RSS Feed

Bome… Help asb. !

Die is vir die slim boommense en sommer almal wat ‘n mening het. Ons het so fondsie waaruit ons geskenke koop en ons het besluit ons wil vir die Landgoed elke jaar ‘n boom koop om te plant. Met die bouery gaan soveel bome verlore wat net nie vervang word nie.  (Van al die beloftes oor die herwinning van bome kom nie veel nie)

Ou mnr Google beweer dat die volgende  4 bome vinnig groei, maar ek weet nie of dit in die warm droë weer van Limpopo so goed sal groei nie:

Waterbessie

Wilde perske

Kaapse Essenhout

Wilde Pruim

Ken jy dit?  Wat sou jy aanbeveel? Al waarvoor ek nie kan sien is nog ‘n aalwyn … goed, hulle lyk mooi van ver af, maar ek het nog min gesien sonder luise en dit darem al te grillerig.  Die eiendomsagent het ‘n kurkbos voor haar kantoor geplant en dit blom al. Baie mooi maar die feit dat hulle dit gebruik om visse dood te maak, is vir my tog al te grillerig. (nie dat hier visse in die omtrek is, behalwe nou die in Ocean Basket)

Dan wonder ek ook of jy darem al vandag geglimlag het?

12191075_862459980516034_6421256573837952774_n

 10408626_1095348627155950_1335010018045160439_n

12118789_929944313743318_4284798106129368614_n

12196235_1095348160489330_6679060499554983626_n

10358141_916863588395793_778763348693636133_n

11049554_10153702413134907_341004402683960559_n

12105892_393694840825215_1333530095826808075_n

16 responses

  1. Lekke gelees en lekke gelag

  2. Bomen zijn de longen der natuur en ze zuiveren de lucht maar mensen vergeten dat vaak.Heb ook genoten van die toffe foto’s.

  3. Hoop jy kry jou boom. Weet nie wat daar by julle sal aard nie…. maar as ek nou ‘n boom kan plant is dit ‘n koorsboom (glo dit is die naam.)
    Ek doen presies dieselfde…. as ek vergeet hoe om iets te spel (wat nou al meer dikwels gebeur,) verander ek die sin om ‘n ander woord te gebruik. Partykeer sê ek sommer “ag wat de foeters, en los die woord, verkeerd gespel of te nie. Dit is iets wat ek nooit gedroom het ek sal doen nie, want ek was heel trots op my spelvermoë.

  4. Is daar nie n spesefieke boom wat daar by julle groei nie? Het jy kwekery al gevra?

  5. iets als een boomplant dag begrijp ik uit de tekst
    helaas ja , als men minder zou kappen was dat niet nodig
    de plaatjes brachten meerdere glimlachjes🙂

%d bloggers like this: