Net nadat ek afgetree het, het ek vurig en vol entoesiasme gereeld met my kamera in die kar geklim en die omgewing platgery op fotogeleenthede. Ek het selfs met gemak langs ‘n stil pad stilgehou met die selfoon en vaste lens Nikon en my karsleutels in my sak het ek nooit bang gevoel nie.
Nou het sake egter verander en die fotogeleenthede is baie minder. Behalwe as jy belangstel in die bou van huise in verskillende stadiums, swerms saadeters, blomme in die tuin, sonsondergange, ‘n paar tiptolle en twee geelvinke het die fotogeleenthede opgedroog. Ek is gewoon te stadig om vinnig in my kar te klim en te ry en gaan dus nie meer uit nie. My Landgoed vriende is almal kamera-sku (Ek neem hulle nie kwalik nie, want mense dink ons is maklike gratis promosie materiaal omdat ons so lekker hier woon!)
Die naweek is ons genooi na ‘n baie spesiale vriendin se 80e verjaarsdagviering op ‘n wildsplaas. Ons is heerlik getrakteer en was selfs op ‘n wild-kyk-uitstappie. Ek deel dus graag ‘n paar foto’s.
Baie dankie aan Adri en Rassie Dit was ‘n baie spesiale dag. Dankie ook aan Tannie Polla wat ons lewens verryk!
Mooie wildfoto’s en de laatste foto schitterend en keitof.
Baie Dankie
Pragtig!
Baie dankie!
Mooi. Baie mooi.
Baie dankie
Die kameelperd fotos is pragtig! Klipvoetjies ook oulik.
Ja dis pragtige klip
Thank you for the post, Rondo! Love the stone feet. 😀
Pragtige fotos! Ek hou baie v.d. klipvoete.
Aha lekker as jy inloer. … ek lees gereed by jou maar kan nie kommentaar lewer nie.
Baie bly dat jy weer jou vaardige kamera kon inspan!
Was regtig baie lekker
ja ik had een fijne wandeling en de fototjes zijn te zien op het nieuwe blog
zie nu dat je ze al gezien hebt , of doel je op de mooie in de ppsjes 🙂
fijne avond
Dis nou my soort partytjie!
Lieflike foto’s Tina!
Baie dankie Dis kos was ook uit die voorste boeke
Ja – veiligheid is omtrent ‘n negatiewe faktor wanneer mens fotos wil neem.
Pragtige Njala bul! Hoor jy kan tot R50,000 uithaal vir so een.
Die kameelperd fotos is ook vir my mooi.
Snaaks, ek sou dink fotografie op mens se oudag is ‘n ideale hobbie.
Ja maar mens kan nie so vinnig beweeg of so laag buk
Ek hou van kameelperde. Jy is beslis ‘n talentvolle fotograaf. Ek hoop jy kry meer geleenthede om met jou kamera te speel.
Ja wat Ek is ook maar lui ook!
Ek kan sien jy het dit baie geniet Tina and ek wens ons het sulke vriende hier gehad waar ek ook al die pragtige wilde diere kan sien. Ongelukkig hier by ons kos dit ‘n plaas se prys om in te gaan en foto’s te neem.
Die nabyskoot van die kameelperd is my absolute gunsteling. Die klipvoetjies is te dierbaar! Jy neem regtig sulke pragfoto’s. Dankie vir die deel. 😀
Baie dankie. Die bosveld is mos maar vol wildsplase. Ek wil nie aan die jag aspekte dink nie en die hele kamparea is vol opgestokte koppe… roer my!
Ja toemaar, ek ook nie. Ek gee nie om as hulle moet jag om uit te dun nie, maar om te jag net vir die plesier en om geld te maak, staan my nie aan nie.
Jong dis ‘n geldgedrewe ding en mense betaal baie geld vir ‘n enkele bok!
Dit is ja. Eintlik hartseer.
Dis so maar hulle doen ook baie vir natuurbewaring
Dis pragtig, en baie spesiaal!
Baie dankie Annie!
Ek is so bly dat jy dit kon doen en geniet.
Ag dis lekker om jou te sien Jy/julle is baie stil!
Mooi photos.
Dankie Colline Lekker as jy inloer!
Dis te lekker man. Bly jy het n geleentheid gehad om bietjie uit te kom. Mooi fotos al kla jy dis nie aan jou kant gewees nie. Die agterkant wys is maar almal se probleem. Selfs honde en katte hou van om weg te draai. Mooi man!:)
Dankie. Ek het nie so baie geneem soos ek wou nie maar ek sal een of ander tyd die tannies laai vir die wildtuintjie Daar is darem meer diere en as mens self bestuur het jy meer beheer
Is dit ver van jou af?
So 30km maar dis ‘n plek wat hulle gehuur het vir die verjaarsdag. Mens het ook ‘n 4X4 nodig
Kameelperde is my gunstelimg diere!!
Ja hulle lyk so sag mjaar ek dink daai nek kan jou hard slaan.
Bly jy kon weer jouself bietjie uitleef met die kamera. Mooi fotos 🙂
Dankie… diere het altyd so manier om hulle agter kante na my toe te draai!
“O my gatta” soos my ma altyd gesê het, en nou praat ek ook so.
hehehehehe… oulik!
Dis die beste deel van ‘n donkie sê “hulle”
Sug … ongelukkig geld dit nie vir mense nie!
Net so
🙂
Pragtig,Tina!Ek is so bly jy kon vir ons hierdie mooi foto’s neem.Ek hou ook baie van die klipvoetjies.
Ek sukkel bietjie met my oë en het heelwat floppies … so jeep is ook mos maar selg as al die dier aan die ander kant van die pad is, maar ek moenie kerm nie want ek was waarlik lanklaas uit!
Ek is bly jy het dit geniet!
Dankie!
pragtig. Ek hou natuurlik van die klipvoete!!
Ja dis te oulik Hulle is los en jy kan hulle elke keer rangskik soos jy wil!
mooi tripje
mooie selfies 🙂
Dankie Jy kan nou sien hoe droog dit is?
ja om de nacht een buitje regen kan geen kwaad
Die boere sê na die 10e Oktober moet dit begin reën
indien nodig , help ik het hopen
Baie dankie Dit troos darem
ik help het ze hopen
Was vandag 35 grade