RSS Feed

Glimlag

Ontwikkelaars van aftree-oorde moet beslis spesiale mense wees. Hulle moet ouer mense  en hulle behoeftes ken en indien nie, kan hulle gerus bietjie oplees oor belangstellings en veranderinge. Die tye wat mense  hulle dae in sitkamers sit en niksdoen, of sit en kerm en kla oor alles wat fout is in die lewe is dalk vir altyd verby. Goed, toegegee daar is wel mense wat heeldag sit en niks doen, maar dan is daar die wat met hulle rekenaars borduurmasjiene en veral bokse en bokse boeke ingetrek het.

Die lekkerte is dat boeke uitgeruil word en jy het elke keer iets nuuts om te lees.  Dis nou waar die ontwikkelaars ‘n ernstige toets hier op ons Landgoed gedop het. Die beligting is is met een woord treurig. Hulle het ruim voorsiening gemaak vir kaste in die kamers en die ligte is net voor die kaste en ek wonder of hulle dink ons lees nie In die sitkamer is daar twee klein liggies op plekke waar mens nie regtig sal sit en lees nie. So dwing hulle ons om skemerlampe (wat altyd weerkaats in die TV) of om bykomende ligte te laat aanbring.  Vanmiddag het ek juis dit laat doen. Nou sal ek darem saans beter kan sien.

Soms kry ek egter ook skaam dat ek so kla … daar is mense wat nie eers elektrisiteit het nie!

Miskien moet ons maar net op ons tande kners en glimlag?

1392890_562655990468250_893356487_n

10931401_760459060695193_2113622517204438640_n

11062000_1644970272436487_5606885549383906634_n

12122460_973339986069039_176540675205774734_n

12063394_939935636104196_7081508573712563065_n

12119060_896013953817021_5686150959291516898_n

12112067_961976507221255_2140612713706716053_n

12105829_1222348044458964_3037274288354373731_n

 

 

35 responses

  1. Hahahahahha! Hoe lekker lag ek nou Tina! Die bolle wol slippers was vir my die beste.😆

  2. Ek hou sommer van die wydheid op die eerste plakkaat!

  3. Die lammertjies is tog te oulik!! Ja ligte kan ‘n groot probleem wees.

  4. Ek stem saam daardie baba….. voel nie ek moet iets doen net omdat ek wakker is nie!!!

  5. Nee wat, as mens betaal vir iets is jy daarop geregtig om tevrede te wees daarmee!

  6. I had good smiles as always, but I lovelovelove that first quote! xo Johanna

  7. nu de tekst brengt geen glimlach
    maar de plaatjes meer dan 1🙂

  8. Ek kan nie saamleef met die idee dat iemand vir my internetboodskappe stuur van die toilet af nie.

  9. Te oulik,Tina!Ek wens die eerste een was waar….suggg!

  10. Sooo funny! No exercise — got the point!😀 Thank you for the laugh!

  11. Those slippers look very warm.🙂

  12. Hehehe. Die een prent is so goed soos die ander. Maar, die perd ; “we al have that one friend”, het my diep laat dink en laat saamstem.
    Oulik!
    Ek stem ook dat ontwikkelaars nie aan ligte dink as hul vir mense huise bou – ek voel ook al lus om extra ligte te laat insit. Of is dit tyd vir ‘n nuwe bril … ?

  13. Hoe sien ek nou in my gedagte hoe lees elkeen met ‘n koplig……haha!

%d bloggers like this: