ek hou van die laaste een..lol
Dis regtig waar. Die uitstel van die eksamen kos ook baie geld.
Dalk het studente te veel tyd op hande? Ek het voltyds gewerk, deeltyds geswot en tussenin kinders grootgemaak. Ek hoop julle kry ook reën – die water val lekker hier by ons vandag.
Dis baie moontlik. Mens kry ook die idee daar is mense wat aanhits wat glad nie studeer nie.
Dis net altyd ‘n klein handjie vol wat nie weet wanneer om op te hou nie…….
Ek stem en ek wonder of almal ooit regtig studente is.
Ons het klasse gebunk, nie ontstem nie, ons het kattekwaad aangevang, maar niks verwoes nie. Ons het studente pret gehad sonder om kampusse af te brand. Ons was eintlik verantwoordelik, het geswot, minder as wat ons moes, maar geslaag en pa beloon vir die skuld wat hy by die bank gemaak het sodat ons B agter ons name kon skryf.
Ja jy is reg maar eit kry die studente wat dit nou ook doen jammer want hulle omstandighede is nie maklik nie. Hier is ‘n student wie se ma ‘n huishulp is. Sy het 5 onderskeidings gekry en het ‘n beurs van R15000 Sy slaap op die vloer van ‘n klei hut en eet net pap … Sy wil studeer en vaar bogemiddeld maar dis regtig nie maklik nie.
Hm, ja, ek onthou hoe verontwaardig ek as student was toe my pa na die manstudente as “pipsqueaks” verwys het. Vandag stem ek saam met hom…
Ja ons het almal sulke stories nê!