RSS Feed

Sondag Kopies

As dit nie so warm was nie sou ek sowaar vandag al my speelgoed rondgegooi het.  Ek lees vanoggend in ‘n plaaslike koerant dat die munisipaliteit ‘n teater van R350 miljoen wil bou in die dorp!!!!! Eish, waterpype bars van verwaarlosing, slaggate kry mens in elke straat, vuilgoed en gemors lê die hel dorp vol en julle wil ‘n teater bou.  Daar is ‘n ‘stadsaal’ wat heeltemal onderbenut word.  Die konserte op die krieketveld word goed ondersteun, maar julle wil ‘n teater bou?  Limpopo is een van die armste provinsies, maar julle wil ‘n teater bou? Daar is derduisende mense sonder huise en selfs lopende water of elektrisiteit en JULLE WIL ‘n TEATER bou ?????

Sug… nee ek verstaan nie die mensdom nie! Kom ons kyk of daar vir jou ietsie te koop met die oë is vandag.

11953149_511019825740764_966181439186695365_n

Die mes word warm… lekker!

331105-R3L8T8D-650-original-4

10527680_674226642670906_811237612380761237_n

12208723_1676026109308493_2430904617522936201_n

extending-window-more-sky-aldana-ferrer-garcia-19

1508095_1064201843612465_1824360612043392861_n

19 responses

  1. Vanoggend op die strand gaan stap…. my voetsole is voorwaar goed gestimuleer deur skulpgrys. Oulike idee om skoene te hang…. maar waar kry ek die kas vir dit😦
    ‘n Mens verstaan nie meer die mensdom nie…. dit is asof alle logika verdwyn het, en dwaasheid oorgeneem het.

  2. Ekis ver agter met die lees van blogs!!! Kom net nie daarby uit nie!!

  3. Sulke grasplakkies sal jou voete lekker stimuleer!🙂 O en ek hou van die tentjie.

  4. Ek kan nogal sien dat daai motorfiets met die tent-sidecar n blink verkoper hier by ons sal wees. Miskien moet ons begin invoer en verkoop Tina. Binnekort gaan daar n lekker groot “teater” wees op Polokwane wat ons kan oorkoop en gebruik as n vertoonlokaal…

  5. So funny to hang up the shoes, but maybe it makes sense.🙂

  6. van het schrijven , nee ik begreep het niet
    moest ik kiezen voor een koopje
    de motor met tent🙂

  7. Janee toemaar, jy is nie die enigste een nie. Mens wonder of hulle ooit dink Tina. Ek stem saam met jou. Met alles wat om ons reggemaak kan word, wil hul sowaar geld spandeer aan iets wat regtig nie nodig is nie en dit na al die beloftes om soveel huise te bou. Boggles the mind sowaar.

    Daai grasplakkies sal my laat gril hoor. Ek hou van die bottermes wat warm word maar daardie lilo is my gunsteling. Ek sal heeldag in dit lê in die swembad.😀

  8. is that a window that man is sleeping in? That would frighten the life out of me, thinking it would keep falling backwards

  9. Hmm – “die hel dorp…” – “Freudian slip”?
    Ek dêps die opblaas-vlot met die lekker sitplekke – en dan sommer ook die vakansie waartydens ek dit kan benut…

  10. Ek hou van die motorfiets en skoenhangers…gril vir die grasplakkies!

%d bloggers like this: