RSS Feed

Sondag Kopies

Die muse sluip bietjie verby die Landgoed in die laaste tyd en daarom is ek maar stillerig.  Ek lees ook min, maar belowe om op te vang as ek ‘n paar dinge uitgesorteer het.  Hoop jy het ‘n mooi Sondag!

Hoop daar is iets by die kopies wat jy interessant, grappig of selfs mooi sal vind.  Onthou mens hoef nie iets nodig te hê om hier te ‘KOOP’ nie.   Ek was die week by ‘n kunsuitstalling vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd en was so verras – almal plaaslike kunstenaars en ek het weereens besef mens hoef nie iets te koop om dit te geniet nie. Kuns hoef ook nie vir almal ‘mooi’ te wees nie … as dit vir jou as mens aanspreek, het dit klaar jou lewe verryk!

Sterkte vir almal wat eksamen skryf. Pas jouself op en weet ek sal altyd trots wees op jou!

 12115500_1644962065770641_6612359651743478833_n

12049559_915990181809355_8095704687498197557_n

12074545_909891225747165_7300644159478214936_n

12144767_1566562956897555_829600422361057660_n

12096616_846222765498757_5714774864554632411_n

11227505_10153700650129903_6150026700218855529_n

35 responses

  1. Ek het nou die dag na die sogenaamde ou meesters (met die klem op oud – ek praat van skilderye van die 1500’s af) gekyk. Nou wonder ek (wat nie een kunsbeen het nie), is dit nie skilderye self wat so mooi is of is dit die feit dat dit al 500+ jaar bewaar is wat dit uniek maak?

  2. Heel goed vastgelegd.Fijn dat ik er mee mag van genieten.

  3. Ek dink dit is hierdie einde van die jaar se skuld….. dit is asof almal pê is. Die lus vir dinge doen ontbreek….. nou wil Toorts nog hê ons moet 5km gaan draf…. of stap. Hoop jy voel gou beter.

  4. Die kwilt is pragtig, maar die donkie! O, die donkie!🙂 Hy het my hart gesteel.

  5. Lekker gelag vir die donkie. Die slimfoon prent is nou weer iemand wat baie slim is.

  6. Daardie leeshoekie sal net die plekkie wees waar ek wil sit en lees!! Ek dink my muse het ook die pad gevat!🙂

  7. Oe, ek wil daardie leestoring hê! Stoel, boeke, vensters, voetbankie – de lot!!

  8. Die tuinbank is net te pragtig, Selfs die dierekinders sal daar rus as ek kussings sit😀

  9. Ek VOEL soos daai ou met die donkiekarretjie; ek stoot en ek trek en ek kom nêrens. Ek is ge-retaaier, maar duidelik het die boodskap nie deurgedring nie. Maar toemaar, my sin vir humor sal terugkeer. Lekker week vir almal.

  10. Ek is mal oor die donkiekarretjie!My muse is ook met vakansie…moenie alleen voel nie!

  11. Ek was nooit vreeslik lief vir kwilt nie. Totdat ek een gesien het wat ‘n vriendin se ma gemaak het. Dis pragtig. En ek kan vele boeke verslind op daardie sagte bank met al sy vensters!

  12. hier ook rustig en goed weer
    heb niets nodig deze zondag
    de deur blijft op slot , na gister een lange dag en mooie wandeling
    wens je een fijne zondag

%d bloggers like this: